Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 14, 2021, 11:38:06 AM

Title: Brandweerwa
Post by: Naas on October 14, 2021, 11:38:06 AM
Ek het bietjie navorsing gedoen oor hoekom 'n brandweerwa rooi is. Ek gaan nou probeer verduidelik.
Die brandweerwa het ses wiele.
Ses is 'n half dosyn
'n half dosyn is die helfte van 'n dosyn
Eiers word by die dosyn verkoop.
Eiers kom van hoenders af
Hoenders se man is 'n haan
As jy in die platteland ry sien jy die eerste haan op die kerktoring. 'n weerhaan
Mens kry ook 'n weerhaan op die maspaal van 'n boot
Die maspaal van die boot is gewoonlik op die boot
Jy sal die boot op die see kry
In die see is daar visse
Visse het vinne
Die vinne het teen die Russe baklei
Die Russe is ook bekend as die rooies
So: die logiese afleiding is dat die brandweerwa rooi is omdat hy 6 wiele het.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Brandweerwa
Post by: Assie on October 14, 2021, 11:41:24 AM
Oupa se hy het gaan navorsing doen oor hoekom 'n posbus rooi is.
Blykbaar kom maak die posman die posbus 6 uur leeg
Ses is 'n half dosyn...

 :mumum:
Title: Re: Brandweerwa
Post by: Trapsoetjie on October 14, 2021, 08:49:06 PM
Baie goeie verduideliking. Dit maak nou vir my ook sin. Altyd gewonder of visse vinne het, dis al die tyd die Brandweerwa wat rooi is.

 :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Brandweerwa
Post by: Naas on October 15, 2021, 12:37:47 PM
Vir een of ander rede het hierdie post heeltemal verdwyn.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Brandweerwa
Post by: Trapsoetjie on October 15, 2021, 07:01:47 PM
 :evil6: :evil6: :evil6: Dis die weerhaan Naas, hy het van sy toring af geval, toe het die rooi brandweerwa gebloos, bloedrooi se ek vir jou Bloedrooi.

 :angel12:
Title: Re: Brandweerwa
Post by: PM on October 15, 2021, 09:25:43 PM
O hallie ha!  Julle is so slim soos tien!  God het ook die mens op die sesde dag geskape!  Die mens wat weer die weerhaan op sy plek kan plaas en die brandweerwa se wiele kan pomp.   :notworthy:

Title: Re: Brandweerwa
Post by: Meraai vannie Baai on October 16, 2021, 10:55:03 PM
 :sign10: Net hier waar 'n mens sulke lekker lees verduidelikings kry  :icon_biggrin: :notworthy: Eiers sal ook nooit weer dieselfde wees nie.