Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 13, 2021, 05:37:44 AM

Title: Kaal gedagtes
Post by: Naas on October 13, 2021, 05:37:44 AM
Kaal gedagtes

Kaal gedagtes dwaal
deur my kop.
Sonder ophou,
sonder stop.
Weergalm in eggos
deur my wese.
Sonder ophou,
sonder stop.
Hoereer in die ruimtes
van grysmassas.
Sonder ophou,
sonder stop.
Kaal gedagtes vra
na nuwe antwoorde
Sonder ophou,
sonder stop.
Kaal gedagtes dwaal
deur my kop.
Sonder ophou,
sonder stop.
© Naas

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kaal gedagtes
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 11:35:27 AM
Wens daar was 'n kursus vir goeie kommentaar lewer. Soms lees ek en woorde ontbreek my totaal om dit wat ek ervaar het, weer te gee sodat die skepper van die woorddis kon weet HOE ek dit geniet het. Dat dit my menswees geraak het, dat dit voel of ek ook al daar was.  :love7:
Title: Re: Kaal gedagtes
Post by: Antjie Patat on October 13, 2021, 04:04:29 PM
Naas dis onmenslik mooi. Ek stem Raai... die regte woorde is soms net nie daar nie, en ek hoop die moederloosheid van die woorde bereik jou ore Naas.
Title: Re: Kaal gedagtes
Post by: Assie on October 13, 2021, 04:47:43 PM
O vrek! Ek lees die titel en dag Oom Naas kyk weer verkeerde films. Maar die gedig is gelukkig mooi.

 :mumum:
Title: Re: Kaal gedagtes
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 11:14:10 PM
Assie, ek sal moet blosend erkend dat jou Ta Raaitjie ook so half die kluts kwytgeraak het met die lees van die titel. Verstommend hoeveel beelde 'n kale titel (pun intended) kan skilder. Poedelnakendkaal lees ek toe by Wikiwoordeboek is glo die oortreffende trap vir kaal. Kan julle een ding vertel;  onbeantwoorde vrae stroop mens presies net so! Sonder ophou, sonder stop...
Title: Re: Kaal gedagtes
Post by: Naas on October 14, 2021, 06:25:27 AM
 :dontknow:
Ons moet maar die tietels so kies dat dit nog gaste trek. Miskien kry die gaste kaal gedagtes en kom vry saam op die forum.
 :hello2:

 :mumum: