Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Hoof se kantoor => Topic started by: PM on October 12, 2021, 05:46:08 PM

Title: Die hoof het gepraat
Post by: PM on October 12, 2021, 05:46:08 PM

Hier is 'n briefie wat ek van Jan Dink ontvang het. 


Hallo Petra,

Hoekom dink mense die forum sal ophou om te bestaan?
Ons sal dit host solank ons 'n server het en dit aan die gang kan hou.
Ons het geen planne om die hosting te stop nie.

Groete
Andre

Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Naas on October 12, 2021, 07:13:28 PM
Daar is verskeie redes. Die forum het die laaste tyd 'n paar keer onbereikbaar geword. Laaste keer vir 'n paar dae lank.
Tweedens is dit duidelik dat ons wat oor is nie meer genoeg is om die forum aan die lewe te hou nie.
Die aantal gaste wat inteken is stadig maar seker besig om minder te raak omdat daar min lewe op die forum is en daar dus min nuwe posts is.
Drie of vier mense wat elkeen hul eie daaglikse probleme het kom nie meer op 'n gereelde basis op die forum nie en as een van ons hier inloer is dit net 'n gedwonge "hello en koebaai"
Ek het 'n punt daarvan gemaak om ten minste een keer elke uur in te loer om die gaste te gaan tel. Alhoewel daar teen middag partykeer nog so om en by dertig gaste is is die gaste meeste van die tyd minder as 15. Dis vir my duidelike aanduiding dat daar nie meer genoeg nuwe goed is om die gaste te trek nie.
Dis vir my verskriklik hartseer om dit te se want ek is baie lief vir die forum en sy mense maar, die afrikaanse forum is besig om sy sell by datum te bereik.
Wat meer hartseer is is dat elkeen van ons al oor die jare soveel werk in die forum gesit het.
PM se twee boeke, almal se stories en gedigte.
Ek is jammer maar een of twee of drie of vier deelnemers wat net nou en dan tyd het om kort aanmerkings te maak gaan nie die forum red nie.
Ek sal aanhou deelneem solank die forum oopmaak as ek op sy skakel druk maar dis uiters frustrerend om met jouself in lee gange vol stomstil besoekers te gesels.
Ek verstaan ons almal is besig met ons eie lewens maar dit wat ek hier skryf is die reine waarheid.
Jan Dink ek dink die probleem le dieper as die server.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Jan Dink on October 12, 2021, 07:53:42 PM
Dus is die vraag:  Hoe kry mens meer mense aktief?  Ek dink nou terug aan die dae waar daar aktiewe gesprekke was met 'n hele klomp reaksies per dag.
Ek wil baie graag nog tor stories skryf, maar dit voel net of die dae net meer besig raak.
Ek het ook baie minder aktief geword op die gewone sosiale media.

Ek moet om verskoning vra dat die forum van lyn af was vir so 'n lang tyd.  DIe server het 'n baie snaakse probleem opgetel waar party sites werk en ander nie.  Die moniterings stelsel het niks agtergekom nie, wat as dit die web server poll, dan kry dit 'n antwoord.  Ek het intussen seker gemaak alles is op datum op die server, daar was 'n paar patches, so ek hoop die probleem duik nie weer op nie.
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Naas on October 12, 2021, 08:15:16 PM
Dankie vir al jou moeite. Waardeer dit opreg.
Jy is reg. Kry meer mense betrokke maar ons sit met 'n sneeubal situasie hier. Mense wat hier was het verdwyn oor die stiltes en net soos ons nou belangriker goed in hul lewens ontdek. Die forum kom dus tweede en verdwyn.
Ons gaan nou sukkel om meer deelnemers te trek want deelname wat wel nog daar is is sporadies.
Ons is dus in effek ons eie einde...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Assie on October 12, 2021, 10:22:33 PM
Hierdie liedjie van Ta Laurica Raugh vertel die verhaal van onse forum.

In die donker gang is ‘n lig wat skyn maar die vlam is delikaat en fyn
En ek het verlang na die lentetyd op my oom se plaas sonder elektrisiteit
My tannie sê, my kind, my kind, die liefde en die motte is blind
Vanmelee se dae in die lentetyd was daar wel, ja wel ‘n bietjie elektrisiteit
Diep in die donker gang het ek na iets verlang, ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn en soos die aarde draai, sal ‘n haan weer kraai
In die donker gang is ‘n skildery van De Wet, Cronjé‚ en De la Rey
En die perde se oë het moeg gelyk want die strewe na vrede is ‘n eindelose stryd
Laat een aand word die nag soos dag, soos die storm bars met al sy krag
En ek het in die gang weggekruip want ek was so bang vir die elektrisiteit
Diep in die donker gang het ek na iets verlang, ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn en soos die aarde draai, sal ‘n haan weer kraai
In die donker gang word die vlam weerkaats, in die prente waar die skadu’s dans
Maar die vlam is delikaat en fyn en dit kan soos ‘n dief in die donker nag verdwyn
Diep in die donker gang het ek na iets verlang, ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn en soos die aarde draai, sal ‘n haan weer kraai

 :mumum:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 12:12:03 AM
Sluip gou hier in weer. Netnou was ek stom want net die idee van  'n forumlose-oggend, het my kniege geknak. Al het hier vir dae agtermekaar net mooi swietblouboggerol aangegaan oor die jare, was en is die saamlees oor spoke se skouers vir my 'n kruk waarsonder ek myself nie kan indink nie julle. Sal lieg as ek moet skryf dat ek nie ook soms wonder wanneer hou ons forumbegrafnis nie as die stilte so uitrek.

Waaroor ek vir ewig dankbaar sal wees is die feit dat ek hier kon kom wegkruip wanneer daar skeet-en-kwaal plasings was om te deel. Daar is so min inligting in Afrikaans beskikbaar.

Dankie vir die versekering Jan Dink dat die forum nog sy gang, gaan gaan :headbang: Atta patatta, die sin konstruksie klink nou gat oor kop lol.

Assie, ek wil nou eers daardie liedjie probeer opspoor. Soek juis iets om saam te tokkel vandag. Die stilte karring aan my binnekant  :icon_bigsmurf:

Het hom! https://www.youtube.com/watch?v=521XM8YlVso
https://www.songsterr.com/a/wsa/laurika-rauch-die-gang-chords-s211638

Lees ek in 'n kommentaar oor die liedjie die volgende: Dis kuns...absoluut...niks van my 'bokkie sokkie' of breindood lirieke nie... absoluut kuns
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Assie on October 13, 2021, 04:35:14 AM
Ek Stem oor die kuns gedeelte Ta Raatjie. En sy se niks eers oor haar Baby nie. Alles skoon Afrikaans en net Afrikaans.

 :mumum:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Naas on October 13, 2021, 05:17:06 AM
Ek is nou eerlik. Ek het al verskeie kere probeer om die forum uit my sisteem te kry deur myself te dwing om nie in te skakel nie.
Ek is egter verslaaf en as ek deelneem kom ek letterlik elke vry oomblik kyk of hier dalk 'n asempie is. Die teleurstelling as almal besig is is onbeskryflik en om dit letterlik 10-plus kere per dag te beleef is erg.
Ek het die laaste paar dae herhaaldelik vir myself gese bly nou eers weer weg. As ek myself weer kan kry het ek maar weer die selfoon in die hand en ervaar ek maar weer forum stilte.
Wat ons moet doen om meer deelname te kry weet ek nie.
In die verlede was daar 'n paar krukke soos PM se twee boeke, wat deelname getrek het maar dit was net tydelike krukke wat ontsaglike werk gekos het.
Om die forum kunsmatig aan die gang te hou is net so 'n groot werk as daar. Net drie of vier mense aktief is.
Ek sal moet afskaal en my horlosie stel sodat ek net een keer per dag/per week hier 'n draai maak anders gaan ek my toonnaels afkou.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2021, 11:39:33 AM
Een of ander manier (met julle nag en ons dag en visa versa) mis ons mekaar verseker Naas want diekant van die aardbol loer ek ook kort-kort in so tussen die daaglikse takies en studies en verlange na geselsskap. Lang lang ure alleen hier. Enigste SA'ners in die cowboy dorpie met Ausies wat nie maklik vergeet jy is 'n emmigrant nie kan die dae BAIE lank word en vul die forum en geeste wat dwaal tussen die gange van weleer baie lee ure.
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: PM on October 14, 2021, 08:38:12 AM
Wat van ons skryf almal vir RSG en vra hulle moet iets oor die forum op die lug sê.  Ons kan skrywers nooi om hul werk hier te kom plaas.  As hulle nie bereid is om dit gratis te doen nie sal ek 'n bedrag betaal, as dit nie onbekostigbaar is nie. 
Ek sal probeer uitvind.


Moet 'n nuwe skootbrakkie gaan soek wat 'n battery in het.  As ons krag so knaend af is het ek nie kontak nie.  Ons is terug in Annlin, permanent en sal net so nou en dan Leeupoort toe gaan om te sien dat die diere kos het.   :angel7:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2021, 08:46:07 AM
Dalk, net dalk werk dit PM! Sal wonderlik wees. Sterkte met die veranderinge in julle lewens. Hoop jy kry 'n getroue skootbrakkie  :icon_biggrin:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: PM on October 14, 2021, 08:51:47 AM
Kyk asseblief op RSG se webblad, hulle adverteer 'n skryfkompetisie.  Ek probeer om die skakel te plaas maar kom nie reg nie. 
https://www.rsg.co.za/rsg/kompetisie/kan-jy-mense-laat-lag-met-jou-skryfwerk/ (https://www.rsg.co.za/rsg/kompetisie/kan-jy-mense-laat-lag-met-jou-skryfwerk/)



Daar het ek dit nou!   :hello2:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Naas on October 14, 2021, 09:32:02 AM
Twee probleme
My humor. Is nie dertien blaaie lank nie
Ek haat skryfkompetisies.
Woes het my daarvan genees.
Dankie dat jy aan my gedink maar nee dankie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: PM on October 14, 2021, 09:39:28 AM
Eish, hoe praat meneer dan nou, ek glo nou weer jou humor is dertien jaar lank, plus nog.  Ek respekteer jou gevoel oor die saak.  Ek het vir Kobus geskryf en uitgenooi na die forum, ons sal maar sien. 
Ek vat nou eers gou vir JC dokter toe dan kom ek weer saam kuier. 
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2021, 10:45:31 AM
Ek stem saam Naas, Woes se kompetisie het my sku vir kompeteer  :icon_biggrin: dit is lekkerder om in die sandput te speel saam ons skrywersmaters. Maar dalk lok dit nuwe lede PM!
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Assie on October 14, 2021, 11:16:23 AM
Ek sien hulle soek 'n radio drama. Dink nie dis ons tipe skryfwerk nie.
Die naaste wat ons hier oppie plaas aan 'n radio drama kom is as die ontvangertjie se batterye ingee in die middel van 'n springbok toets.

 :mumum:
Title: Re: Die hoof het gepraat
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2021, 11:35:46 AM
Ek dink daardie ene is verby drama Assie, klink eerder na volskaalse trauma vir my  :icon_biggrin: