Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on September 15, 2021, 10:59:22 AM

Title: Welkom Annelie.
Post by: PM on September 15, 2021, 10:59:22 AM
Hier kom ek gou inligting gee.  Ek het vir Annelie geregistreer, sy moet net kom sĂȘ hoe ons haar moet noem. 


Baie welkom, hoop jy kuier baie lekker saam met ons.   :hello2:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Assie on September 15, 2021, 12:23:20 PM
Welkom Annelie. Hoe meer meisies hoe beter.
(passop net vir Oom Naas.)

 :mumum:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Antjie Patat on September 15, 2021, 02:39:09 PM
Halo julle

Ek ry n rooi traaisiekel, en ek het Meraai agterop, so kom ek halo se aan n paar bekendes, en ook hi aan die wat ek nie ken nie.
Dankie P!!!
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: PM on September 15, 2021, 02:42:54 PM
Baie welkom Annelie.  Jy moet asseblief net nie te vinnig oom die draaie gaan nie, Raaitjie maggie afvallie.  :hello2:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Antjie Patat on September 15, 2021, 02:56:00 PM
 Nee ons vat dit nou starig.
Laas by die Woes "Boom" het Antjie (die uwe) en Raai so amok gemaak op daai traaisiekel, Outop moes gedurig regmaak en paai.
Dankie Assie, ek kom beslis meer male hier loer.
Ek koester ook nog ernstig die boek wat Naas my gestuur het destyds...oor Ayla... die oertyd reeks wat my gegryp en binne 5 boeke ingeboelie het, nou wel Ingils maar dis die skrywers vrinne... jy vergeet nie....
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: PM on September 15, 2021, 03:03:39 PM
As jy weer "Antjie" wil wees, kan jy net jou noemnaam by jou profielblad gaan intik.  Ek is seker Raaitjie en Naas gaan uit hul velle uit spring om jou hier raak te loop.   :hello2:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Naas on September 15, 2021, 09:05:17 PM
Dis nou 'n lekkerte om ou vriende van voor af te leer ken.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 11:02:01 PM
 :hello: :notworthy: :headbang: Trap daai rooi traaisiekel ou Antjie Patat.... ek klou soos 'n neet aan skoon hare. Welkom welkom welkom liefste matertjie. Nou gaan die ABC poppe dans!
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Antjie Patat on September 16, 2021, 06:48:48 AM
 :toothy4:
Raaitjie, man....dis ao lekker om sommige bekndes te sien xxxx
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: Antjie Patat on September 16, 2021, 06:58:58 AM
NAAS MY OU VRIEND
Ek lees jou darm ook op FB raak, maar dis so lekker om julle hier raak te loop
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: PM on September 16, 2021, 04:24:28 PM
Welkom Antjie Patat.   :love7:
Title: Re: Welkom Annelie.
Post by: adele on September 16, 2021, 09:27:35 PM
Wat 'n fees om nog 'n bekende naam te sien, te hoor... Welkom 🌸🌸🌸🌸