Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die komiese hel van hallusinasies => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 05:15:01 AM

Title: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 05:15:01 AM
*As jy enige kommerwekkende simptome ervaar - besoek jou geneesheer.

Die afgelope ruk het ek soveel navrae gehad oor die voorkoms van hallusinasies dat ek besluit het om met hierdie 'artikel' oor ons eie pad weer hier te vervat na 'n lang tyd van stilswye.

Die laaste paar jaar was die ouvrou soms gevaarlik na aan opgee. 'n Nuwe simptoom het kop uit gesteek waarmee ek reeds 4 jaar lank wroeg.  Op aanbeveling van dierbare mater Gawie, het ek besluit om dit te deel, toe afgehaal in die hoop dat dit slegs 'n te kort aan suurstof was en besluit om dit nog kans te gee. Nou het die besef deurgedring dat hierdie (on)werklike deel is van my lewe soos die Asemdief en die oorsaak ewe onbekend.

Ek het alle moontlikhede ondersoek. Intussen dokumenteer die uwe so getrou moontlik en probeer moed bymekaar skraap om weer deur die lang reeks toetse te wroeg met gepaardgaande frustrasies en ongeskikte medici (daar is nagmerrie getuienisse van pasiente wat worstel met hallusinasies en soek na die oorsprong).

Entertainment met slaaptyd is okey, maar net as jy self die genre kies.  (Gawelina) 

as sien nie meer glo is nie
en jou oog se kyk nou oënskynlik
net 'n drukgang van onvermoë
tussen illusie en die werklikheid is
in my wêreld van neongehulde
kronkelslange deur vreemde strate
in swart en wit op ons kamerdeur

en iewers teen die muur
rank 'n plant sonder naam
tussen niks en nêrens
hang 'n graflose gipskruidkrans
en my oog vang die handskoen
wat met vyf vingers naderkruip
op die vloer vanuit ons studeerkamer

glashelder kom vlieg'n goudgeel helikopter
geluidloos van Wes na Oos oor 'n padkaart
van vreemde stede op die gangmuur

om net daarna te spog met groen sifdraad
in diamantvorm wat stelselmatig verander
in die kleinste blokkies, verstommend sekuur.

En nog was dit die einde niet:

Kom 'n boeppens wasgoedmandjie deur die muur
met rietdun armpies wat weerskante klou
aan handvatsels en melankolies trippeltrap
van links na regs asof deur modderplasse
en vervaag dan in die skyn
van gegote ystertraliewerke...

Hoe verduidelik jy hierdie kreatiewe onsigbare aan ander en probeer die skewe kyke en vetgedrukte vraagteken miskyk op hulle gesigte?

Een nag terwyl Outop opstaan om badkamer toe te gaan waarsku ek hom dat daar 'n sifdraad voor ons kamerdeur is en toe hy deurstap is daar 'n opening in die vorm van sy lyf. En langs die spieël gluur 'n reuse spinnekop na al die gedoentes met gestreepte pote in oranje en swart rugbykousies.

Verdwyn dan agter die skildery terwyl Outop met Doom soek na niks en ek histeries beduie presies HOE groot die spinnekop was. Dit het 'n paar keer gebeur tot ons besef het - daar was en is niks....

Drie jaar later en niks van hierdie  'gratis vermaak' in ons pandok  was tot onlangs skrikwekkend nie TOT ek omring was met spierwitte mure  reg om ons bed, sonder deur of vensters.

Was ek vir die eerste keer angsbevange ingehok deur die onwerklike... (Het ek al genoem dat die uwe aan engtevrees ly wat die duiwel sal laat bekeer?)

Ek het reeds die mees kreatiewe skeppings aanskou teen die mure, deure en selfs ons gordyne. Ek weet dat aaklige geblomde gordyne in maaggriepgeel, beslis nie my smaak is nie

Sou ek in staat wees om hierdie verskynsels getrou vas te vang met kwas of pen, sou daar "Meraai in Wonderland" die lig kon sien. Daar was DIE mooiste muurpapierskeppings en mure wat van kleur verander in die ongelooflikste kleurskemas wat ek nooit ooit met iemand fisies sal kan deel nie want dit is slegs geskep deur 'n verwarde brein.

Hoe verklaar jy andersins dat die Liewe Heer sit en kaart speel in miniatuur vorm op jou spieëlkas of dat 'n apie (swaaiend op 'n stokkie) vir jou loer in die wieletjieshuis en Outop in die deur staan met sy vinger wat wys na niks, terwyl hy in werklikheid rustig langs jou slaap?

Die laaste strooi in hierdie 'onwerklike' is die verskyning van aggressiewe persone reg langs ons bed en begin ek twyfel aan dit wat ek selfs proe want soet word sout en andersom. (On)welriekende reuke laat my giggelend wonder of voorbodes wel bestaan en die werklikheid van die gevoel wanneer onsigbare goeters rondkruip onder my vel laat my ernstig twyfel aan die ouvrou se geestesgesondheid.

Ek bevind myself gereeld uitlit-en-geloof wanneer die houtogies op ons vloer my wil bespring, en Outop sweer hy gaan nog 'n hartaanval beleef agter die stuur as ek bome en motors sien wat skielik voor ons in beweeg. Stywe ledemate het dan geen probleem om my voete hemelwaarts te laat lig nie.

Maar dan is daar ook die Ligpuntjie in hierdie (on)werklikheid - die onverklaarbare, skaars hoorbare hemelse musiek - pure Genade Gawe vanuit Sy Hand vir wanneer ek vreesbevange wag op die onbekende.

Tog kan ek nie help om soms onheilig te wonder wie van die twee diewe wat hulle self ongenooid kom tuis maak het, gaan 'n finale streep kom trek op my lewenspad...die asem- of breindief?

Ek hoor my ouma se stem:
"trek altyd skoon onderklere aan
jy weet nooit of 'n bus of trein jou
gaan trap nie..."

en so doet ons voort; steun getrou op die humorkruk as kniege wil knak.

Sela.


Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Assie on September 15, 2021, 05:45:21 AM
Aai my eie Ta Raatjie. Ek is spraakloos sonder woorde. Ek en jy weet en verstaan die asemloosheid Die geestesoog se beelde wat nie bestaan nie maar ook 'n werlike bedreiging is los bang tralies in onwerklikheid.

Op 'n ligter noot... Ek dink Ta Raatjie is in goeie geselskap. Ons hele kakistocrasie ly aan daai drogbeelde. Hulle sien veral geld met vlerke.

 :mumum:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 09:18:35 AM
Assie, jou dierbare mensie. Hoe diep jou insig. Ek staan verstom oor die perfekte opsomming wat jy in een kale reeltjie gemaak het en oudergewoonte sprankel dit ook versvorm vir my:

Die geestesoog se beelde
wat nie bestaan nie
maar ook 'n werklike bedreiging is
los bang tralies in onwerklikheid.
© Assie

WOW!  :book1: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 15, 2021, 11:39:49 AM
Jy hanteer dit goed Raaitjie, ek sou van my kop af raak. 
Hulle sê dat Lewis Caroll  dwelms gebruik het toe hy Allice in Wonderland geskryf het.  Daar is natuurlik geen bewyse daarvan nie, maar nou wonder ek of hy nie dieselfde siekte gehad het nie.  ???
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 15, 2021, 03:10:21 PM
My liefste Raaitjie

Ek lees nou al twee maal, nee drie maal.
Skop my hakke skoon nerfaf teen mekaar soos ek op aandag vir jou probeer spring, my regter hand ferm teen my kop in saluut, en ek mind nie die ou bril wat in my opregte stywe vingers se saluut, skoon skeef sit nie.
Groot respek, omdat jy weet wat is, en sin probeer maak uit wat kom, en steeds in jou oneindige talentvolle skrifte, die humor-woorde vind om jou en ons te maak glimlag.
Ek dra jou styf teen my oge, en breed in my hart, en weet ons (skrywers) besweer saam die ongenaakbare, en ons lag saam vir die onuithoubare wat Hy ons verleen het. En ons bid saam in die liefde, n verbond bo ons denke, om jou toe te vou en te beskerm teen elke onbekende beweging.
Ons lief jou
Antjie Patat
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 15, 2021, 03:13:21 PM
Liefde is nie iets wat 'n mens kan miskyk nie.   :icon_sunny:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 11:12:16 PM
Soveel liefde, soveel omgee. Antjie Patat, laaaaanktyd se matertjie, jou woorde is agter slot en grendel in my diepste wese bewaar. Die liefde tussen ons skrywers is die kosbaarste skat denkbaar en soos PM tereg skryf: Liefde is nie iets wat mens kan miskyk nie - jy voel dit!
 :love7: :hello2: :notworthy:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 16, 2021, 04:38:52 PM
Dit klink na 'n sprokiesverhaal. 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 16, 2021, 09:05:20 PM
Ek verluister my. My gedagtes onmiddellik in twee uiterste pole, een pool wil jou gryp en so styf vashou en jou nooit laat bang word vir die onseker nie, en die ander pool kan ek my net indink hoe mens navorsing doen en oplees en poog om by n punt uit te kom, om die oorsprong vas te vat, hok te slaan, en gesond te maak.
My psige sal in n aanhoudende weegskaal wees, met n voos geleesde en gedinkte brein.
En jy as kunstenaar, wat die ongelooflike kleure so ervaar. Praat nie eens van die spinnekoppe nie (my fobie)
Jy weet Raai, ek kan my nie begin indink waardeur jy en Outop gaan nie, en ek is vreeslik bly dat jy jou diepste menswees met ons deel, dit maak ons oe oop en maak ons mekaar omarm.
Ek dra al bitter baie jare bril, en my grootste vrees was nog altyd om blind te wees. Om nooit n sonsopkoms of ondergang te sien nie, die bloue van branders, die sneeutoppe van berge, groene in hul honderde skakerings in bome, blou, n sonneblom, kosmos, om nooit die vorms van wolke te sien nie, kinders se ogies, of die bly glimlag van n oumens, Nooit weer n kwas op canvas te sit nie. Jou woorde op n plasing ecco in my hart, asemdief en brein...
My vrees het so 2 jaar gelede ook verander na brein toe. Die vergeet siekte wat jou onthou kom wegsteel, jou menswees stroop en hallusinasies hoogty laat vier.
Ekself het dit nie, maar in ons familie, baie naby mense aan my, sommer 3. Medici het al so verbeter, dat ek bid en bid en bid dat daar iets kom vir die asem en die brein in welke gevalle ook.
Maar tot dan Raaitjie, is ons een groot kring vol arms vol drukkies en liefde.


Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 16, 2021, 10:41:22 PM
Antjie Patat, waar was jy al my lewe met jou omgee en liefde! 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 12:13:57 AM
Jou reaksie het my laat dink in watter kontras hierdie 'nagmerrie sprokiesverhaal' homself afspeel in die werklike lewe PM.  :icon_biggrin:

My liefste Antjie Patat, ons is geseend in oorvloedmaat. Ek glo uit my hart dat as daar meer van jou grootse liefde en omgee in Robin Williams se kring van kennis/vriend/familie was, sou hy vandag nog dalk nog gelewe het en die nagmerrie van Lewy Body Dementia, kon verbeeld soos net hy in staat sou wees.

Wat 'n ongelooflike bewusmaking kon dit nie wees nie. Robin het alleen geveg teen 'n oormag. Eers na die nadoodse ondersoek was daar vasgestel dat hy Lewy Body Disease (of te wel demensie met Lewy Bodies) gehad het in erge voorkoms. Daar was blykbaar skaars 'n deel van sy brein en breinstam wat nie aangetas was nie.

Die hel van onsekerheid en vrees vir die toekoms wanneer jy nie meer weet wat is eg en wat is nie, sal net ten volle verstaan word deur diegene wat saam veg teen die terroriste in jou brein, soos wat Susan Schneider Williams dit beskryf het. Ek sidder as ek dink waarmee hy geworstel het sonder om te weet hoekom hierdie vyftig-tentakel-simptome (wat verskyn en verdwyn soos hulle wil) hom dag en nag geteister het. Hom genoop het om 'n einde te maak.

Susan het in 'n onderhoud erken dat daar soveel simptome verskyn het dat sy begin wonder het of Robin paranoias raak  :crybaby2: Ek deel 'n paar van die simptome waarmee pasiente geteister word:

Tentakel-simptome
Hallusinasies
Onverstaanbare angs/depressie
Geaardheidsverandering
Slaapverandering (soms so min as 1.5 uur 'n nag)
Remslaapversteuring (uitleef van drome)
Wisselende konsentrasie probleme
Onwillekeurige tremor-agtige bewegings
Smaak probleme
Ervaring van vreemde reuke
Gevoel van iets wat loop op jou/onder die vel
Woord-vind-probleme
Verwarde gevoel (net so skielik weer normaal)
Duiseligheid/naar/balansprobleme
Skielike onverklaarbare lae bloeddruk wat net so skielik weer hemelhoog sal styg
Sig probleme: Onsekerheid vir trappe klim (trappe lyk of dit beweeg)
Bang om oor sekere oppervlaktes te loop weens 'n probleem om diepte te skat
Ervaring van dinge wat beweeg en voor jou beland soos bome, padwysers, motors ens.
Onverklaarbare probleme soms met werking van bekende toerusting
Rustelose beensindroom / tone wat 'twitch'
Verandering in eetgewoonte
Begin hoes na drink van koue water/warm vloeistof (asof verstik)
Intense uitgeputheid (goeie en slegte dae)
Raynaud’s sindroom
Charley Horses (leg cramps)

https://www.youtube.com/watch?v=lBsEiZX5w8U
Robin Williams' secret battle with a rare degenerative brain disease

https://www.asc3.org/health-blog/muscle-cramps-charley-horses

“Judy Kauser suffered with such severe leg pain her physician contributed it to back pain, when she became confused and disoriented the doctor blamed it on her medication. It was two years later Mrs, Kauser was diagnosed with Lewy body dementia, not severe muscle cramps.

https://www.youtube.com/watch?v=ThsaAEHB3jY&t=379s
LIVING WITH LEWY BODY DEMENTIA EP.7 | SHOWTIME WITH JASON
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 17, 2021, 04:47:36 AM
Ek kyk so na al die simptome en ek eien 'n paar.  Myne is net pure ouderdom, maar dit bly lastig. 
Veral die slaapgedeelte.  Ek sit en wonder hoekom wil dit dan nou nie lig word nie en ek sien dit is nou eers tien voor vyf, nie tien voor ses nie.   :icon_scratch:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Assie on September 17, 2021, 07:22:24 AM
As mens se dagspoke snags hoereer is 'n nag 'n week lank.

 :mumum:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 17, 2021, 07:24:26 AM
Nou begryp ek! 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 12:57:47 PM
 :`ip2: Baie goed verwoord Naas. Inderdaad word 'n nag dan 'n week lank.  Ek wonder wat die week vir my vannag gaan inhou  :dontknow: :icon_biggrin:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Assie on September 17, 2021, 01:00:00 PM
Ta Raatjie gaan slaap soos 'n baba
.

 :mumum:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 01:39:33 PM
 :toothy4: Wil elke twee ure ietsie drink? Ek het al soveel gelag vandag en vanaand dat ek seker krampwater gaan nodig kry en dan ry ek die nagmerries bloots Assie! Jou Ta Raaitjie is nie van hier nie  :headbang:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 17, 2021, 02:42:22 PM
Ongelooflik, net ongelooflik, en was Robin nie een van my (en is) top top top sterre nie. Ek het 'toe oe' n vliek aanbeveel waarin hy speel.
En die duiwels wat hom gejaag het, ...stom stom stom oor die tentakels..... stom...
En die band wat hy en die gorilla KOKO gehad het. Boeiend...  die konneksie wanneer woorde nie daar is nie, maar die goed in mens en dier uitkom omdat albei se harte nie kwaad ken nie....

Meraai, Assie, PM, Naas, julle almal wat so goed verstaan, dit vat net n enkele sin...en ek begryp deel van julle begrip. Awesomste mense.
My peetma, my liefling ma, wat n spesiale band het ek en sy nie gehad nie, en daardie verdomde 'vergeet' kom haal haar herken uit haar stem, uit haar lyf en uit haar oe... vergeet van die verskil tussen dag en nag, die ligte skakelaar teen die mure moes gemerk word "aan" bo "af" onder.
SON IS DAG, DONKER IS NAG.... Stowe ontkoppel, vuurhoudjies wegsteek, messe wegsteek. Hoe sy haar kinders een vir een begin vergeet, en hulle vriendelik vra wat hul naam is, en dan onthou sy het so kind met so naam, en vertel hulle moet kom kuier as haar kind weer tuis is...  Hoe sy haar ongelooflike man, my oom, vra of hy met haar getroud is, en soms nie onthou, en soms net hom en sy arms onthou as hy haar regdraai, want sy kry nie n manier om op n stoel te sit nie, die rigtings / wysborde het verdwyn. Maar sy het altyd liefde gevoel en gegee. Toe die vergeet van eet, of hongerte, en die organe wat nie meer die seine brein toe kry nie... My hele hart uitgeruk, opgekap in stukke, vertrap, die siekte het my bewus gemaak van die belangrikheid dat n mens ALTYD waardig voel, al weet hy /sy nie meer waar hulle is nie. Om menswaardig te voel en behandel te word, met respek, sal deurdring tot die diepste wese van mens en dier, sonder n taal. Net n gebaar... Die gesindheid met ander woorde van mense om jou, sal blywend wees... al is die begrip verstrengel in n woud met monsters, of n see met wonders of n donker gat of n niks...
In jou soeke na antwoorde Meraai, sien ek jarrrrre se navorsing en oplees, oor alles.... hoe wens ek nie ons kan sommer nog voor einde 2021 oplossings kry nie. Sal dit nie fantasties wees nie. En ekke wou mos nog altyd aan die bumber van julle karavaan vasbyt met my tent en kamera vasgegom aan my tekkies op my bors....
Ons is gesit op plekke, en in mense se paadjies, op hulle stoepe of in hulle sitkamers, omdat ons daar bedoel is.
Ons verander mense se lewens met elke wandel en wee....
Ons humorsin, ons mensewees, trane, lag en spot is omdat dit ons kenmerke as mens is.
Mag jy nooit moed opgee nie Raai, en nooit verlore voel, en nooit vergete voel, eensaam of bang nie...
En mag jou lag en woordekennis ons elke dag uit ons skoene bless.
Voorreg om saam julle almal hier te wees...



Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 17, 2021, 02:49:14 PM
EK HET BEDOEL MESSE WEGSTEEK, VUURHOUDJIES WEGSTEEK....nie wegsteel nie
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 17, 2021, 09:39:46 PM
Antjie, ek lees jou bydrae en besef hoeveel begrip jy het en dit laat my stom. 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 10:59:28 PM
Kom staan asseblief nader dat ek jou die styfste drukkie ooit kan gee ons liefste ou Antjie Patat. Elke woord van jou is afge-ets op my. En ek stem 110% saam met PM. Ek staan verstom en buig laag vir jou insig en wysheid. Jou liefde straal uit die skerm en vou om 'n mens. Ek lees oor en oor en oor...

Ons is gesit op plekke, en in mense se paadjies, op hulle stoepe of in hulle sitkamers, omdat ons daar bedoel is.
Ons verander mense se lewens met elke wandel en wee....
Ons humorsin, ons mensewees, trane, lag en spot is omdat dit ons kenmerke as mens is.

Om menswaardig te voel en behandel te word, met respek, sal deurdring tot die diepste wese van mens en dier, sonder n taal. Net n gebaar... Die gesindheid met ander woorde van mense om jou, sal blywend wees... al is die begrip verstrengel in n woud met monsters, of n see met wonders of n donker gat of n niks...


WOW WOW WOW!
 :love7: :notworthy:

*Antjie jy was 'n slagoffer van die woorddief vandag:
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4593.msg32877;topicseen#msg32877
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2021, 11:05:18 PM
Stomgeslaan weereens oor die talent van ons geliefde skrywersmater Naas, wil ek sy nuutste woordskepping met ons lesers ook hier deel. Hallusinasies is soms die eerste aanduiding dat die kake van vergeet aan jou gaan begin vreet...

Ont hou?

Bleek lê die karkasse
op gister se vlaktes.
Kaal gevreet
deur die kake van vergeet

Omkyk word ‘n woestyn
waarin gedagtes verdrink,
versmoor…
verdwyn…

Fotos van geliefdes,
bekendes…
vervaag…
verdof…
verdwyn…

Leë oë staar soekend
na bleek karkasse,
toe gewaai
deur breinloos wind.

Seldsame oases
verdor tot vergetelheid…
Verdwyn uit gedagtes…
Kaal vlaktes…

Verlossing kom
met ewig rus…

© Naas Breytenbach
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 20, 2021, 03:21:19 PM
Ek was te skaam om te sê dat ek snot en trane gesit en huil het tussen die lees deur, maar nou sê ek dit maar Antjie Patat.
Ek is so dankbaar dat jy jou pad hierheen gevind het.   :notworthy:   Ons almal het al die verstaan nodig wat ons kan kry. 
My motto is juis:  Om te weet is om te verstaan.   :read:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 05:17:29 PM
PM, dis seker een van die minste woorde wat die meeste in ons taal se... "om te weet is om te verstaan"..

Ek voel ook so.... as ek verstaan kan ek n ingeligte besluit maak, begrip toon, raad gee, terug staan, verby loop of jou omsingel met liefde....

Maar as ek nie verstaan nie, kan ek alles verkeerd doen. Hoeveel misverstande het mense nie al vir jare uitmekaar nie...  die grootste hartseer is al deur misverstande veroorsaak.

 n Misverstand kan van n wind, n aardbewing wat op die richterskaal registreer verander.. (op ligter noot)
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 20, 2021, 09:52:05 PM
Daar kom die humorsin nou weer uit.  Nie wat jy sê nie, maar wat ek lees.  'n Wind ja of 'n windjie.   :dontknow:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 01:10:08 AM
Sonder antwoorde oor die ontstaan van die nare wanbeelde wat teister en of dit verband hou met die asemdief het ek om een of ander rede 'n slow puncture vergelyk met 'n lekkende gaatjie in die brein...

Na gisteraand se  "Non-existent Spinnekop-jag" het ek besef die slow puncture in my brein word nou van so aard dat ek nie meer in aanraking bly met die lewenspad se oppervlakte nie. Ek het baie kilometers so gery sonder om te besef dat daar iewers 'n speek in die wiel is en begin wonder of die uwe nog ooit padvaardig is en kan/sal die stadige lek 'n gevaar geword vir mede passasiers en ander padverbruikers?

Gelukkig is daar vroeë waarskuwingstekens wat nie verontagsaam moet word nie en soos met 'n gewone lekband op jou motor, gaan jy ook straks begin sweef tussen regs en links van die pad en moeite ondervind met wat is eg en wat nie. Dalk sal jy mettertyd geluide begin hoor soos wat die sondebok in jou wiel protesteer. Jy sal heel moontlik nog 'n paar kilometers kan voortpoer solank daar nog genoeg lug in jou band is. Dit is beter om te stop en hulp te vra voordat die lekkende gaatjie so groot word dat herstel onmoontlik word.

Dit word aanbeveel dat jy 'n voetpomp-humorsin saam met jou piekel want die Liewe Heertjie het in al Sy genade 'n humoristiese noodband vir ons gegee.

Die volgende moet jy met 'n knippie sout lees en slow puncture vervang met 'n brein wat soortgelyke probleem ondervind:

*Driving on a slow puncture for any longer than necessary is dangerous because that slow puncture is more likely to become a fully flat tyre the longer you keep using it.

If the damage is to the sidewall of the tyre, then it cannot be repaired regardless of the tyre type. This damage will be to the main structure of the tyre that supports the tread, so it will weaken the tyre, which will affect its ability to perform properly.

You may be tempted to do a home repair with a puncture repair kit, which you will find in cars where a spare wheel is an optional extra. However, the 'gunk' that's used to seal the hole is only a temporary fix.

 Another visual clue could be odd wear to the sidewall. If a tyre is dirty and has low pressure, then the sidewall will be in contact with the tarmac, which will 'scrub' the tyre clean, giving a better visual clue to a slow puncture by creating a black sidewall that you can pick out clearly through the dirt.

Of course, the other giveaway would be a piece of debris stuck in the tyre itself. We're not saying you should get on all fours to give the rubber a proper inspection, but is there a screw or a nail that's obviously embedded in the tread or the external sidewall? If it's in the tread, it should be easy to spot, as the head will be polished clean if it's in contact with the road when you drive.

In any case, the best advice is to stay on the lookout for slow punctures and other damage by checking your car tyres on a regular basis. If you detect a slow puncture, don’t ignore it as you’ll only be increasing the chance of a bigger problem developing at some point in the future. Get the tyre seen by professionals and either repaired or replaced as soon as possible.

If you think or suspect something isn't right, turn off the radio and shut the windows so you can hear things properly and identify if you have a slow puncture.


En dit is nou net hier waar ek ten sterkste aanraai dat jy daardie voetpomp-humorsin byderhand moet hou want gaatjies in 'n brein kan nie permanent gestop word nie en vervang is nog nie 'n moontlikheid nie. Jy sal moet aanhou pomp ...

 :headbang: :notworthy:

*Die bron vir die Engelse aanhaling was verkry uit:
https://www.autoexpress.co.uk/car-news/102438/slow-punctures-should-you-repair-them-and-what-are-the-dangers


 








Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 22, 2021, 07:44:50 AM
Ek sal julle altwee styf in my gedagtes toewoel en in afwagting uitsien na 'n positiewe uitkoms.  Weet dat ek baie lief is vir julle.   :love7:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 08:06:38 AM
Opregte waardering lief PM  :love7: Ek gaan die volgende paar dae stil wees en 'n paar sakies in orde bring.  Ons Meisiekindjie kom kuier. Baie opgewonde. Sal terugvoering kom gee sodra die bal aan die rol is.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 22, 2021, 08:20:32 AM
Ek trek my stoeltjie tot hier by die voordeur en wag vir jou.  Geniet die kuier.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 22, 2021, 08:36:11 AM
Hoe ongelooflik is daardie vergelyking van n slow puncture net nie.
Raaitjie jy is styf in my hart vasgeklem.
Solank daar betyds na gekyk word, kan alles reggemaak word. Onthou dat ons liewe Vader ons gemaak het volgens Sy wil.
As ons skeef en onvolmaak en nie meer gesond reageer of lyk of voel nie, het Hy steeds n groter doel daarmee, want geen haar sal van ons hoofde val, sonder dat Hy nie daarvan weet nie.
Sy liefde en genade is elke more nuuter as gister sn. Wat ookal Sy doel of plan is.
Soos n onskuldige kindjie moet ons glo en hoop, en geloof in Sy wysheid he. Moeilik soos dit vir ons aardsbewoners is.

Weet net, dat ons by jou staan, ons bid vir jou vir algehele genesing, ons hou julle diep in ons harte en dra julle op aan God omdat Hy n groter deernis, en omgee het as wat ons verstand kan verwerk.
Sy liefde vir jou, Sy maaksel, is reiner as rein, ongeskaad, opreg soos n kindjie se liefde vir sy ouers.

Mag jy rustig word in die paar dae tot Maandag, wetend dat jy in Sy wil stap, met n man spesiaal gekies vir jou lewenspad.
Die krag van gebed en die helende wonders van medici is alles aan jou kant, en hope ope arms vol van ons binneste omgee, wat meer kan jy voor vra, hey??

Geniet jou meisiekind by jou, stuur baie groete vir haar en kom loer tog maar so nou en dan in as jy kansie kry.
Liefde in watervalle oor jou, van ons....
xxxxxxx
 :love7: :love7: :love7:





Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on September 22, 2021, 10:28:43 AM
Liefde vir jou ook soos die Kaapse mis 'n mens kan bekruip en omsingel en jou toevou in sy wasigheid.   :love7:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Naas on September 22, 2021, 11:13:59 AM
Ek kan die nie beter se nie.
(((((Ta Raaitjie)))))

 :mumum: :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 11:14:13 PM
Ai julle ons is voorwaar geseend in oortreffende trap. Dankie vir elkeen se liefde en omgee deur so baie jare al. Wens ons kon almal saam om 'n tafel sit, maar ook so innig dankbaar vir die forum waar ons in die gees tussen lyne saam kuier, lag en drukkies kan gee in ons geliefde taal. Ek koester elke woord.

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2021, 11:38:54 PM
Die onderstaande inligting verklaar in 'n mate dalk die verergering wat ek ervaar het die afgelope twee weke na die Pfizer shot.

Hallucination is found among people who get Pfizer BioNTech Covid Vaccine, especially for people who are female, 60+ old, and in the first week of getting the vaccine.  :dontknow:

Hallucination is found among people with Pulmonary hypertension, especially for people who are female, 60+ old.
https://www.ehealthme.com/cs/pulmonary-hypertension/hallucination/
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Naas on September 24, 2021, 01:40:08 AM
Dankie toggie vir negatiewe toets sover dit dimensie aangaan. Hopelik is dit dan maar die jab, soos ons dit hier noem, se nasleepsel wat weer sal beter word.
Die 60+ goggas is ongelukkig legio.
Ek het 'n dokter gehad wat gese het lewe na 60 is 'n daaglikse dobbelspel. (Nie my woorde nie of geloof nie)

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 24, 2021, 03:54:27 AM
Stem saam Naas! Ek nou net gou die hospitaal gekontak om die echocardiogram te bespreek. Dinsdag middag 1 uur ons tyd en dan wag op uitslae. Jittte, so gehoop die gewag is verby, maar smaak my die dobbelspel met ouderdom is so half 'n naarheid wat mens mee moet vrede maak. Nou moet ek begin pak. Outop wil hak en pad vat as hy by die huis kom :icon_biggrin:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 24, 2021, 05:07:24 AM
Dankie tog Raaitjie.
En ons is saam en sit links voor.
Al die pad. As jy om jou kyk, sit ons almal oopmond en wag dat jy klaarmaak, sodat ons jou kan OP kuier.
Ons dink aan jou, en love you lots
xxxx
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2021, 08:55:34 AM
 :love7: Tonne liefde aan almal wat omgee. Julle is kosbaarder as al die goudspikkels in Outop se pannetjie  :love7:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 10:41:38 AM
Terugvoering: Ten spyte van verhoogde drukking (nou 70mmHg) kon die besoekende dokter geen verband vind  tussen pulmonale hipertensie en die hallusinasies . Die soektog van oorsprong duur dus voort. Goeie nuus - ons cope nog ouens en Outop se ek moet laat weet dat hy en die Doom ook nog by hou :toothy4: - kakiebos se moses.  :icon_bigsmurf:

Daar is ALTYD seeninge, wil graag met PM se gedig afsluit vanaand:

Gister se hartseer kleef aan 'n mens se vel,
jy snuif dit onwillekeurig op, jy duik en skud
maar jy kan dit nie ontwyk nie.

More se bekommernis hang ook stomend in die lug.
Intussen beleef ons ook vreugde en vrede,
al is dit net bietjies bietjies elke dag.
Dit      is die lewe.
© PM
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on September 30, 2021, 07:01:56 PM
N MAGIC gedig.
Bly Outop en die doom is nog by.
Lekker aand julle
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on October 15, 2021, 12:02:46 PM
Hou die blink kant bo.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on October 17, 2021, 09:53:17 AM
Ek doet voort dankie, al gaan dit soms holderstebolder-onderstebo. Alles is vir my nuut vanuit hierdie oogpunt waarop my heelal se as feitlik oornag begin stol het. Dit is wonderlik om jou gisters te beleef asof dit eers more sou gebeur. Hoe kan ek ooit depressief raak as ek weet hoe lyk 'n spinnekop met duisendpote wat hysbak op en af ry teen jou kamergordyn? In alle erns, die uwe verruil my uitkyk op hierdie 'heelal' vir niks nie, dit het gratis op my lewenspad gekom in die mees kreatiefste vorms ooit. Dalk sal dit nodig raak dat ek, en myself 'n hoekie soek waar ons kan kommunikeer op verstaanbare manier in die toekoms. Sal dit 'n belewenis wees  :icon_biggrin:
Sela.
  :notworthy: :headbang:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on October 19, 2021, 02:26:19 AM
Solank dit net nie met vrese gepaard gaan nie, kan ek my voorstel watter ervaring dit moet wees.  Sit liewers op die vensterbank waar jy darem nog die werklike wêreld onder oog kan hou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2021, 11:40:33 PM
Daar was 'n paar scary nagte vir ons PM, maar genadiglik was en is die ander kreatiewe gedoentes tot dusver 'n bron van vermaak. Touch wood. Ek het gister oggend buite gaan staan en skielik vang my oog 'n klip wat ek nie kon onthou dat ek dit opgetel het nie.
(Waar ons ook al gaan, ek moet 'n klip saambring huistoe.)  :icon_bigsmurf:

Eers myself vergaap aan die mooiste mooiste pers spikkels op die klip en toe nader gestap en hom opgetel. In my hand verdwyn die skitterende pers spikkels na lewelose grys. In ongeloof het ek net hardop gesê: "Neeeee neee!" Met brand oge en 'n olifant op my borskas het ek eerder vir myself 'n troos-brekkie gaan maak.

Die vreugde toe die kleure op my vurk in die bord, dieselfde bly was onbeskryfbaar.  Ongelukkig sal 'n kamera nooit dit wat ek sien, kan weergee nie lol. Julle mis regtig egtig uit! Mind you, ek mis dit om gemaklik saam met gaste aan te sit en 'n vurk na jou mond toe te kan bring sonder dat jy onsigbare woefters voer, so ek verkies dit om sover moontlik, eerder alleen te eet omdat onwillekeurige bewing (tremors) in my hande die afgelope 2 weke vererger het in so mate dat ek vir myself giggel.

Hoekom pers so groot rol speel in hierdie hoofstuk van my lewe sal ek seker nooit weet nie. Die horlosie in ons kamer is swart en wit maar kom skemer, verander die wit syfers soms in die mooiste pers. Dink die Liewe Vader weet hoe die ouvrou kan verdrink in kleur en dit is 'n lewensgordel wat na my toe gegooi is in die kleurvolle see van illusie.

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on October 20, 2021, 04:33:52 AM
Parkinsons veroorsaak ook hallusinasies, maar so doen 'n paar ander siektetoestande ook.  Ek dink maar net aan Parkinsons omdat jy praat van "tremmers" in jou hande.  Wat sê die dokter? 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Naas on October 20, 2021, 04:36:28 AM
(((O)))

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2021, 05:26:56 AM
Dankie PM vir die skakel wat jy gelos het: Hypnagogic hallucinations are imagined sensations that seem very real. They occur as a person is falling asleep, and are also referred to as sleep hallucinations.

Hierdie gedoentes sien ek wa wa wyd wakker. So wakker dat ek presies vir Outop kan beskryf wat ek sien. Die persklip-gebeure was vroeg gisteroggend. Dus helder oordag, buite die huis. Jy sal nie glo HOE ek al nagevors het oor hoekom en waarom hierdie dinge my pad gekruis het nie.

Die twee soorte hallusinasies wat die mees bekendste is, is beslis nie deel van wat met my gebeur nie. Dit is vrek moeilik vir ander om te verstaan. My vriendin glo vas ek 'droom' en dan probeer Outop verduidelik dat ek helder wakker is. Ek verkies 'heller' wakker want dit is werklik 'n lewende hel van onbekendheid waarin ek vasgevang is. Ek kan nie meer altyd glo wat ek sien nie en om dit vir ander te probeer verduidelik is hopeloos. :icon_biggrin:

Die enigste ander persone wat dieselfde tipe hallusinasies beleef as ek is 'Lewy Body Dementia' lyers. En die nuwe simptoom wat so twee weke gelede begin vererger het (tremors and rigidness) is kommerwekkend vir my aangesien dit deur ander LBD lyers ook ervaar word. En ja, LBD val onder Parkinsons sambreel. Ons het reeds die medici oorsee gekontak waar 'n bloedtoets nou ontwikkel is om LBD te diagnoseer in vroee stadium en my naam is op die lys sodat ek getoets kan word sodra die spesifieke bloedtoets in Australia beskikbaar is, hopenlik nie meer te lank nie.

Tot hierdie toets gedoen kan word, is wag en kyk al antwoord vir ons. My dokter is bewus van wat ek ervaar. Al wat nou oorbly is dophou soos dinge ontwikkel sonder om op hol te gaan en dit is toetentaal krities om so normaal moontlik te funksioneer, onder omstandighede buite my beheer.

Intussen dokumenteer ek weereens alles getrou, soos met Asemdief. Dalk lees iemand en bring leidrade na antwoorde. LIVING WITH THE UNKNOWN sal 'n gepaste titel wees vir hierdie hoofstuk in ons lewe. Glo my vry.

People with Lewy body dementia are more likely to experience hallucinations than those with Alzheimer's or vascular dementia, and in general, they experience them earlier in the disease process than people do with other types of dementia. For some people, these hallucinations may even be one of the first symptoms of Lewy body dementia they experience.

Up to 80% of people with Lewy body dementia experience visual hallucinations. These hallucinations are often recurrent and very detailed. Hallucinations of adults, children, or animals are common.


*As jy wonder hoekom skryf my dokter nie iets voor vir die hallusinasies nie? Daar is twee redes: Ek besef dat dit wat ek sien nie daar is nie en ons cope. So ek het die voorstel om 'n sielkundige te gaan spreek, van die hand gewys. Ek kon alles rustig met die dokter bespreek toe hy vra ek moet beskryf wat ervaar word. So het ek ook voorlopig enige medikasie geweier totdat ons verseker weet hoekom hierdie dinge gebeur. Soms moet mens advokaat speel vir jouself wanneer jy kennis maak met die tweede 'raar' skeet.

En 2de rede glo ek behoort my vrees/weiering vir behandeling vir die 'sien van die onwerklike' dalk meer verstaanbaar te maak:

About half of people with Lewy body dementia are extremely sensitive to typical antipsychotic medications including Haldol and can experience severe and life-threatening reactions to them. Atypical antipsychotics may be less likely to provoke a serious reaction but caution is very important when considering the use of antipsychotic medications in Lewy body dementia.

 :icon_bigsmurf: Ek lyk of ek 110 is wanneer ek opstaan na lang 'n ruk van stilsit en die proses baie pynlik en vernederend voor ander. Ja, daar is ook behandeling vir dit maar weereens is die newe effekte daar:

It's also important to note that in some people with Lewy body dementia, Sinemet (carbidopa/levodopa)—a medication that may be prescribed to treat the movement challenges of the disease—can cause or worsen hallucinations in these people.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on October 20, 2021, 05:39:01 AM
It is mind boggeling!  Ek lag hardop oor die sielkundige wat jy moet gaan sien!   :sign10:   Dalk kan sy jou hipnotiseer sodat die spinnekoppe kan verander in liewenheersbesies.   :icon_biggrin:
Alle grappies op 'n stokkie.  Ek stem 100 met jou saam dat 'n mens nie sommer net gryp na medikasie nie.  Dit kan werklik erger probleme veroorsaak as wat jy het.  Solank julle cope en die situasie onder die knie is, sien ek nie rede tot paniek nie. 
Ek admireer jou vir die moed wat jy aan die dag lê om jou situasie hier op die forum met ons te kom deel. 
Hulle sê nou wel dat gedeelde smart halwe smart is, maar hierdie is ongelukkig 'n situasie waar julle twee alleen moet sterk staan.  Ons kan net op die kantlyn staan en handeklap vir julle durf en daad. 
Weet dat ons almal lief is vir julle en dat julle altyd in ons gedagtes is.   :love7:

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2021, 05:41:57 AM
Opregte waardering PM  :love7: Op die dokter se vraag hoekom ek drie jaar alleen geswoeg het oor die probleem, het ek hom reguit vertel dat dit nie 'n onderwerp is waaroor mens gemaklik gesels nie. En as my kinders nie gedreig het om my dokter toe te sleep sodat dit aangeteken kan word nie, sou ek nie nou hier gesit het nie  :toothy4: Alles word in alle gevalle noukeurig opgeteken waar ek veilig voel. Hier, net hier op die forum.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on October 20, 2021, 05:43:53 AM
((((( drukkies by dosyne))))   :notworthy:


Dit is ook nogal 'n plek waarheen ek vlug as die lewe drukkerig raak.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 03:45:35 AM
Toe ek met die kursus ("Fundamentals of Neuroscience, part 3: The Brain") begin het, was my mikpunt om te soek na waar in die brein onstaan die probleem van hallusinasies wat nie ooreenstem met die meer algemeen bekende vorme nie. Die grootste leidraad was natuurlik die feit dat ek helder wakker is, dit kan beskryf terwyl ek dit sien en 'n nugter denke met normale redenasie vermoë.

Ironies genoeg kruis my pad in hierdie soektog weer met 'n oorbekende afkorting: PH. Maar hierdie keer beteken dit nie Pulmonary Hypertension nie! Ek het van die inligting vry vertaal.
:angel4:

Peduncular Hallucinosis / Pedunkulêre hallusinose (PH).

Pedunkulêre hallusinose (PH) is 'n ongewone neurologiese simptoom wat gekenmerk word deur helder, goedgevormde visuele hallusinasies.
Persone wat gediagnoseer is met Parkinson's disease, narcolepsy-cataplexy syndrome, delirium tremens, Lewy body dementia, and temporal lobe epilepsy is meer geneig tot komplekse visuele hallusinasies soos pedunkulêre hallusinose.

Geskiedenis:
Die eerste gedokumenteerde geval van pedunkulêre hallusinose was deur die Franse neuroloog en neuropsigiater Jean Lhermitte, wat 'n 72-jarige vrou se visuele hallusinasies beskryf het. Die hallusinasies het tydens normale bewuste toestand plaasgevind en die pasiënt se neurologiese tekens is geassosieer met dié wat kenmerkend is van 'n letsel op die middelbrein en pons.

Von Bogaert, Lhermitte se kollega, het hierdie tipe hallusinasie "peduncular" genoem met verwysing na die ligging van breinletsels. In 1925 was Von Bogaert die eerste om die patofisiologie van pedunkulêre hallusinose deur middel van 'n lykskouing van 'n pasiënt te beskryf.

AGTERGROND:
Pedunkulêre hallusinose (PH) verwys hoofsaaklik na visuele hallusinasies wat voorkom in die omgewing van 'n middelbrein- of thalamiese letsel. In die 90 jaar wat verloop het sedert Lhermitte se aanvanklike beskrywing, is die fenomenologie van hierdie versteuring in meer as honderd gepubliseerde gevalle aangeteken.

Die presiese anatomie van PH bly egter relatief swak nagevors. Nuwe-aanvang hallusinasies in 'n pasiënt met geen vorige psigiatriese geskiedenis wat veral presenteer met kommer vir beroerte, moet dokters aanspoor om pedunkulêre hallusinose as diagnose, sterk te oorweeg.

https://journals.lww.com/continuum/pages/videogallery.aspx?autoPlay=false&videoId=215

Die video wys 'n 66-jarige man met skielike aanvang van helder visuele hallusinasies terwyl hy wakker was na bariatriese chirurgie. Behalwe dat hy die hallusinasies beskryf het, was hy helder wakker, oplettend en ten volle georiënteerd sonder enige verwarring.
 
Hy het beskryf hoe hy byvoorbeeld gesinchroniseerde swemmers in sy hospitaalkamer sien, slange wat tot by die bed kruip, getalle wat van die klok af smelt en rook by die verpleegstasie. DW-MRI het 'n beroerte gedemonstreer, wat ooreenstem met 'n diagnose van pedunkulêre hallusinose.

Visuele hallusinasies word veroorsaak deur verbygaande, verhoogde aktiwiteit in die visuele korteks. In die geval van visuele hallusinasies ontstaan die belangrikste vraag om die letsel in die brein te lokaliseer.

Daar is twee hooftipes visuele hallusinasies, gevorm en ongevorm.
Ongevormde hallusinasies bestaan uit vlekke van kleur, geometriese vorms, flikkerende ligte of ander swak gedefinieerde beelde.

Gevormde hallusinasies, aan die ander kant, bestaan uit goed gedefinieerde voorwerpe, mense, diere of enigiets anders.

Dit is maklik om uit te vind watter tipe deur 'n pasiënt ervaar word, bloot uit hul beskrywing. 'n Oksipitale lob-fokus produseer ligte of kleure, terwyl temporale lob-fokus lei tot komplekse gevormde beelde.

Die oorsake van gevormde visuele hallusinasies sluit in:
1) okulêre patologie soos makulêre degenerasie, katarak
2) pedunkulêre oorsprong
3) cholinergies van aard soos gesien in Parkinsonisme/LBD.

Ons pasiënt het kenmerkend 'n pontine letsel gehad saam met visuele hallusinasie, wat die kenmerk van pedunkulêre hallusinose is.

Verskille van ander visuele hallusinasies
Ander visuele hallusinasies is geneig om te spruit uit sielkundige versteurings. Terwyl 'n persoon met 'n sielkundige versteuring dink dat hul hallusinasies werklik is, weet mense met pedunkulêre hallusinose gewoonlik dat die visuele hallusinasies wat hulle sien nie werklik is nie.
Pedunkulêre hallusinasies is onafhanklik van aanvalle, anders as sommige ander visuele hallusinasies.

Gevalle studie:
Alhoewel slaapversteuring algemeen voorkom in pedunkulêre hallusinose, is dit nie noodsaaklik nie.  In ons geval het die pasiënt dag en nag visuele hallusinasies ervaar en geen slaapsiklus-disfunksie getoon nie.

Vaskulêre letsels is aangemeld as die mees algemene oorsaak van pedunkulêre hallusinose, met die talamus, middelbrein en breinstam wat die meeste aangetas is. Soortgelyk aan baie gerapporteerde gevalle het ons pasiënt pedunkulêre hallusinose ontwikkel as gevolg van 'n infarksie.
Die pasiënt se letsel was egter net tot die regter basale ganglia beperk met geen direkte betrokkenheid van die talamus of middelbrein nie.


Alhoewel CT 'n leidraad kan gee oor die teenwoordigheid van 'n abnormaliteit in die aangetaste streke, is MRI die modaliteit van keuse om pasiënte met vermoedelike pedunkulêre hallusinose te assesseer.

*So duur die soektog na inligting wat betrekking kan hê op my eie ervaringe met hierdie probleem voort.

BRONNE:
Potcast BMJ talk medicine:
https://jnnp.bmj.com/content/91/5/512

https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4171807/

https://n.neurology.org/content/80/7_Supplement/S18.004

https://en.wikipedia.org/wiki/Peduncular_hallucinosis

https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 04, 2021, 06:11:08 AM
Raai.... ek is stom...
Hoe sal ons ooit weet as mense soos jy ons nie bewus maak nie.
My keel trek seer toe, want die besef van wat jy moet deurmaak, ruk my hartjie uit, breek dit stukkend.
Dankie vir die deel... asb hou aan deel.
My hele wese dink diep aan jou daagliks
xxxx
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 06:37:24 AM
Opgee is nog nie in my woordeskat nie ou Antjie. Maar ek hou van antwoorde as daar vrae is. En as die onbeantwoorde vra jou helderheid van verstand in die toekoms gaan befonkfaai, graaf ek van hier tot by Daantjie in die kallerhok en weer terug, net om seker te maak die pampoenpitte word nie gegaps en op ander plekke tussen distels en dorings gesaai nie. Dankie vir al die liefde en omgee  :angel4: :toothy4: :hello:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 04, 2021, 11:32:35 AM
Trippel wow vir al die inligting Prof Raaitjie.  Jy bly 'n sterretjie aan my horison. 
Ek kan tog so gefrustreerd raak met gesonde mense wat geen bekommernisse het nie, maar wat tog so gereeld loop en mor en tor oor alles.  Kyk net waardeur gaan jy en jy doen steeds jou navorsing en kom deel dit met die wêreld hier op die internet. 
Ons forum sou baie armer gewees het sonder jou.  Baie baie dankie vir jou onbaatsugtige bydraes.  Ek waardeer jou en ek lief jou.   :love7:


Ek sien hier kom nog 'n wenner onderwerp uit Raaitjie se pen!   :notworthy:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2021, 01:20:05 AM
(((((PM)))))  :love7: :notworthy: Het gaan soek maar kon nerens aantekeninge vind in Afrikaans oor die spesifieke voorkoms van hallusinasies nie.

Ek gisteraand vir die eerste keer 'n gevalle studie ontdek waarin die persoon ook 'n helikopter 'gesien' het en die toneel kon beskryf asof hy in die helikopter was. Vir my was dit ook verblydend en 'n groot verligting dat hy die beelde amusant gevind het. Nog 'n ooreenstemming met my eie ervaringe was dat die tonele verdwyn toe hy sy oë toegemaak het. En dan natuurlik die feit dat ons albei beroerte gehad het.

 :icon_biggrin:

Kan nie vir julle verduidelik die verligting wat oor my gespoel het na ek die verslag gelees het nie. So so moeilik om te verduidelik hoe eg hierdie onwerklike tonele vir my is en terselfdertyd die heldere besef dat dit nie werklik bestaan nie, al sien ek dit! Die sagste hemelse musiek wat net ek kan hoor, is beslis 'n Kruk in al die onwerklikhede en die menslike kommer en onsekerheid wat gepaardgaan met die voorkoms van hallusinasies.

Net vir ingeval iemand hierdie bydrae die eerste keer lees en die eerste plasing gemis het, gaan ek net vinnig aanhaal wat hierdie soort PH is:
Pedunkulêre hallusinose (PH) is komplekse, permanente, skilderagtige, visuele hallusinasies wat deur pasiënte wat wakker is, ervaar word.

Pasiënte vind die hallusinose dikwels verstommend amusant, maar bly skepties en is bewus dat dit nie werklik is nie. Klassiek kom PH voor na 'n middelbreinletsel. 

PH is hoofsaaklik beskryf na aanleiding van pontine, serebellêre en thalamiese beroertes maar nie na kortikale letsels nie.
Een voorgestelde meganisme vir die verduideliking van PH is die verlies van kortikale beheer deur die breinstam, hetsy deur wysiging van die thalamiese poortmeganismes na visuele/ouditiewe korteks of deur abnormale versterking van die thalamus-insette na sensoriese kortekse.

GEVALLE STUDIE:

'n 87-jarige pasiënt, is in die Neurologie-kliniek opgeneem (vyf dae na 'n operasie aan sy knie) weens aanhoudende hallusinose, gekenmerk deur panoramiese tonele van helikopters en 'n groot rivier met 'n skare baaiers.

Daar word gerapporteer dat die beelde teen die muur van die kamer gesien word, wat meer as 150 grade visuele hoek bereik. Hulle was kleurvol, verander volgens die visielyn, en begelei met liturgiese liedere.

Aanvanklik was die hallusinose gemeng met positiewe nabeelde. Soms het die pasiënt die indruk gerapporteer dat hy in een van die helikopters was, en die toneel hieronder vanaf 100-200 meter hoogte waargeneem. Hy kon die verskillende takke van die rivier sien (“soos die Ganges-rivierdelta”)

Die pasiënt se tekeninge van die visuele toneel het hy by twee verskillende geleenthede beskryf. Let op die reproduksie van sommige spesifieke besonderhede soos die ligging van die see (aangedui in beide beelde deur die woord "MER" in Frans). Die pasiënt het ook in die twee tekeninge aanduiding gegee van die rigtings (S vir suid, N vir noord en ES vir oos).

Die hallusinose het verskyn toe die pasiënt na die leë muur gekyk het, en het verdwyn toe hy oë toegemaak het. Gedurende twee weke het die pasiënt, wat nietemin skepties gebly het, hierdie hallusinose voortdurend ervaar. Hy het 'n relatiewe belangstelling in sy hallusinose getoon en dit amusant gevind.

Andersins was die emosionele reaksie gering, met geen gedragsafwykings nie. Die neurologiese ondersoek was normaal, behalwe 'n effens verminderde gesigskerpte van 60% in die linkeroog en 40% in die regteroog en 'n linker Babinsky-teken.

BRON: https://clinical-psychiatry.imedpub.com/peduncularlike-hallucinosis-in-the-absence-of-midbrain-or-thalamic-damage.php?aid=8672

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 05, 2021, 03:24:17 AM
'n Mens kan nie glo dat sulke gevalle bestaan nie. Ek glo dit tog.  Ek sien dit dan! 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2021, 04:13:38 AM
En ek leef dit  :`ip2:  :icon_bigsmurf:

glashelder kom vlieg
die goudgeel helikopter
geluidloos van Wes na Oos
oor 'n padkaart
van vreemde stede
op die gangmuur

*Beleef & Geskryf in 2018 deur die uwe  :angel4:

Ek is so ongelooflik dankbaar dat ek dit aangeteken het. As 'n mens sou kyk na die datum op die komper waar ek vir die eerste keer op die skakel wat vandag geplaas is, ingegaan het sal dit die bewys wees dat ek hierdie dinge ervaar het laaaaaaaank voor vandag se bevestiging dat nog 'n persoon dieselfde hallusinasie beleef en aangeteken het.
 :notworthy: :book1:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 05, 2021, 04:18:23 AM
Dit is goed as dit komies is.  Ne angstig nie. 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 05, 2021, 01:27:31 PM
 Stomheid.... ware stomheid...dit suig my in, ek vermoed dit suig jou toeskouers in Raaitjie... Ons beleef dit op n unieke anderse manier.
Deur jou woorde...

Jou soeke na antwoorde is net so ongelooflik, en die betekenis en nalatenskap vir medici onberekenbaar.

Ek soek nog my kakebeen op die vloer....
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2021, 02:03:49 AM
Liefste ou Antjie Patat ek glo nie jy sal ooit weet in watter mate jou liefde en ondersteuning my dra op hierdie onbekende pad nie.  :love7:

Soms wonder ek HOEKOM deel ek hierdie erg persoonlike ervaringe? Voordat ek besluit het om hierdie gebeure in my lewe ook te deel, het ek die volgende raakgelees:

You may not realize it, but every time you share your story, you're taking the hand of someone who thought they were the only one experiencing the unknown.

En ek het besef dit is nodig dat hierdie deel ook aangeteken moet word. So, ek doet voort:

Nog nare simptome wat my die afgelope paar jaar treiter is die ervaring van reuke en smake wat niemand anders kan ruik of proe nie. Ek kan nie onthou of ek iewers aangeteken het oor hierdie voorkoms sodat daar 'n tydsduur is nie. My smaak is soms so aangetas dat ek Outop trommeltjie dik voer met 'proe of dit soet of sout is sebliefie my liefie'. Hy het nog nooit gekla nie  :icon_biggrin:

Soms is die reuke wat ek ervaar so aaklig dat ek 'n Van Gogh op myself wil trek met my neus. Die afgelope kampnaweek was die 'spookreuke' van so aard dat ek in trane uitgebars het van moedeloosheid. Onheilig gewens dat die Liewe Heertjie liewers net spinnekoppe en helikoptors my pad laat kruis het. Een soort onwerklikheid is genoeg.

Ek moet hier net meld dat reeds van my kinderjare af was die ouvrou geseend met 'n ekstra sterk reuksintuig waaroor ek baie gespot was. Net na die reuk/smaak verwrongendheid kop uit gesteek het, het ek vermoed dat die oorsprong dalk a.g.v die ligte beroertes was. Eers toe ek navorsing begin doen oor die visuele hallusinasies besef dat daar ook smaak-, gehoor- en reukhallusinasies is!

Vanoggend lees ek weer Naas se gediggie wat hy spesiaal vir ons geskep het. Min wetend HOE hierdie omstandige my lewe in die toekoms sou bedons :) 'n Beter ironiese beskrywing kan ek nie gee nie!

Vir Ta' Raaitjie (Spesiaal)
« on: August 02, 2012, 08:43:26 AM »


There was a man from Australia
he painted his bum like a Dahlia.
The coulors were bright
Very beautiful sight,
But the smell was a hel of a failure.
© Naas
  :icon_bigsmurf:

OLFAKTORIESE HALLUSINASIES

As jy voortdurend iets ruik wat niemand om jou blykbaar kan ruik nie, kan jy 'n toestand hê wat fantosmie genoem word. Dit is 'n term wat gebruik word om olfaktoriese hallusinasies te beskryf - dit beteken dat die organe wat verband hou met jou reuksintuig reuke waarneem wat nie regtig daar is nie.

Wat veroorsaak olfaktoriese hallusinasies (fantosmie)?
Antwoord van Jerry W. Swanson, M.D.

’n Reukhallusinasie (fantosmie) laat jou reuke ervaar wat nie regtig in jou omgewing voorkom nie. Die reuke wat in fantosmie ervaar word, verskil van persoon tot persoon en kan onwelriekend of aangenaam wees. Hulle kan in een of albei neusgate voorkom. Dit lyk asof hierdie spookreuk (waanreuk) altyd teenwoordig is of dit kan kom en gaan.

Fantosmie kan veroorsaak word deur hoofbesering of ernstige boonste respiratoriese infeksie. Dit kan ook veroorsaak word deur temporale lob aanvalle, ontsteekte sinusse, breingewasse en Parkinson se siekte en Covid 19.

Raadpleeg jou dokter as jy die simptome van fantosmie ervaar, sodat jou dokter enige ernstige onderliggende afwykings wat die reuk kan veroorsaak, kan uitsluit. Hulle kan 'n deeglike fisiese ondersoek doen en uitvra oor jou mediese geskiedenis om seker te maak jy het nie 'n ander onderliggende oorsaak, soos 'n breingewas nie.

Parosmia is nog 'n reukversteuring wat soortgelyk is aan fantosmie.

Maar in parosmia word 'n reuk wat in jou omgewing voorkom, verwring. Parosmie kan voorkom a.g.v skade aan die reukstelsel, soos na 'n ernstige respiratoriese infeksie.

In hierdie toestand bespeur jou neus reuke wat verskil van wat werklik daar is. Jy kan 'n piesang sien, maar ruik verrottende vleis. Parosmie kom gewoonlik voor wanneer 'n boonste respiratoriese infeksie weefsels in jou neus en neusholte beskadig.

As jy fantosmie het, kan die reuke wissel van reuke wat jou amper siek maak tot werklik aangename geure. Maar die meeste mense met fantosmie is geneig om slegte reuke te ervaar.  Die reuke is beskryf as "verbrand", "vuil", "vrot", "riool" of "chemies." Jy ruik dit dalk uit een of albei van jou neusgate. Maar dit is nie konstant nie. Die reuke kom en gaan gewoonlik.

Behandelingsopsies

Om reukafwykings soos fantosmie te behandel, gaan jy onderskeie soorte dokters/spesialiste moet besoek, veral as die toestand die gevolg is van skade aan reukorgane en ook hoofbesering. Jou behandelingspan kan die volgende insluit:

Primêre sorg dokter
Otolaryngoloog, 'n dokter wat spesialiseer in oor-, neus- en keelprobleme
Neuroloog, 'n dokter wat spesialiseer in toestande wat verband hou met brein en senuweestelsel’
Allergie spesialis

As jy fantosmie gekry het ná 'n virusinfeksie soos COVID-19 of 'n kopbesering, is daar geen behandeling nie. Maar beskadigde senuwees in jou neus en neusholte het wel die vermoë om terug te groei. Dit is moontlik dat jou reuksintuig gedeeltelik of volledig terugkom sonder behandeling.

BRONNE:
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/26586374/
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/15538143/
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/24961619/
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/12200340/
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/22099622/
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/19584799/
https://www.webmd.com/brain/what-is-phantosmia

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2021, 02:09:46 AM
WebMD Mediese Verwysing Nagegaan deur Michael W. Smith, besturende direkteur op 23 Maart 2021

Ander hoofoorsake van fantosmie sluit neurologiese afwykings soos skisofrenie en Alzheimer se siekte in. Beide hierdie afwykings het goed gedokumenteerde gevalle van hallusinasies, meestal visueel en ouditief.

Albei het egter ook gevalle van fantosmie, hoewel nie so gereeld nie. In albei gevalle is die voorkoms van reukwaan meer algemeen, veral in Alzheimer's, waar dit uiters moeilik is om die pasiënt te oortuig dat dit in werklikheid hallusinasies is en nie werklik nie.

Spesifiek in Alzheimer se siekte is bekend dat atrofie in die temporale lob voorkom. Soos blyk uit trauma en aanvalle, word fantosmie sterk geassosieer met hierdie area; lei tot die verskyning daarvan in sommige Alzheimer-pasiënte.

Pasiënte met Parkinson se siekte kan ook fantosmie ervaar, sowel as parosmie, maar hul voorkoms is minder algemeen as die spierbewing wat die pasiënte ervaar. https://en.wikipedia.org/wiki/Phantosmia

Dokters het oor die algemeen min kennis van sensoriese vervormings wat verband hou met smake en reuke. Pasiënte met 'n verwronge sout- of bitter smaak in die mond in die afwesigheid van kos of drank (fantagiesie) of 'n verwronge vrot of chemiese reuk in die neus in die afwesigheid van enige uitwendige reuk (fantosmie) sonder enige ander neurologiese simptome word gewoonlik nie verstaan nie deur hul plaaslike mediese dokter.

Terwyl phantageusia of fantosmie aanvanklik erken kan word as 'n manifestasie van 'n beslagleggingsversteuring (aura) of ander ernstige versteuring van die brein (bv. gewas, arterioveneuse misvorming, ens.), sodra 'n EEG en brein MRI normaal gevind word, is 'n sielkundige of psigiatriese diagnose word gewoonlik aan die pasiënt gegee.

Phantosmia en phantageusia is algemene gevolge onder pasiënte wat smaak- en reukfunksie verloor.

Hierdie simptome vereis erkenning van die anatomie en biochemie waaruit hulle ontstaan sodat pasiënte met hierdie simptome nie in 'n sielkundige afvalmandjie geplaas word nie.

Hierdie simptome moet krities geëvalueer word sodat as hulle 'n biochemiese breinafwyking toon, dit geïdentifiseer en behandel kan word.

(‘n Studie deur Dr. Lucian Levy, tans Hoof van Neuroradiologie, George Washington Universiteit Mediese Sentrum, Washington, DCA gedeelte van hierdie studie is voorheen gepubliseer: Levy, LM, Henkin, RI Brein GABA vlakke word verlaag in pasiënte met fantageusia en fantosmie gedemonstreer deur magnetiese resonansie spektroskopie. J. Comp. Ass. Tomog. 28:721-727, 20.)

Hierdie studie beklemtoon ook dat fantageusie en fantosmie nie noodwendig sielkundige manifestasies van stres of ouderdom is nie, maar biochemiese afwykings weerspieël wat net soos enige ander kliniese simptome soos hoofpyn of abdominale pyn, noukeurige evaluering vereis.

Gepaardgaande morbiditeit met Parkinson se siekte

In die geval van 'n 57-jarige vrou is ‘n sterk reuksensasies aangemeld, wat wissel van reuke van parfuum tot effens onaangename reuke soos die van "nat honde".

Die episodes wat ervaar word, sou tussen sekondes en ure duur en sou verskeie kere per dag plaasvind. Die pasiënt sou fantosmie-simptome rapporteer, maar sou bekende reuke korrek identifiseer en het beweer dat sy geen simptome van reukverlies het nie.

Sy het geen geskiedenis van epilepsie gehad nie, en haar elektro-enfalografiese resultate was normaal. Later, terwyl die simptome van fantosmie afgeneem het, het sy ernstige simptome van Parkinson-siekte ontwikkel. Terwyl die pasiënt vir haar bewing met pramipexool, amantadienhidrochloried, levodopa, karbidopa en entakapon behandel is, het die fantosmie-simptome heeltemal verdwyn.

In die geval van 'n 52-jarige vrou, het die eerste simptome van fantosmie wat aangemeld is  verskyn as 'n verhoogde reuksintuig. Sy het geglo dat sy die vermoë het om reuke voor ander mense op te spoor, en met beter akkuraatheid.

Sy het later die tipiese simptome van fantosmie begin ervaar en sou dinge ruik wat sy kon herken in die afwesigheid van enige reukproduserende molekules. Die gerapporteerde reuke was van parfuum, kerse en vrugte, maar die vrou kon nie akkuraat identifiseer watter tipe parfuum of vrugte sy ruik nie.

Haar fantosmie-episodes sou skielik plaasvind en sou van minute tot 'n halfuur duur. 'n Rinologiese ondersoek het teruggekom met normale resultate. Toe haar fantosmie-simptome begin verdwyn het, het sy begin kla oor lompheid, traagheid en probleme met haar linkerhand wat tussen bewing en rigiditeit sou afwissel.

'n Neurologiese ondersoek het simptome van Parkinson se siekte aan die lig gebring.

BRON: https://en.wikipedia.org/wiki/Phantosmia#Related_disorders
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 09, 2021, 06:51:39 AM
Meraaitjie!!
Soos gewoonlik HANG ek aan jou lippe, met jou navorsing en wat jy deurgaan...
Ek sit toe skielik so regop soos n wit kers wat nog nie vlam gevat het nie...! Wat seg jy daar? En ek lees oor....
Reuk sensasie en waanreuke?
Die rede waarom ek regop sit, is omdat dit nou al dekades n 'irritasie' met sommige van my familie is, dat ek so skerp kan ruik... en dat ek soms goeters ruik wat hulle gladnie kan ruik nie, en ek kan skerp hoor ook...my twee waaier attenas aan weerskante van my kop, kan hooooor hoor.....
Nou sit ek regop....
Ek ruik in my huisie met toe deure en vensters, sigaret rook...en my bure rook.... so glo ek dis die wind... maar as ander mense hier is en ek praat daarvan, dan ruik hulle dit nie.
Ek ry agter n kar waarin n persoon rook, en die reuk van die sigarette maak my amper verstik so erg ervaar ek dit. En dan is my venster of toe of op n skrefie oop.
Soms maak ek iemand stil en seg..hoor gou, daar loop iemand of iets.... en dan is hulle moergeit omgedop omdat niemand anders hoor, en daar is die storie onderbreek....
Ek neem aan mens moet klomp ander simptome ook he, maar ek so groot oog lees... en ek wonder of ons land se skerp dokters ooit kon uitkom waar jou navorsing al loop?

Aggg hoe kronkel loop jou pad nie my liefste Raaitjie! Watter onbekende draaie is daar nie, en hoeveel keer moet jy nie moedeloos to ons Maker roep nie? Moet nooit ooit twyfel aan die spore wat jy trap nie Raaitjie! Jy raak hope mense, deur elke asemteug, letter en handewerk. Jy moet net eenvoudig besef dat jy baie spesiaal gekies is deur ons Vader, om so n belangrike roeping op hierdie aarde te he.
Love youz sommer n dem lot
xxx


Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2021, 07:22:10 AM
Ek huil nie meer maklik nie maar jou woorde hier verdof die skerm voor my. Antjie Patat, al wat ek jou kan aanraai is teken so getrou as moontlik ALLES aan wat jy ervaar (wat niemand anders ervaar) en SOEK/GRAWE tot jy 'n soortgelyke geval kry. Vergelyk en volg soveel leidrade as moontlik wat antwoorde op die onsekerheid van jou eie ervaring kan bring.

Vanmiddag is ek van vooraf dankbaar dat ek ook hierdie deel van my pad kom deel het want jy het skielik besef dat dit wat jy beleef kan dui op iets anders as net aanvaar 'ek is maar so'. Van more af wil ek uitreik na persone wat Lewy Body Dementia het om die voorkoms van gehoor- hallusinasies te dokumenteer.

You may not realize it, but every time you share your story, you're taking the hand of someone who thought they were the only one experiencing the unknown.
 :notworthy: :icon_salut:

NB: Antjie Patat - Love youz sommer n dem lot too
 :love7:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 09, 2021, 08:21:25 PM
Julle twee omvou my hart en ek is so dankbaar vir die uitreik. 
Al die jare het ek dieselfde probleem van dinge hoor en goete ruik wat ander nie kan nie.
My groot probleem is diesel, petrol, gasse, rook en kosreuke. 
My moedertjie het altyd gesê, as jy jou dis ruik is dit gaar.  Ek was nog nooit verkeerd nie.  Kook maar mielies, of 'n heerlike broodjie in die oond.  As ek dit ruik weet ek dit kan maar uitkom.
Soms sukkel ek om te hoor in 'n geselskap, veral as daar musiek op die agtergrond speel.  Moet tog nou net nie onder die avoboom sit en van my skinder nie.  Ek hoor elke woord vanaf uit die huis. 
Ek dink tog net ons is uniek!  'n Uitsondering op die lys!   :icon_biggrin:   Ek lief julle.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 09, 2021, 11:41:16 PM
ek fluister....maar daai avo's sing vir my om die klompe te kom haal...

Ek was tot laat in vergadering, en ons praat van een man se straat adres, en ek dink toe ek moet deel, want ook dit sal moontlik binnekort verander.
Sy adres is in Klipvisstingel straat nommer 4
Ons het ook die volgende strate:
 Kabeljoukade, Krewelkring, Kurperkurwe, Marlynhoek, Makulubos, Katonkel, Jacopewer, Knorhaanbaai, Perlemoen, Loodsvislyn, Naaldvis, Palingdraai, Kolstertkring, Seeperdjie straat., Vaarlandsweg, Ysterhout, Apiesdoring, Witstinkhout, Geelhout straat, Hardekool, Wonderboom, Kapokbos, Kannakronkel, Suikerbos sirkel, Keiserskroon, Blouvalkbos, Bosmusiekant en nog so paar... Hulle glip so lekker oor my tong....

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2021, 11:47:59 PM
((((((PM en Antjie Patat))))))  :love7: Liefffff die name Antjie. Dankie baie baie vir deel!

Solank as wat ek kan onthou het ek ook dinge geruik wat niemand anders kon nie. Soos julle kan ek ook ruik as 'n broodjie, mieliepap ens. gaar is en dit is deel van my 'samestelling' maar wanneer dit handuit begin raak en jy in die middel van die nag wakker skrik met oorweldigende reuke wat niemand anders ook ruik nie en jy voel jy gaan versmoor en naar word, moet jy besef daar is nou 'n ander probleem.

Ek het nooit voorheen geweet dat wanneer iets wat sout is vir my soet proe en anders om met tye het dit 'n verband met die ervaring van spookreuke.

En die soeke na waarom ek hierdie langdurige, aaklige reuke ervaar het my laat besluit om die 'Fundamentals of Neuroscience, Part 3: The Brain.' kursus wat Harvard aanbied, te doen aangesien hulle al die sintuie behandel sowel as gevalle studies. Ongelooflik interressant en leersaam! Kan dit ten sterkste aanbeveel.

Vir ingeval iemand dalk belangstel om die kursus te doen, hier is 'n kort samestelling:

Lesson 1: Vision
Lesson 2: Audition
Lesson 3: Smell, Taste, and the Remaining Senses
Lesson 4: Movement and Action
Lesson 5: Subcortical Brain Areas
Final Exam

Grading
You will be graded on your performance on the questions in this course, including practice problems and the final exam. Practice problems are spread throughout the course and the final exam is found at the end.

Practice problems are worth 40%
The final exam is worth 60%


Die voorkoms van oorweldigende, verhoogde reuksintuig word hiperosmie genoem. Dit kan permanent deel van jou lewe wees of net gebeur voor jy 'n migraine kry en baie mense getuig ook dat dit voor 'n epileptiese aanval gebeur.  Wanneer jy bewus is vooraf van 'n aanval wat gaan volg word dit 'Simple partial Seizures' genoem. Pasiente getuig dat hulle knoffelagtige reuk ervaar asook 'n metaal smaak in die mond kry.

Hormoonveranderinge kan ook bydrae tot die voorkoms. Die probleem moet blykbaar verder ondersoek word indien dit kom en gaan aangesien dit dalk 'n teken van 'n onderliggende mediese probleem kan wees soos die volgende:
 
Neurologiese toestande. Aanvalle wat uit die middel van jou temporale lob kom -- die deel van jou brein wat herinneringe stoor -- kan jou 'n valse gevoel van sterk reuke gee. Dit word as 'n olfaktoriese hallusinasie beskou.  ‌

Outo-immuun siektes. Daar is 'n verband tussen outo-immuunafwykings en veranderinge aan jou reuksintuig.

Omgewings- en oorerflike faktore kan jou reukreseptore beïnvloed.

As jy hiperosmie het, kan jou smaak ook aangetas word. Jou smaak en reuk word deur jou reukstelsel verbind. Die verhoogde reuksintuig kan ook geure meer intens maak.

Jou olfaktoriese area, geleë in jou neus, is waar reuk beweeg voordat dit in jou keel af gaan. Dit is hoekom jou reuk en smaak albei beïnvloed word. Wanneer jy sterk geure ruik wat 'n smaak in jou keel skep, kan jy naar begin voel. As jy oorweldig voel deur reuke en smaak as gevolg van hiperosmie, kan dit jou daaglikse lewe beïnvloed. Jy kan ophou om sekere kosse te eet of sekere dinge vermy wat 'n sterk reuk vir jou het.

Hiperosmie kan moeilik kan wees om te diagnoseer. Die meeste gevalle maak daarop staat dat jy rapporteer wat jy ervaar, maar dit hou nie altyd verband met 'n onderliggende fisiese oorsaak nie. Soms is mense nie eers bewus dat hierdie verhoogde reuksintuig 'n naam het nie.

Wat sommige vroue stel voor dat jy aantekeninge maak van wanneer hierdie reuke/smake ervaar word om te probeer vergelyk of dit tydens hormoonverandering in jou liggaam gebeur en dus verband hou. 'n Ander stel voor dat jy 'n blik met koffiebone voor jou neus hou om die nare reuke te verdring. Ek plaas 'n homp vicks op Outop se sakdoek en smeer dit ook aan die canules van die geleende asems om die oorweldigende reuke te probeer verbloem.

Net 'n vinnige terugblik oor die onderskeie voorkomste van hallusinasies:

Ouditiewe hallusinasies: Dit is wanneer iemand iets hoor wat nie daar is nie, soos 'n stem of radio.

Visuele hallusinasies: Dit veroorsaak dat iemand iets sien wat nie werklik is nie.

Olfaktoriese hallusinasies: Dit kan voorkom wanneer 'n persoon iets ruik wat nie daar is nie.

Gustatoriese hallusinasies: Dit veroorsaak dat iemand iets proe wat hulle nie geëet het nie.

Taktiele hallusinasies: Dit kom voor wanneer 'n persoon voel asof iets of iemand aan hulle geraak het.

Somatiese hallusinasies: Hierdie hallusinasies kan die hele liggaam beïnvloed, wat onwerklike sensasies veroorsaak soos dié van goggas wat op/onder die vel kruip.

Sommige pasiente met Lewy Body Dementia (LBD) ervaar wel verskeie van hierdie vorme maar visuele hallusinasies kom die meeste voor en 'n kombinasie is nie algemeen nie. Visuele hallusinasies is 'n sterk aanduiding van die aanvang van LBD en geneeshere word  ten sterkste aangeraai om dit nooit net toe te skryf aan 'n sielkundige afwyking nie.

Ander tipe demensies soos onder andere Alzheimer's, beskadig ook die streke in die brein wat betrokke is by sensoriese verwerkinge. In hierdie gevalle van demensie word hallusinasies (ouditiewe en visueel) eers ervaar in die laat stadiums van die siekte.

BRONNE:
https://www.webmd.com/brain/what-is-hyperosmia
https://www.medicalnewstoday.com/articles/327014#types
https://www.epilepsy.com/node/739975.....good
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 10, 2021, 04:01:40 AM
Dit is soooo interressant, ek geniet elke uitleg. 


... ipsigosomaties; pisigosomaties; sigosomaties; pssigossomatiess; pcigocomatiec; pccigoccomatiecc; pseigoseomatiese; pesigoesomatiees; pshigoshomaties. Dit beteken alles dieselfde ding!  Net die spelling verskil! :icon_biggrin:


Antjie Patat, dit klink naby meer en see. 
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 07:00:51 AM
PM: ... ipsigosomaties; pisigosomaties; sigosomaties; pssigossomatiess; pcigocomatiec; pccigoccomatiecc; pseigoseomatiese; pesigoesomatiees; pshigoshomaties. Dit beteken alles dieselfde ding!  Net die spelling verskil!


:crybaby2: Psigosomaties -  :icon_scratch:

PM, ek het lank lank gewonder hoekom jy hierdie kommentaar geplaas het ...  net die lees van die woorde het my laat besef hoekom mense eerder wegsteek as hulle sonder enige 'mental problems' skielik hallusinasies begin ervaar. Die vrees vir hierdie etiket, vasgevang in al die woorde wat jy hier geplaas het, sal ek nooit kan verewig in woorde nie.



Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 10, 2021, 07:22:08 AM
PM, ek stem...my oë dors na hierdie inligting...
Raaitjie, ek is totaal vasgenael...

Ek is so ingeleef, en snak na asem toe ek hierdie lees:
Somatiese hallusinasies: Hierdie hallusinasies kan die hele liggaam beïnvloed, wat onwerklike sensasies veroorsaak soos dié van goggas wat op/onder die vel kruip

Ek klap en vryf gedurig oor my bene die goggas wat my wil opvreet, en sien nooit n enkele een nie.... nooit.

Ek sit nou voor in hierdie klas, en lees my oge skuins hoor!
En weer ruk my hart as ek aan Robin en jou dink...
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 10, 2021, 08:02:33 AM
Antjie Patat, ek dink jy het vlooie!   :angel12:   
Gelukkig het ek nie goggas wat oor my krioel nie.  Ek sal gek word.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Naas on November 10, 2021, 09:20:00 AM
Flooie... Jig...
Moetie komkommer nie Antjie. Ek sukkel ook met daai kriewelvel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 09:51:28 AM
Spesiale drukkie vir almal wat kriewel  :love7: Ons het DIE beste ondersteuning. Ons het mekaar! Hier kan ons huil en lag, ons vrese deel en mekaar se kruisies help dra met humor wat skrik vir niks, nie eers vir spookbeelde en kriewelgoete nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 10, 2021, 04:44:52 PM
Was maar net 'n grappie Antjie Patat.  Hoop jy sien dit so.   :love7:


Die ouens hier op die forum ken my en hulle vat my nie kop toe nie.   :pottytrain2:   Skuus, druk aanhoudend die verkeerde een.  :icon_biggrin:   :bootyshake:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Antjie Patat on November 10, 2021, 11:06:59 PM
PM.... hahahahahahaha natuurlik....ek het voor in die ry gestaan toe lag uitgedeel is.... :sign10: :love7:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 11:46:30 PM
Weet van vooraf hoekom ek die forum so lief - ek hoor hoe lekker skaterlag Antjie hier en my oog vang die titel van ons onderwerp... ons het 'n unieke sin vir humor deur dik en dun, botter of wors van die lewe se pantoffelregering, skeisake is nie hier 'n opsie nie want dit lei na die lang dun boompies en 'n sesvoetgat. Ek het engtevrees, so ek klou vir lewe en dood.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 11, 2021, 04:03:45 PM
Party mense het maar 'n ou dun velletjie en ek kan maklik, sonder 'n bedoeling, op iemand se tone trap.   :nono:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 10:47:26 PM
Hoe ouer ons word hoe dunner word die velletjies. Die are skyn later so koninklike blou deur en die rimpels ... nou't ek vergeet wat ek dit mee wou vergelyk lol. O ja, die rimpels laat jou twyfel of dit jou hande of jou ma sin is. Die wagte voor ons monde/vingers het ook al die wyk geneem en word ons gedagtes ontbloot sonder sensuur op die flitsende skerms. Dalk moet ons nou op die 'rype ouderdom' ook besef dat ons woorde dieper sny as die spreekwoordelike swaard en besin voor ons ligtelik 'n plasing maak en op tone trap wat reeds bloedblase het wanneer die lewenspad jou kaalvoet deur dorings en distels neem op jou tog na die onbekende....
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on November 12, 2021, 04:32:57 AM
My hande verbeel hulle lankal dat hulle 'n liefdesverhouding het met my oumagroot.  "Never mind" my ma se hande.  :bootyshake:
Die laaste twee weke  verbeel my voete  hulle dat hulle partytjie ballonne is.  Dit is ongelooflik lastig. 
Hulle hallusineer!
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2022, 11:45:39 PM
Daar is 'n paar dinge in my lewe wat ek liewers nie sou wou weet hoe dit voel nie 😅 Soos onder andere die kere wat ek die afgelope paar weke my al vergaap het aan die handsome man in ons pandok se slaapkamer/kombuis/sitkamer en dan agter te kom hy is niemand anders as my geliefde Outoppie nie.

As jy nog nooit regtig verligting ervaar het nie, glo my - die ene vat die koek, versiering en al.

Ons het ook agtergekom dat dit help teen die hallusinasies wanneer ons die sagte beligting snags gereeld verander, verdwyn dit vir 'n aand of twee. Selfs net om 'n skildery wat skielik 'lewe kry' weg te neem of te vervang met 'n ander een, bring verligting. Nog steeds kan ek al hierdie verskynsels aan Outop verduidelik wat ek sien, dus helder wakker.

Innig dankbaar dat ek nog steeds weet dat dit nie werklik is nie. Hoe geseend is dit nie!

Soos die tyd aanstap sal ek regtig 'n boek kan skryf oor wat ek al gesien en beleef het. Bloos. Hoe beskryf jy aan ander dat 'n miniatuur Liewe Jesus op jou spieelkas sit en kaart speel? Dan vlieg die piepkleine kaarte so deur die lug en jy wonder of dit 'n voorbode is dat jy geweeg en te lig bevind is...

Ons horlosie wat verspot die rieldans gaan ek nie eers probeer beskryf nie. Dalk ook beter dat ek niks vertel van die papegaai wat my treiter en op 'n stokkie en heen en weer onderstebo swaai (nie deel van die oorspronklike skildery) en dan wegvlieg uit die skildery nie. Die kunstenaar draai verseker om in sy graf.

Die lysie van onsigbare gedoentes wat jy sien word langer en langer... en dit wat jy onthou hoe sekere dinge gedoen word, korter en korter. Kopkrap as jy op 'n dag nie weet hoe werk 'n foon of jou mikrogolf of tablet nie.

Jy weet 'n paar skroewe en moere in jou brein is stelselmatig besig om te strip en 'n plan van aksie in 4x4 mode, is broodnodig voordat die Goliat figure en miniatuur kreature teen die mure jou geleende asems ook steel 😜

Jy oorweeg dit om die teels in jou kombuis met graffiti te versier:
*Moenie wegloop as die kraan oop is nie.
*Moenie wegloop om op FB te gaan loer as jy kosmaak nie. 
*Moenie met die TV kontrole probeer bel nie!
*Jy hoef nie jou kieter kat wat niemand anders kan sien, te voer nie.
*Die bed se kontrole vou jou soos 'n toebroodjie as jy die kanaal op tv daarmee probeer verander. Jy kan ook nie met hom bel nie!
*Onthou Outop se raad: My love, my dear, my darling is goeie plaasvervangers vir name van geliefdes - veral kleinkinders!
*Moenie jou maat beskuldig dat hy die poeding alleen verslind het nie... hy sal getuig jy het jou deel gehad EN vertel hoe jy dit geniet het.

Een van die naarste moet nie's was verseker toe ek soos gewoonlik voor die badkamerspieel staan om my grimering te verwyder en 'n sterk reuk my hand tot stilstand bring by die hoek van my oog - ek wou my naellak verwyder en gewoonlik doen ek dit met die geleende asems aan weens die sterk reuk. Hoekom ek dit daardie dag verwar het met my aandroetine weet nugter alleen maar het dadelik 'n dankgebedjie gedoen want hierdie fout kon baie lelike nadraai ingehou het.

Alles in ag genome besef jy een ding so helder as die onsigbare: Iewers het 'n dief hom tuisgemaak tussen die neurons in jou brein.  Daar is nou nie meer omdraai nie.

Opgee was nog nooit 'n opsie nie, ook nie as jou pad kruis met 'n potensiale breindief nie en jy weet die pad vorentoe is vir ons almal onbekend. Diegene van ons wat geseen word met rype ouderdomme begin vergeet - die geheim bly steeds om nie oorboord te gaan met wat bloot net normale veroudering is nie en die simptome wat kommerwekkend is, getrou aan te teken en aan jou mediese span te noem.

En so doet ons elkeen voort en dra sy of haar kruis in die lewe.

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on May 27, 2022, 01:47:49 PM
Wow Raaitjie, dit klink soos Alice in Wonderland.   :toothy4:
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on June 16, 2022, 11:42:00 PM
Sou dit nie wonderlik wees as daar 'n kamera was wat die verskynsels kon vasvang nie? My skoondogter en kleingoed kuier vir twee maande in Australia en toevallig hoor ek hoe sy vir ons Meisiekind noem dat sy bittergraag 'Mum se goete' vasgevang wou sien met kwasstrepe op canvas - "Meraai in Wonderland"   :angel4::icon_bigsmurf:

Ek het ook 'n voorsmakie gekry van die sogenaamde showtime en die uitputting daarna wanneer jy dopgehou word. Ons kinders het elkeen hulle kroos probeer voorberei dat Ouma dalk van tyd tot tyd bietjie 'anders' gaan optree waaroor ek oneindig dankbaar voor is. Jy het ogies wat jou nuuskierig dophou en ek dank die Liewe Vader vir die humorgene wat bruisend ook deur hulle lyfies pols. 

Ouma se blapse lei tot groot vermaak vir oud en jonk. Skoondoggie het die oomblik wat die oudste nefie kom groet het, die kosbare oomblik vasgevang wat hy glimlaggend groet met: "Hello Oma! Ek is Jason...."

Ons twaalfjarige Amerikanertjie groet my elke keer as hy verbystap met dieselfde wye glimlag en glinster in die ogies: "Hello Oma!" met die hoop ek misgis hom met een van die ander en verkrukkel homself dan daaroor as hy 'n nuwe naam kry. Hulle wag geduldig as ouma al die knoppies van die mikrogolf druk en toon geen ongeduld as ek se ons sal nou-nou weer probeer nie. Blessed beyond words inderdaad.

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on June 17, 2022, 07:31:25 AM
Halo Raaitiie, ek is PM.  :toothy4:
Ons kan dankbaar wees vir die komiese deel wat verligting bring. 
Die ouderdom stap aan en my ou kop wil ook nie meer alles onthou nie.Ek bevind my hoeka by die yskas as ek  by die stoof moet wees.
Hoop dit gaan aders goed met julle.
Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2022, 06:35:21 AM
Hi PM, ek is Raaitjie ala Meraai vannie baai lol.

 :icon_biggrin: Diekant van die aardbol skop ons nog steeds voort baie dankie en hoop om dieselfde van jou te hoor. Gou stukkie raad wat behoort te werk: Yskas bly koud, stoof word warm  :toothy4: Van die yskas na die stoof, het ek goeie nuus.

Met groot verligting kan ek kom getuig dat enige verandering aan jou onmiddelike omgewing, 'n massiewe verligting kan meebring vir diegene wat spook met hallusinasies.

Die week voor ons kinders van Amerika kom kuier het, het Outop en ek besluit om in die onderste deel van ons pandok genaamd 'die grot' in te trek sodat daar spasie bo is vir ons skoondogter en kleingoed. Na aanleiding van voorstelle en raad deur ander lyers/familielede/versorgers van pasiente het ons 'n toets gedoen om te sien of dit 'n verskil in voorkoms gaan maak vir my persoonlik.

Uit eie ondervinding kan ons getuig dit het beslis 'n verandering te weeg gebring! Voorheen het ons agtergekom dat selfs die nietigste verskille soos beligting, skuif van 'n skildery ens. 'n verskil maak. Nou het ek die slaapgedeelte onder in die grot vir ons so ingerig dat ons kan wissel sodra die hallusinasies my slaappatroon te veel beinvloed en dit is wonderlik om drie of vier dae sonder enige kennismaking met die onsigbare te leef!

'n Groot hulpmiddel was en is nog steeds die studies rakende verskeie breinafwykinge wat my die afgelope drie jaar besig hou.

Een belangrike feit wat ek wil beklemtoon is dat dit glad nie beteken jy is abnormaal en sertifiseerbaar wanneer jy skielik dinge sien, hoor, voel of ruik wat niemand anders kan nie. Bekom betroubare inligting en hou jou verstand besig. Jy kan nog steeds suksesvol funksioneer met minimum aanpassings en onthou, jy is nie 'oor die muur' nie en moet niemand toelaat om jou minderwaardig te laat voel nie. Druk jou stempel af soos nog nooit tevore nie!


Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: Meraai vannie Baai on June 22, 2022, 09:36:35 AM
Ek het voorheen 'n plasing gedeel oor Robin Williams. Het vandag hierdie raakgelees op die gevreetboek en deel dit graag weer want wat vir my hierdie keer uitgestaan het is die feit dat Robin dalk te skaam/bang/beangs was om te erken dat hy hallusinasies ervaar het:

Susan Schneider, Robin Williams' wife, has become a WONDERFUL advocate & educator about Lewy Body Dementia!
"Williams was eventually diagnosed with Parkinson’s disease in May 2014.
In her editorial piece written for Neurology, she noted that his symptoms escalated to problems with paranoia and insomnia.

Autopsy results show a 40 percent loss of dopamine neuron and the late comedian’s widow shares the heartbreaking symptom he likely hid from her.

She wrote:  “I experienced my brilliant husband being lucid with clear reasoning 1 minute and then, 5 minutes later blank, lost in confusion.”
In 2014, the world was shocked to learn of comedy genius Robin Williams’ death by suicide at age 63.       

Adding salt to the wound was the heartbreaking news of his diagnosis of Parkinson’s disease and his suffering from Lewy Body Dementia (LBD), one of the rarest but most deadly brain conditions.
 
Unbeknownst to fans, Williams began exhibiting symptoms in 2013.  One year later, fans, friends, and family of the Good Will Hunting actor would be grieving such a devastating loss.

According to Schneider, when she and Williams first attended a neurologist’s office,
“Robin had a chance to ask some burning questions.
He asked, ‘Do I have Alzheimer’s? Dementia?   Am I schizophrenic?’
The answers were the best we could have gotten: No, no, no.

There were no indications of these other diseases.  It is apparent to me now that he was most likely keeping the depth of his symptoms to himself.”
However, upon consultation with a neurologist, Williams was informed that he had neither Alzheimer's nor was he schizophrenic.
In fact, he encountered “nearly all of the 40-plus symptoms of LBD, except for one.”

In a piece the actor-comedian’s widow, Susan Schneider, wrote for Neurology, she states her husband never said he had hallucinations.
Nevertheless, doctors later noted he might have been concealing symptoms from those close to him, suffering in silence.

After Williams’ death, Schneider consulted four doctors who all agreed the case was the “worse pathologies they had seen.”

Title: Re: Die komiese hel van hallusinasies
Post by: PM on August 26, 2022, 11:39:27 AM
Ek het gou weer hier kom lees nadat 'n vriendin vertel het hoe sy "dinge sien".
Sy het hierdie inskrywings gelees en wil graag hê ek moet jou hartlik bedank vir die inligting. 


Met my en Hannes gaan dit goed.  Hier in die stad is daar baie lekker dinge maar blaffende honde, jagende voertuie, whee whee van ambulanse, woer woer van helipkopters en lawaai van vliegtuie is nog baie steurend.  Hopelik  sal dit met die tyd beter raak.


Hoop dit gaan goed met jou en Outoppie.  :love7: