Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 12, 2021, 05:31:08 PM

Title: Verkoue
Post by: adele on September 12, 2021, 05:31:08 PM
Ag liewe oupa aspirien
my kop die is so seer.
Ek het geleer by ouma Lien
dat jy verligting gee.

My ore pyn daar binne:
dis steke, het sy ook gesê.
Deur my keel kan ek nie sluk-
ek wil tog net gaan lê.

My oë traan aan elke kant,
my neus loop amper weg.
Dis kliere wat so bultend staan
hier weerskant van my nek.

Ek hoes en proes en hap na lug
ha… ha…  nies, ek wou nog jok.
Verkoue! Sê ouma met ‘n sug,
vir veertien dae is jy gehok.

©adéle theron
Title: Re: Verkoue
Post by: PM on September 12, 2021, 05:34:13 PM
Dankie vir die deel Adele.  Jy is 'n ster. 
Title: Re: Verkoue
Post by: adele on September 12, 2021, 05:36:18 PM
Dankie liewe vriendin  :love7:
Title: Re: Verkoue
Post by: PM on September 12, 2021, 05:38:54 PM
Vir lank het dit sleg gegaan met my gesondheid, maar na 'n tweede beroerte aanval is ek besig om weer my varkies stadig maar verseker in die hok te kry.  Dit gaan nog maar moeilik, maar die mense om my is wonderlik en hulle verstaan waar die druppel aan my neus vandaan kom sonder dat ek daarvan bewus is.  Dit gaan elke dag beter.  Ek is so dankbaar dat jy kom saam kuier. 
Title: Re: Verkoue
Post by: adele on September 12, 2021, 05:45:31 PM
En ons wis van niks  :icon_scratch: liefliewe vriendin, baaaie sterkte en  :love7:  :love7:  :love7:
Title: Re: Verkoue
Post by: PM on September 12, 2021, 05:47:13 PM
Dankie matertjie, maar dit gaan baie goed.   :love7:
Title: Re: Verkoue
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2021, 11:15:07 PM
Welgedaan lief Adele! Ai PM, spesiale drukkie vir jou. Wonder ek of jy 'n notatjie in jou beursie/handsak het met inligting oor jou adres, naam en van, kontakpersone vir ingeval jy so deurmekaar raak dat jy verdwaal en nie wis of jy mevrou of juffrou is sniksnik  :crybaby2:
Title: Re: Verkoue
Post by: PM on September 12, 2021, 11:29:49 PM
Gelukkig gaan die uwe nêrens heen sonder haar ander helfte nie.  Wat praat mevrou dan nou oor 'n handsak.  Ek sal liewers dood aangetref word as met 'n handsak.  Ek dra dit niks nie.  Ek sê mos vir julle, as jy 'n man het, het jy nie 'n handsak nodig nie!  My man het alles, die padkaart en die kredietkaart.  Die mediesekaart en die Makrokaart.  Kan jy jou nou indink oor hoe verlore ek sal wees sonder my man?