Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Assie on September 12, 2021, 06:53:57 AM

Title: Kaapse Draai
Post by: Assie on September 12, 2021, 06:53:57 AM
Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse Draai
Kaapse Draai Kaapse Draai
Kyk hoe ry die kêrel dat die stof so waai
Stof so waai aai aai
Luister na die perde dit galop galop
En die kar se wiele dit gaan om om om
Selfs die draaghout antwoord met 'n klop klop klop
En die kêrel skree hardop pasop
Wag 'n bietjie vir my by die Kaapse Draai
Kaapse Draai Kaapse Draai
Ek wil met jou saamry na Saldanha Baai
Aai aai aai aai aai

 :mumum: :mumum:
Title: Re: Kaapse Draai
Post by: Naas on September 12, 2021, 06:01:46 PM
As daai kerel 'n Langkloofdraai gooi beter jy hom vang.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kaapse Draai
Post by: PM on September 12, 2021, 09:18:19 PM
Ja-nee Assie, dit klink vir my of die mannetjie 'n lyfie kan swaai!