Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 10:42:51 PM

Title: Gaan toer vir 3 maande
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 10:42:51 PM
Ek gaan vir die volgende 3 maande (van Junie tot begin September) stil wees. Ons gaan uiteindelik 'n langverlof neem en ons nuwe stokperdjie (fossicking) beoefen terwyl ons toer met die wieletjieshuis. Die toer sou eers einde volgende jaar vir ses maande aangepak wees maar het besluit terwyl ons gesondhede nog hou - liewer laat as nooit  :icon_biggrin:
Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: PM on May 24, 2021, 04:07:36 AM
Dit klink regtig lekker.  Hoop julle ontdek 'n fortuin hoor. 
Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2021, 05:17:18 AM
As vrede en geluk geweeg kon word sal ek positief kan getuig dat ons verseker 'n fortuin ontdek het PM  :hello2:
Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: Assie on September 03, 2021, 09:47:44 PM
Welkom terug Ta Raaitjie.
Bly om te hoor julle kon bietjie die gatkantland platry.
Al wat ek deesdae platloop is my driveway. (Ek wou se oprit maar dan klink dit of die driveway opgeraak het.) Ek het nie eers geld om op ons plaaspad te gaan toer nie. Die kakestokrasie van ons land steel tot die suiker uit ons koffie uit.


 :mumum:
Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: PM on September 06, 2021, 09:03:51 AM
Welkom welkom!  Die forum was doosstil doodstil sonder jou.   :angel12:
Ja, as ons vrede en geluk kon weeg sou ons ook beslis 'n fortuin ontdek het.  Dit is nou te se as 'n mens by al die hartseer verby kyk.
Ek kyk graag na die program: Bizare bodies.  Dit laat my elke dag opnuut dankbaar maak vir dit wat ons het.
As ek kyk hoeveel blanke bedelaars op elke hoek in ons stede staan, dan is ek weereens baie dankbaar vir die goeie in ons lewens.   :hello2:


Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:25:54 PM
Die spul verkeersligboemelaars krap my net om.
Hier in die Kaap het hulle nou wet gemaak dat boemelaars wat nie van die nagskuilings gebruik maak nou beboet gaan word.
Nou vra ek jou met trane in my katterak oe... Die mense het nie die R5 fooi vir die nagskuiling nie... Waar gaan hulle geld kry om boetes te betaal? Steel???

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan toer vir 3 maande
Post by: PM on September 12, 2021, 05:44:53 PM
Hier sien jy sommer langs die pad skuilings opgerig en mense slaap daar.  As jy nie werk het nie het jy nie geld nie.  Ek stem, wat gaan hulle doen as 'n ou nie sy boetes kan betaal nie.  Hulle opsluit?  Gratis verblyf en drie etes per dag?