Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 20, 2020, 05:13:14 PM
Title: Ons mooi land brand
Post by: adele on October 20, 2020, 05:13:14 PM
Ek kry geen afdeling waar ek hierdie verskriklike gebeurtemisse kan deel nie en al lê dit die sosiale media vol, kan ek nie daar oral sê hoe ek voel nie. Seer, stukkend vir ander (Kleinklein bietjie vir onsself, maar ons skade is 'n druppel vergeleke hiermee) woedend, angsbevange, in gebed verlore, stry teen vloek en skel, weer gebed om vergifnis, huil saam met groot manne .....
"Skrikwekkende tonele speel tans in die Vrystaat af waar duisende hektaar weiding in die distrikte Hertzogville, Boshof, Dealesville en Bultfontein in verwoestende brande vernietig is. Die brande het vermoedelik ontstaan na betogers buitebande en ’n stuk veld buite Hertzogville aan die brand gesteek het. Honderde stuks vee waaronder beeste en skape is dood of moes van kant gemaak word. Rooibokke, blesbokke en swartwildebeeste moes ook geskiet word. " Die spul het glo betoog omdat boorgatwater brak proe :crybaby2: :dontknow: :crybaby2:
net enkele links .... ek weet nie of dit sal oopmaak nie.
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: adele on October 21, 2020, 08:31:50 PM
Vanaand oorstroom die seer my hart snak ek na lug wat verby my vloei, asemteue wurg deur my keel snik ek woorde sonder klank; magsverslaaf aan veldrook en haat, het hul in boosheid weer ‘n vuur begin.
En die aarde het verbrand! geen heuwel, veld en vlei meer oor, geen soetdoring om geel donsies in die draai van somer te vorm, geen riet of rooigras in ‘n sloot geen groen sprietjie deur dou gevoed.
Verstikkende in rookwalms wat elk windrigting trek swart roet verpoeier tot stof, sy voete tree oor verbrande aarde sy hart krimp ineen oor die dood. skoot op skoot eggo ten hemele om vee en wild se lyding te stop!
Hoe, o God, en waarheen VaderHeer, waarheen hiervandaan vorentoe? en hulle wat bakhand voor jou staan die wete ook hulle toekoms is gedaan geen boerdery geen tuiste geen ete die graanskuur is hier nie meer.
Wie gaan nou weer hier begin, ‘n boerdery opbou en in jul voorhuis weer saans uit hul familiebybel lees, saam bid en ‘n loflied sing? want groot manne is moeg gehuil die toekoms leeg, niks eers meer te vrees.
Maar na skemerdof herinner weer ‘n ster aan ons boere se saamstaan en heropbou as ons broos in donkergrot wou kruip. genadig hande vat en op God vertrou as ons trane oor Christus se voete vloei en plaasgeluide weer oor ons skouers vou.
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: Meraai vannie Baai on October 27, 2020, 12:20:59 AM
:crybaby2: :dontknow: :color:
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: PM on November 17, 2020, 05:09:40 PM
Pragtig uitgebeeld en goed deurdink. Gelukkig is daar altyd 'n nuwe begin. :icon_salut:
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: adele on September 13, 2021, 01:14:21 PM
Verlede jaar is groot groot dele veld van die Vrystaat in aaklige, aspris-brande vernietig. Vanjaar nog meer. In Juliemaand is duisende groot plase se weiding al vernietig. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/brande-in-vrystaat-verwoes-derduisende-hektaar/ https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/videos-vrystaatse-plase-beskadig-tydens-brand/ https://rosestad.co.za/veldbrand-buite-bloemfontein-rig-groot-skade-aan/
En verlede naweek het die ramp Ventersburg getref. 'n Vuur het so ent van ons af begin en die stormsterkte wind het dit gejaag ... die einde is swart waar niks oorgebly het nie. 'n Huis het amper-amper vlam gevat toe kooltjies in die droë blare in die geute geval het. OP die ou end breek die magteloosheid om teen vuur te veg, enige een se moed. Maar nie ons vriende hier s'n nie. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-vakansieoord-in-die-slag-toe-veldbrand-versprei/ https://www.ofm.co.za/article/agri-hour/308523/talle-vee-weivelde-en-infrastuktuur-beskadig-in-vs-weens-veldbrande-
(Ons plaas is hier gespaar gewees en ons is so dankbaar nadat ons dit drie keer in die vorige vier jaar moes aanskou en keer dat die hele plaas se weiding nie vergaan nie. Ons mede-Boere se hulp is onskatbaar waardevol, God se genade so onvertelbaar hoog)
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: adele on September 13, 2021, 01:16:10 PM
wanneer niks oorbly nie
vanaand huil 'n veld vol niks wanneer swart as om jou voete warrel en jy asem soek en verstik
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: PM on September 13, 2021, 02:28:17 PM
Dit is erg. My hart gaan uit na ieder en elk wat deur hierdie wandade geraak word.
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 11:24:25 PM
Van asem soek en verstik tydens brande wis ek alte goed liefste Adele. Ons moes kilometers ry opsoek na 'n plek waar dit rookvry is en ten duurste inboek in 'n motel om te oornag waar Outop die volgende oggend nog betyds by sy werk kon kom. As dit nog brandstigting ter verwoesting is, huil ek saam met die veld sniksnik.
Title: Re: Ons mooi land brand
Post by: adele on September 14, 2021, 02:05:32 PM
Ek onthou julle oneindige brande .... :crybaby2: :crybaby2: was sooo bly julle het nog asem iewers kon kry :love7: