Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 03, 2020, 09:21:38 PM

Title: Lewenstorm
Post by: adele on October 03, 2020, 09:21:38 PM
Die lewenstorm het als verniel,
die natuur verpletter en vergruis.
’n Bejaarde boom diep ingewortel
uit sy eeu-oue akker geruk;
stroef dog sonder bitterheid
kom hy by sy laaste rusplek aan.

Slegs geliefdes wat seer aanskou
hoe sy takke in vuur en as vergaan,
maar liggies dartel ’n laat sonstraal nou
in die waterkreukels op die dam
en verf reënboë in die druppels
wat aan die wilgerboom se blare hang.

En aan elkeen wat hierdie maande
tussen die mure van julle woning worstel,
onthou dat geen oomblik verbygaan
wat ons hemelse Vader julle nie bystaan …
jul arms hoog hou en jul versorg
met mensehande en omgee en vertroue.

©adéle theron
Title: Re: Lewenstorm
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2020, 11:54:45 AM
Soos altyd hou jou woorde ons nederig lief Adele.  :notworthy: :love7:
Title: Re: Lewenstorm
Post by: adele on October 06, 2020, 02:09:09 PM
Dankie, drukkie vir jou  lief Raaitjie  :hello:
Title: Re: Lewenstorm
Post by: PM on September 13, 2021, 12:29:59 AM
Ek dink ook so sal ons elkeen by ons laaste rusplek aankom.  Dit is tog so dat ons geboortedatum die begin van die einde is.  Elkeen van ons sal hierdie pad gaan, maar intussen kan ons met 'n lied in die hart, die lewe omarm en met vreugde die deuntjie sing.