Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: PM on June 26, 2020, 03:44:20 PM

Title: 'n Uitdaging
Post by: PM on June 26, 2020, 03:44:20 PM

Hier is die uitdaging aan almal wat 'n pen wil waag op gister se papier.

Ek het vir Raaitjie geskryf:
Ek gaan "'n Uitdaging" plaas by 'n nuwe onderwerp.  Dit gaan oor die "truspieeltjie" wat ek deesdae in my sak saamdra.  As niemand kyk nie dan haal ek dit skelmpies uit en staar daarin terug na gister.


Dalk kan almal help deur 'n mooi gedig te skryf, dan kan Raaaitjie of enige iemand anders, almal sy bydraes saam vleg om een gedig te maak.  Wie speel saam?
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Assie on June 27, 2020, 01:16:57 AM
In my truspieeltjie se venster
trek ek die blommetjies gordyne oop
en ek loer deur die ruite na gister.

Gister...
So lank al verby...
Gister...
Hartseer en verlies...
Gister...
Vreugde en vrede...

Gister se vrot appels
bemes die bloeisels van more.
Gister se vreugde-oes
verlig die pad na voor.

Maar heelaas
is gister agter my,
En as ek omkyk omkyk gaan
Kan ek dalk in more
se appelboom vas ry.

So spieeltjie spieeltjie in my hand
Waar sal my kopligte more brand?

 :mumum:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on June 27, 2020, 02:07:44 PM
Pragtig Assie.  Dankie vir die saamspeel.  Ek skribbel nog aan myne. 


Oom Hannes seg mos, hoe meer haas hoe minder skilpad.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Naas on June 27, 2020, 06:32:58 PM
Aai Assie. Daai kopligte.

In my truspieeltjie
verdwyn die gisters
teen sestig minute per uur
in die horison se vergeetmy lyne.

My hart verlang
na gister se mense
wat verklein en verdwyn
in die vergeet van my truspieeltjie.

Terwyl die stof gaan lê
en beelde vervaag
in die vergeet
en verdwyn in die gisters,

snel ek blindelings
die toekoms in
na onbekende paaie
teen sestig minute per uur.

en more...
more verdwyn vandag se mense
in die stofwolk
van die horison se vergeetmy lyne.

in die horison se vergeetmy lyne.
teen sestig minute per uur
verdwyn die gisters
In my truspieeltjie


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on June 29, 2020, 11:55:55 AM
Die gedig laat my voel asof dit soos 'n horlosie lees. Al om en om, sestig minute per uur . . .
Baie goed gedoen Naas. 


Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on June 29, 2020, 01:41:02 PM

Hier is my poging.  Kan julle help asseblief?


Soos ‘n muil is ek
met oogklappe aan.
Blind vir gister,
gefokes op more.
 
In my truspieël
sien ek jou     ‘n mirage van gister.
Jou beeld bewe
in de golwe.
 
Hoekom nou     nou
ontsnap jy uit my gister,
bekruip jy my van agter,
 volg jy my,
wek jy emosies
wat ek lankal verban het.
 
Ek plaas ‘n bewende hand
op my toegeklampte hart
om die rukking te beheer.
 
In my truspieël
sien ek jou verdwyn
agter  die heuwel,
in die stof,
terug in die verlede.
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2020, 10:54:47 PM
Lief PM dink dit kan 'n pragtige saamskryf-projek word.  Ek sal myne ook aandra, net eers die grysstof olie! Julle gedigte is pragtig en gee my 'n blik op julle gisters.

 :notworthy: :book1:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on June 30, 2020, 12:59:58 AM
Truspieël Poësie

Die gordyn het gesak en verwagtinge
word gestewel en gespoor weggevoer
na dáár waar ons môres, geïllustreerd
in gisters se as lê ...

*ek het die slotvers geskryf (?) :hello: :read2:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on June 30, 2020, 11:39:59 AM
Dit is regtig baie mooi.  Nou moet die Woorddief alles bymekaar gooi en een gedig skryf.  Ons kan dalk 'n bietjie wag, dalk is hier nog iemand wat wil saamspeel. 
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on July 01, 2020, 01:31:24 AM
Hopenlik kom skryf nog ouens saam. Vandat jy die uitdaging gerig het aan ons, draai my gedagtes in sirkels en ek besef dat ons aan gister nie 'n jota of titel kan verander nie. Dit is verby en tog ry dit ons nog bloots. Paar keer gelees dat ons vandag nog kans het om more se gister te vul met mooi en kosbare onthou.

Ter nagedagtenis: PM, gaan jy dit nog oorweeg om die forum oop te stel? Het die ander maters laat weet hoe hulle voel oor dit? Skiesie vir al die vra maar ek het gesien hoeveel keer hierdie onderwerp ook alreeds gelees is vandat jy dit geplaas het en daar is beslis nog lesers wat die forum geniet, ek weet ons is letterlik net 'n handjievol wat betrokke is op die oomblik  :crybaby2:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on July 02, 2020, 03:47:02 PM
Ek sal die vraag vra en hoor wat sê die ouens.  As dit nie werk nie kan ons dit weer toemaak nê?
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2020, 11:18:54 PM
Sonder twyfel ja! Dit is net 'n deur en jy het die sleutel  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on July 08, 2020, 10:26:16 AM
Ek plavei nog die pad na die deur toe.  Ons het ook 'n transformator verloor en jy weet hoe gaan dit op die platteland.  Wag, want as ons nie krag het nie het ons nie opvangs nie.  Die probleem is darem gister laataand opgelos. 
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: adele on July 13, 2020, 09:53:49 AM
Dis ‘n verbytyd wat agter die donker horison wegraak
die ure wat dae en weke en maande geword het
en tussen die onrus en stiltes lê ook humor.
In my truspieëltjie verhelder sonstrale
die vlaktes se wydheid waarvandaan
ons kinds-opgewonde getrek het
maar ons harte agtergelaat:
klowe vol seer en trane
roofwoorde vol woede!
Hier val ons nou neer
vergifnis te smeek
soekend na nuwe
oggendspore
Heer, lei ons
ook verder,
tot by U,
Amen

©adéle theron
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on July 14, 2020, 07:42:34 AM
 :notworthy: :icon_salut: Al was daar geen naam by die plasing sou ek geweet het wie was die skepper!  :hello2: :love7:
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: adele on July 15, 2020, 12:50:26 PM
dankie lief Raaitjie xx
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: PM on July 15, 2020, 04:03:24 PM
Dit is pragtig geskryf, en ja voorwaar, dit dra jou stempel liewe adele.   :love7:


Julle moenie dink ek is so skaars omdat ek 'n keuse het nie.  Hier by ons het dit woes gegaan.  Ons het ons eie "losie" hier: 
Kragteloos
Waterloos
Leweloos
en dit als maak mens lusteloos!  Nou is ons nog drankloos ook!  Nou is dit tyd vir skop en donder.   :crybaby2:


Ek probeer ook nog vir Andre in die hande kry. 
Title: Re: 'n Uitdaging
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2020, 11:54:16 PM
Sterkte mater. Die onsinnige reels maak mens moerig sonder twyfel  :pottytrain5: