Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 03, 2020, 01:11:58 PM

Title: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: adele on June 03, 2020, 01:11:58 PM
Goeie môre vriende

Vandag is al die hoeveelste dag in die grendelstaat van ons mooi land. Ek het nooit die dae getel nie. En of daar nou ‘n einde in sig is, of dalk nie, maak nie saak nie.
Sommige mense was - en is - gelukkig om regdeur te kon werk, om heeltyd versorg en sonder die eensaamspook te kon wees, maar ander is minder gelukkig. Daarom vandag ‘n gebed vir julle.

VaderHeer, ons enigste HemelHeer wat ons lief het, deur Christus en u Helige Gees ons lei en dra en versorg, ons kom na U toe met ons alleenheid en ons bekommernis, ons glimlaggies wat ons met niemand kan deel nie. Ons is dankbaar as iemand net by die hekkie verbystap. Ja, vanoggend kom lê ons ons hartseer en ons vrese voor U neer. By die waterstroom wat by u voete verbyvloei, kom koel ons ons hande en gesigte af. Dankie Here, dat ons na ander kan uitreik, kan afbuk na iemand om hulle op te tel.

Here, laat ons vanoggend ons Bybels oopmaak en daarin klim om ‘n pad met U te stap. Dankie dat ons lig in hierdie tonnel kan ervaar, ‘n liggie wat al hoe helderder word hoe verder die dag en week en maande aangaan. Moet nie dat ons agterbly in die skaduwee van vrees en eensaamheid nie.

Ons bid vir elkeen wat swaarkry, vir elkeen wat bang was vir hongerly en wil ook dankie sê vir elke hand wat ander versorg en voed. Dankie vir u oneindige wye genade. dankie dat ons deur Christus, ons liefde ook vir U kan bring.
Amen, amen Here
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: Meraai vannie Baai on June 04, 2020, 07:14:36 AM
Dankie vir omgee matertjie  :love7:
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: PM on September 13, 2021, 12:33:56 AM
Werklik!  Omgee is deesdae so skaars.  Lief jou matertjie.   :hello2:
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2021, 02:14:00 AM
 :book1: :notworthy: Eensaamspook in die grendelstaat is weggedra matertjie  :love7:
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: adele on September 18, 2021, 04:21:57 AM
 :love7:
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: PM on September 20, 2021, 04:34:30 PM
Ek weet net dat dit heeltemal te lank is!  :dontknow:
Title: Re: Vir vandag, die hoeveelste dag...
Post by: adele on September 20, 2021, 05:36:00 PM
En die kanse op 'n lewe daarsonder is baie skraal.  :dontknow: :crybaby2: