Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 10, 2020, 10:45:45 PM

Title: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2020, 10:45:45 PM
Die uwe is dringend opsoek na 'n mooi Afrikaanse saamgestelde uitdrukking vir 'paingry' want ek is verby g*tvol vir pyn en ongemak  :angel4:
'A state of anger, caused by long term pain'.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/894d6c2c-9295-4365-b5ce-21520bd409ab-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/894d6c2c-9295-4365-b5ce-21520bd409ab)

Ek het 'n paar ontvang by ons Asemdiefbewusmakings groep op FB:

Antionette de Bruyn - Moerigseer.
Quiza Gunter - Pynbefoeterd
Helene de Lange - Gemoedsbek*kking
Anastasia Bester -  Seerbed*nnerd

 :book1: :bootyshake: :hello2: :notworthy:

Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: adele on January 13, 2020, 06:43:58 PM
ek hou van moerigseer ...  :sad5:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2020, 11:17:10 PM
Beslis my voorkeur ook matertjie!  :book1: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: Assie on June 03, 2020, 09:58:16 AM
As Oupa se rug hom so pla is hy gewoonlik pynbedonnerd.

 :mumum:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2020, 10:42:13 AM
 :toothy4: :headbang: Wanneer laas het ek daardie uitdrukking gehoor Assie. Rol dit skuldig van kies tot kies en dit voel so volksbekend.  :headbang: :hello2:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'paingry'
Post by: PM on June 24, 2020, 01:30:16 PM
'n Mens kan werklik moerig raak oor elke dag se pyn en lyding. 


Pynbemoerd.  Moet nou nie vir my kom vertel dit is 'n vloekwoord nie.  Pyn opsigself is 'n vloek!