Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 02, 2020, 06:25:16 PM

Title: het jy vir my ‘n madeliefie
Post by: adele on January 02, 2020, 06:25:16 PM
het jy vir my ‘n madeliefie
met hy-het, hy-het-nie blaartjies
oranje     geel     wit
ek wil dit aan iemand gee
en agter wag-‘n-bietjie gaan skuil
sodat ‘n piet-my-vrou
so fluit-fluit haar boodskap
oor die wind na my kan sein   
 :toothy4: 

©adéle theron

Title: Re: het jy vir my ‘n madeliefie
Post by: Meraai vannie Baai on January 16, 2020, 02:02:32 AM
Ek leen hierdie pronkbydrae ook as voorbeeld by ons praatverse liefste woordmater van my.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg29605#msg29605
 :angel8: :icon_biggrin: :toothy4:
Title: Re: het jy vir my ‘n madeliefie
Post by: PM on September 13, 2021, 12:49:04 AM
Jou skryfwerk is vir my 'n groot liefde matertjie.
het jy vir my ‘n madeliefie
met hy-het, hy-het-nie blaartjies 
Dit gryp my en ruk my terug na die dae toe ek nog 'n dogtertjie was!