Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 12, 2019, 04:43:08 PM
-
sonsondergang van die jaar
die see se ongeduld
raas in my ore
sproei
uit eeue se wysheid
'n mantel om al my vrese
skepe van twyfel
droom op haar bodem
en koraalriwwe
kleur my fynste
geheime diep weg
soveel dekades al
huppel en juig ek
deur die genadevalleie
wat my omvou
ná elke krans
waaroor ek kaalvoet klim
en aan die einde van die dag
sit ek op die grootste Rots
vou die hartstogtelike vrede
uit die sonsondergang
van die jaar om my skouers
©adéle theron
-
Het ek heerlik gestap deur jou verse en saam met jou na die sonsondergang gekyk. Altyd, mooi geskryf.
-
:love7: :love7: