Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on October 03, 2019, 02:51:26 PM

Title: Slaagsyfers
Post by: Naas on October 03, 2019, 02:51:26 PM
Soos dit deesdae in hierdie pragtige land van ons gaan moet jy al in Graad 10 by die hooggeregshof aansoek doen as jy beplan om Graad 12 te dop.
So lyk dit my wil die tendens nou deurtrek na die Universiteite toe.
In die nuus word daar nou vertel dat die slaagvereiste om as 'n Snydokter te praktiseer op die stadium 45% is. Dis nie die nuus nie, die nuus is dat slegs 14 van die 48 studente hierdie jaar geslaag het.
Die departement van hogere onderwys wil nou ondersoek instel hoekom die slaagsyfer so laag is. Word die studente nie die regte materiaal geleer nie of word die studente se tyd gemors deur die jaar.
Daar word nie eers aan gedink dat die studente net dood eenvoudig nie oor die vermoens beskik om die slaagvereiste te haal nie.
Mense, mense, mense. As die student net 30% nodig gehad het om graad 12 deur te kom, hoe in hierdie lewe verwag ons van hom om 'n snydokter te word?
Ja, ons onderwys is poer des mertes maar die kwaliteit van ons studente is nie juis wereldgehalte nie.
Jy kan 'n mens met kennis voorsien maar jy kan hom nie dwing om te dink nie.

 :icon_bigsmurf:   
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2019, 04:43:49 AM
Ek kan net my kop skud en sug. Waarheen is Suid Afrika oppad?  :icon_scratch: :crybaby2:
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: adele on October 08, 2019, 08:07:05 AM
nee Raaitjie, sulke vrae is te moeilik vir hierdie land se mense om te antwoord ... hulle verstaan nie eers die konsep van ons kopskuddende magtelose frustrasie nie.
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: Naas on October 08, 2019, 02:24:40 PM
Ek sien natuurlik vreeslik uit daarna om deur 'n snydokter wat met 45% geslaag het geopereer te word.  Hopelik het hy darem die naaldwerkgedeelte deurgekom sodat hy my darem ordentlik kan toewerk.
Met 45% kennis gaan ek sekerlik 'n 90% kans he om nie weer wakker te word nie. Maar ek wil darem met mooi steke veras word.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 11:03:29 PM
Adele, wraggies weet ek nou nie of mens moet lag of huil oor die situasie nie  :toothy4: :crybaby2: Naas, jou humorsin kry 100%  :hello2:
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: adele on October 11, 2019, 05:34:48 PM
he he, Naas, ek gedog dat jy dan baaaie geld gaan maak deur so 'n piepdoktertjie hof toe te vat vir sy mis-diagnose en 45%-behandeling wat jou amper jou lewe gaan kos ....
Title: Re: Slaagsyfers
Post by: PM on September 15, 2021, 03:18:23 PM
Kennis is een ding, wysheid is heel iets anders.   :bootyshake: