Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Assie on August 01, 2019, 03:22:25 AM

Title: Stilte
Post by: Assie on August 01, 2019, 03:22:25 AM
In die stil gange
Loop drie stilles hand in hand
Die eerste sê niks...
Die tweede bly stil...
Die derde dink: "Nou praat julle."
Want in die wysheid van stilte
Heers wêreld vrede...
Stilte verdryf die misverstand...
Stilte verdiep die liefde...
Stilte kweek nie kwaad nie...
Stilte kyk diep in die siel...
Genoeg gesê...
Stilte...

 :mumum:
Title: Re: Stilte
Post by: Assie on August 01, 2019, 03:25:23 AM
Ek hoop Oom Naas hoor die stilte hie oppie plaas.

:mumum:
Title: Re: Stilte
Post by: Meraai vannie Baai on August 01, 2019, 11:00:12 PM
Soms smag ek na innerlike stilte... welgedaan Assie!  :book1: :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Stilte
Post by: PM on August 05, 2019, 02:13:59 PM
Stilte is 'n wonderlike geneesmiddel.  Wens ek steeds ek kon 'n bus huur en julle almal kom oppik vir 'n kuier hier op die plaas.