Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 08, 2018, 09:28:35 PM

Title: As die windpomp draai
Post by: adele on December 08, 2018, 09:28:35 PM
Na elke stilte
roep God na die engele
om die windpompe te draai.
Lig nou jou arms omhoog
en laat die Heilige Gees
ook deur jou binneste waai.

Luister na sy stem
wat eggo wanneer jy angstig
of treurend na Hom roep.
Verwonder jou weer
oor ons Skepper se genade
sy Seun het vir jou geboet.

Here, hoe het U gespeel
en panorama’s beplan …
aan ons kleinvermoë gegee
om op hierdie Vrystaatvlaktes,
in ootmoed en besef neer te kniel
want U Heilige Gees neem ons mee.

©adéle theron


Lig dans grassade in die somerwind
dwarrel herfsblare later oor die veld
hang winterkoue aan Vrystaat se heinings
tot swaeltjies en botsels die lente aanmeld.

Maar wagtend jaar-in en jaaruit
staan windpompe trots en sterk en stil
nuutblink in geloof… ander arm en geroes
maar elkeen draai waarheen wind se rigting wil.

Wees in jou lewe ook stil, my kind
deur elke seisoen wil Ek by jou wees
kom vind liefde en leiding oorvloedig
deur te luister na my Heilige Gees.

©adéle theron
Title: Re: As die windpomp draai
Post by: Anton Louw on December 09, 2018, 07:10:34 AM
Baie dankie Adele -  dit is besonders.

Kom Heilige Gees, die vlaktes staan vol windpompe!