Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 31, 2018, 03:05:55 AM

Title: My kitaar
Post by: Naas on August 31, 2018, 03:05:55 AM
Ek koop vir my 'n kitaar.
Nie sommer enige kitaar nie,
Nee.
'n Twaalfsnaar kitaar.

'n Kitaar met melodiese klanke
en ek tokkel vir jou 'n liedjie.
Nie sommer enige liedjie nie,
Nee.
'n Liefdesliedjie.

'n Liefdesliedjie vol betowering
gevleg deur die twaalf snare.
Nie sommer enige betowering nie.
Nee.
Jou betowering.

Jou skoonheid wat my betower
terwyl ek in jou nabyheid verdrink.
Ek tokkel vir jou 'n liedjie
Tussen die snare.
Tussen die snare
van my twaalfsnaar kitaar.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My kitaar
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2018, 03:14:49 AM
Buig laag voor 'n grootse talent  :notworthy: :icon_salut: Hierby moet jy vir ons 'n kitaar skilder groot asb. Ek het 'n sterk vermoede as ons kon luister na hierdie lyne sou dit klink soos koning Dawid van ouds.
Title: Re: My kitaar
Post by: Anton Louw on August 31, 2018, 04:22:55 PM
Is 12 snare genoeg om die liefdesmelodie van die hart te speel?
Title: Re: My kitaar
Post by: adele on August 31, 2018, 10:14:08 PM
sjoe Naas .... jou vingers talent nog met woorde ongekend ...  :love7:   :icon_cheers: 
Title: Re: My kitaar
Post by: Assie on September 14, 2021, 01:53:21 PM
Aai Oom Naas...
SUG
As ek maar so 'n kitaarspeler kon raakloop...
SUG

 :mumum:
Title: Re: My kitaar
Post by: PM on September 15, 2021, 01:59:15 PM
Ek tokkel vir jou 'n mooi kompliment op my twaalfsnaarkitaar wat ek nog by WW gekry het.   :notworthy:


Ons sal help soek Assie.