Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 29, 2018, 05:51:48 AM

Title: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: adele on August 29, 2018, 05:51:48 AM
Dit is nóg ‘n winternag
en koue gaan lê oor die veld.
Selfs die dag se woeste suidewind
soek rus teen die ysige temperatuur
wat sneeuwit oor die lande lê.
Ek is toegedraai in sybokhaar
en sit op die breë vensterbank waar
die melkweg dwarsoor die nok inskuif.
Rondom aan alle kante skitter planete
en sterrestelsels in dieper blink as marmerwit.
Dit is tussen hierdie naghemelliggame
in suider-sterligwit geklee,
wat ek my gedagtes aan herinneringe oorgee.
En ek voel ‘n troostelose traan
saggies uit my oog oor my koue wang gaan.
‘n Duisend vaatjies seer
daal op my skouers neer
en ek wonder hoeveel daarvan
is in vreugde vasgevang?
Want soveel in die lewe, Heer
het my tot lof en sang beweeg,
elke keer waar ek deur diepe waters sink.
Soms was iemand saam met my
en het ons mekaar selfs lief gekry.
Tussen vriende en kinders en hulle ouer as ek,
het ons soveel gelag en gespeel
en deur riviere en seestrome
hand en skouer na mekaar gereik.
Maar ander kere het ‘n ewige alleen
my vasgegordel in ‘n kluisenaarsgrot,
‘n skerm van klip om my gebou en versterk.
Ek het besef dat seer in die lewe,
deel is van jou lyf en jou persoon
en selfs jou hart se strewe.
Geen geluk is honderd persent,
volmaak geslaagd as die doel gestel
om jou hier op aarde agter te laat,
wanneer ander die hier vir die Ewige verlaat.
Daarom vind ek ‘n traan in elke geluk,
‘n hartseer tot platform waarop jy bou,
eer jy in vreugde en lofgeluk
die vrugte op jou Evangelie-liefde pluk.

©adéle theron
Title: Re: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: Anton Louw on August 29, 2018, 06:15:45 AM
Nog net 2 slapies Adele en dan is die winter verby.  Ja die nuwe seisoene kom, in die blare en in ons lewens  :wave:

Dan moet jy groot asb weer vir ons 'n mooi gedig plaas oor Lente!
Title: Re: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 07:21:54 AM
 :notworthy: :icon_salut: :hello2: :love7:
Title: Re: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: adele on August 29, 2018, 03:11:32 PM
(((Raaitjie))) ...  :love7:
Dankie Anton, ons forums het mos in die eerste plek gegaan oor gedigte, "many moons ago" ....
ek sal solank ouer lentegriffels gaan opsoek, maar dalk ook nuwe griffelwoorde bedink. Rol so bietjie af onder ons Plekkie-name, dan kan jy baie van ons skrywes daar deurlees wanneer jy koffie geniet.  :icon_study:  :coffee2: 
 
Title: Re: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: PM on September 20, 2021, 11:30:28 PM
Adele matertjie, jy het 'n gawe om die dinge oor te dra.  Woorde is jou kos en jy dis dit op met smaak.  Baie dankie dat jy dit deel.
Ek dink baie daaroor - daar was 'n tyd waarin ek tussen hemel en aarde gesweef het - maar hier is ek nou, en baie dankbaar dat ek dit wat jy en ander maatjies geskryf het, kan waardeer. 
Hoeveel keer het ons swaarmoedig na 'n plasing gekyk waar niemand antwoord nie.  Weet verseker, die dag sal kom!
Dankie matertjie, ek is lief vir jou.  :love3:
Title: Re: Dit is nóg ‘n winternag
Post by: adele on September 21, 2021, 04:30:58 PM
 :love7: :love7: