Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on August 06, 2018, 09:35:49 AM

Title: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: PM on August 06, 2018, 09:35:49 AM
Goeie more Anton.  Baie welkom by die forum.  Kom stel jouself en jou forum aan ons bekend asseblief.  Wees welkom en gesels saam.
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anton Louw on August 06, 2018, 10:51:20 AM
 :wave: :wave:  Goeie dag Almal en baie dankie vir al die eposse en verwelkoming!   Dit lyk na 'n lekker plek wat julle hier het.   Ek hier uitgekom d.m.v.  gesellig.co.za  via blik.co.za.

Hoe gaan ek nou 'n uitnoding om www.kampforum.co.za aan julle bekend te stel weerstaan?

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Kampforum%20FB%20Logo%20mrt%2018%20small_2.jpg)

Julle is welkom om te kom inloer by kampforum.  Ons is so 1 en 1/2 jr oud en 'n lekker groeiende groep meestal afrikaans sprekendes ('n paar soutjies ook) wat hou van kamp en kuier en gesels en ook baie lief is vir ons land.
Gerigistreerde lede het toegang tot alle inhoud.

Lekker dag en week vir almal en ek hoop om tussen al die afrikaanse forums saam met julle ook te kuier.

Groete - Voortrekker

Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Meraai vannie Baai on August 06, 2018, 10:45:28 PM
Welkom welkom weereens. Kan nie wag om te gaan loer by julle kampgroep nie. Ons is selferkende kampverslaafdes hier oor die waters. Sien uit na jou deelname hier by ons Anton Louw!
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anton Louw on August 07, 2018, 06:09:29 AM
Hallo Meraai, dankie!    Waar is julle gunsteling kampeerplek?
Groete aan Metewis  :icon_biggrin:
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2018, 06:34:43 AM
Ons kamp graag in die natuurreservate, veral as dit teen die kus gelee is. Dan het ons orals gratis kampeerplekke hier in Australia wat baie gewild is. Jy moet natuurlik selfonderhoudend wees (toiletgeriewe, water ens). Hier is ook spesiale kampering vir oornag as jy lang afstande ry. Dan is daar toiletgeriewe en speelparke vir kinders.  Ons ouer gardes hier (grey nomades) toer ons kinders se erfporsies uit  :angel4:
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: PM on August 07, 2018, 08:57:06 AM
Dankie dat jy kom inloer het.  Ek het jou dankiebriefie ontvang en hoop ons sal nog lekker saam kuier. 
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anastasia on August 07, 2018, 12:15:15 PM
Baie welkom en dankie vir die uitnodiging, Anton.  Ek is egter GLAD nie 'n kampeerder nie.  Ek is 'n minimalistiese mens, glad nie neusoptrekkerig nie (in elk geval gans te arm daarvoor my hele lewe) maar ai, kamplewe staan my nie aan nie.  Lyk nog vir my altyd na goed georganiseerde ongerief.  Hie hie
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2018, 12:29:48 PM
Giggel ek darem nou lekker hoor - goed georganiseerde ongerief  :icon_biggrin: :book1:
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anton Louw on August 07, 2018, 01:47:26 PM
Dankie Anastasia.   Ek gaan vir die mense vertel wat jy van kamp dink  (-;

Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anastasia on August 07, 2018, 05:04:07 PM
Jy is welkom Anton!  Ek dink as mens nie as kind met kamp grootgeword het nie, is dit nie in jou vesel nie.  Ek luister egter altyd graag na ander se kamp avonture.
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anton Louw on August 19, 2018, 07:51:05 PM
Ons is nou verbind.

... met 'n afrikaanseforum.co.za  skakel op kampforum.co.za   :headbang:

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/afrikaanse%20forum.jpg)
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Meraai vannie Baai on August 20, 2018, 12:16:33 AM
Jy is 'n gawe man Anton  :notworthy: :icon_salut: Ons forum is vanoggend steekser as 'n donkie! Beproef geduld tot op nommer nege en negentig maar aanhouer wen die draaiende wieletjie.
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: PM on August 20, 2018, 12:28:01 PM
Dit lyk my alles is nou weer honkey dorey!  Tot my gatseggies werk!   :hello2:


 :pottytrain2:   ag skuus, dit is hierdie een   :bootyshake:    :toothy4:




Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 06:29:53 AM
Die steeks donkie.   Ek het gewonder wat aangaan en wou al vir Petra kontak om my simpatie te deel.   Ek is bly om te sien hy het darem nou sy nukke gelos en loop weer volspeod!
Title: Re: Anton Louw, baie welkom by die forum.
Post by: PM on August 21, 2018, 04:44:02 PM
Ag Anton, my gatseggies is soos flikkerligte, dan werk dit dan werk dit nie.  Almal het al prober raad gee, maar ek kom nie reg nie.
Ek is ook nou nie juis rekenaargeletterd nie.  Dit moet iets met ouderdom te doen hĂȘ.  (Lag)