Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 02, 2018, 12:16:23 PM

Title: Gesoek: 'n Mooi Afrikaanse woord vir 'coaster'
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2018, 12:16:23 PM
Ken jy 'n mooi Afrikaanse woord vir die kleine matjie wat jou meubels beskerm teen nat-ringe?  Louise Breet het op die Afrikaanse blad vir Ausies dit 'n 'natmat' genoem.
Title: Re: Gesoek: 'n Mooi Afrikaanse woord vir 'coaster'
Post by: Naas on June 02, 2018, 01:20:22 PM
Natmat is goed. Ek ken dit ook as glasmatjie of drankmatjie.
Daar is nie 'n amptelike afrikaanse woord daarvoor nie en ek glo dat coaster later soos boks as afrikaans aanvaar sal word. Die enigste rede hoekom ek so dink is omdat coaster maklik sê en almal weet waarvan jy praat. Woorde soos Natmat en drankmatjie sê net nie heeltemal dieselfde nie en gaan nie maklik algemene gebruik raak nie.


   :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gesoek: 'n Mooi Afrikaanse woord vir 'coaster'
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2018, 12:47:52 AM
Stem. Coaster val gemaklik op die oor en tong. Nes boks. Dink ek nou aan daai doosgeveg wat jy beskryf het  :headbang: