Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 04:43:43 AM

Title: Foefenjol
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 04:43:43 AM
Stomklets ek en Gawie weer oudergewoonte vroegoggend met messenger en sy vertel hoe 'n leerling homself amper kruppel gelag het toe sy beduie hoe die ander kleinding sy hondjie moet gaan meet vir die jas wat juffrou aangese was om te brei. Sy beduie toe van 'die kop tot by die foefenjol'. 

Net daar wonder ek waar het die woord sy half ongure onstaan gehad en gee my vingers so paar oefeninge om die koue te verdryf. Insiggewend! As iemand nou ooit weer verwys na die woord foefenjol in neerhalende verband dan smeer jy prof Google se insig onder sy neus.

Maar mens kan ook nie alles glo wat jy lees nie want tot nou toe het ons die woord geken as 'n pyn in die :pottytrain2:

What Does Foefenjol Stand For.
The significance of the given name Foefenjol gives you seriousness, thought, intuition, intent and wisdom

Personality
A very spiritual person who often relies on intuition for decision making.

Your mind is rich and deep, but often closed for other people. You sometimes need seclusion in order to gain clarity about what is going on in your life. This however does not make you a person that is hard to get along with.

On the contrary you have many talents and can always tell what others are feeling. In love and relationships you tend to be very passionate.

 
Viva Foefenjol :`ip2:

Title: Re: Foefenjol
Post by: Anastasia on May 30, 2018, 07:32:55 AM
Lag ek nou hier dat die see sommer tsunamies maak!   :wav:  Veral die een is skreeusnaaks: Your mind is rich and deep, but often closed for other people. You sometimes need seclusion in order to gain clarity about what is going on in your life. This however does not make you a person that is hard to get along with.

Amper hardlywig met diepte en waarde.  Bwah hah hah! 

Title: Re: Foefenjol
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 10:13:05 AM
 :toothy4: So bly ek is nie die enigste een wat die kolletjies verbind het nie.
Title: Re: Foefenjol
Post by: Anastasia on May 30, 2018, 10:16:30 AM
Dis mos my probleem, Meraai, ek sien my eie kiekies en movies in my kop.  Dan, sal iemand soms iets se en ek bars uit van die lag.  G'n wonder mense dink soms my kppie raas nie!
Title: Re: Foefenjol
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 10:40:26 AM
Moet nie alleen voel nie mater  :evil6:
Title: Re: Foefenjol
Post by: Naas on May 30, 2018, 08:20:08 PM
Ek is doodseker daarvan dat daai ingelsman wat foefenjol so ernstig en diep verduidelik verstaan nie mooi Afrikaans nie. Ek dink sy intuisie het hom so in sy eensaamheid in die steek gelaat dat hy skoon met sy foefenjolletjie gedink het.

Soos Assie se Oupa tereg sou se: "Hy is so toe, as hy poep blaas sy sokkies op." miskien moet ons meer ordentlik wees en se 'as hy deur sy foefenjol uitasem blaas sy sokkies op'



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Foefenjol
Post by: Anastasia on May 30, 2018, 08:51:56 PM
Lag ek nou dat dit soos 'n treinsinjaal klink!  Laat my dink aan die ou wat 'n merske hakneus het.  Hy het swaar gesterwe:  elke keer as hy sy laaste asem uitblaas, blaas dit nuwe lewe by die mond in!  Galgehumor, ek weet!  Maar jy en jou sokkies!  Weereens, ek sien die movie daarvan en dis vreksnaaks!
Title: Re: Foefenjol
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 09:49:28 AM
Ek kuier vanaand eers weer hier tussen die treinsinjaal-skaterlagte en hakneuse. Met my oordosis lagpilletjies gesluk, is ek reg vir die uitdagings wat die nag bring. Lief julle!!
Title: Re: Foefenjol
Post by: PM on September 21, 2018, 10:51:03 AM
Hoop jy slaap 'n bars hou Raaitjie.  Ek lag altyd weer en weer en geniet die pret. 
Title: Re: Foefenjol
Post by: Assie on November 15, 2021, 08:39:28 PM
Ons voormalige staatsleier met die broodkop se verstand en persoonlikheid het in sy foefenjol gesit.

  :mumum:
Title: Re: Foefenjol
Post by: PM on November 15, 2021, 09:31:25 PM
Daar is werklik net een plek waar 'n mens kan skaterlag dat die bure dink jy pleeg selfmoord!  :sign10:
Title: Re: Foefenjol
Post by: Antjie Patat on November 16, 2021, 08:02:27 PM
Broodkop.... dis nou die beste een-woord-beskrywing ooit!
En ek gebruik 'foefenjol' bykans daagliks... ek lief die woord en dit rol mos my hele bek vol as ek ry....