Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Anastasia => Topic started by: Anastasia on May 28, 2018, 12:46:43 PM

Title: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on May 28, 2018, 12:46:43 PM
Hier wil ek sommer net verse kom plaas wat nie my bundel se dermuitryg is nie, en ook nie in Engels nie.

Die versie het een oggend gekom terwyl ek sit en hare droogblaas het.  Ek dink Jack de Priester sal 'n goeie song kan maak, dit herinner nogals ietwat aan sy Sally Williams Nougat

EK EN JY

jy's my eerste oggendkoffie

jy's my lig se skakelaar

jy's my taai-soet creamy toffie

jy's my blues-kitaar se snaar

 

ek's die suiker oor jou corn flakes

ek's jou motorfiets se stuur

ek's jou deur-die-dag se smoke-breaks

ek's die skuim bo-op jou bier

 

jy's die ritme van die versie

jy is elke woord se rym

jy's my donkernag se kersie

jy's my hart se wonderlym

 

ek's die tik van jou horlosie

ek's jou snoesig-sag kombers

ek's die doef-doef van emosie

ek's die voorraad in jou spens

 

jy's my ongesprook gedagte

jy's my laaste legkaartstuk

ek's maar net jou ander helfte

wat steeds aan jou hart kan pluk

 

Kopiereg voorbehou

Anastasia Bester
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2018, 11:05:46 PM
Ek lief lief lief! Jy laat die ab, ab rympatroon so gemaklik op die oor en oog val dat my vingers ritmies hunker na klawers en akkoorde.
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on May 29, 2018, 06:13:59 AM
Dankie, soos altyd, Meraai.  :sunny:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Naas on August 15, 2018, 03:16:18 AM
Liefde en waardering vir mekaar. 'n raar verskynsel in die moderne tyd.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on August 15, 2018, 05:35:30 AM
Ek gaan myself verstout en dit weer se: Hier skitter woorddisse in suiwer goud op die forum
 :book1: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on August 15, 2018, 07:25:42 AM
Baie dankie julle, weereens.  Ek MOET darem bysê die een is so in 2009 geskryf.  Intussen het daar weer BAIE dae gekom dat ek spyt was dat in tye van groot liefdesopwelling, toe ek die ou wou opvreet van liefde, ek dit nie maar gedoen en klaargekry het nie!  Bwhah ha!
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on August 15, 2018, 07:31:44 AM
Giggel ek nou in my mou. Wil nie aanstoot gee nie maar darem is jou humorsin aansteeklik Anastasia  :headbang:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on August 15, 2018, 09:58:22 AM
 :kermit: :love5:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: PM on August 16, 2018, 01:04:24 PM
Ja matertjie, ek bid ook nie vir krag nie en nou kom vertel jy vir ons wat ons jare gelede al moes gedoen het.  (Lag)
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on August 16, 2018, 02:03:18 PM
PM, dis my stukkie gryse waarheidsraad aan alle jong verliefdes:  vreet mekaar op en kry klaar wanneer jy as jongeling die lus daartoe kry.  Want na 40 jaar saam gaan jy spyt wees jy het hom/haar nie maar natgelek in heel ingesluk nie!
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Naas on August 16, 2018, 02:17:47 PM
Is waar. Na 40 jaar se inflasie raak dit 'n saak van epidermiese proporsies.  :dontknow:\




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 11:04:58 PM
Hahahahahaha. Nou ja, ek het my lagpil vir die dag in. Gaan nie verder kuier nie want die ouma kry kuiergaste die naweek en daar is 'n paar bederf-disse belowe. Geen wonder hier is ook epidermiese proporsies a.g.v inflasie. Ek giggel alweer.
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: PM on August 17, 2018, 03:45:24 PM
Dit verskaf vir my groot vreugde om te sien waar 'n onderwerp begin en waar dit eindig.  Hierdie een het in Naas en Anastasia se magies beland, nog nie ge-eindig nie. 
Ek onthou nog hoe kwaai die tannie by die woeste woude geraas het as almal nie by die onderwerp gehou het nie.  Hê-hê.
Hier maak dit nie saak nie, sodra almal net gesellig saam kuier.  Dan het ons ook nog ons eie siening omtrent "hou by die onderwerp". 
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2018, 11:26:30 PM
Ons kuier soos wat ons boeke se omslae aandui ne!
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on August 18, 2018, 05:54:26 AM
Met my en naas se 'balhorigheid' is dit moeilik om by die 'onderwerp' te hou.  En nou wil ek weer 'speel' met daardie woorde, maar o tyd, dit raak stout~
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Naas on August 18, 2018, 07:25:36 AM
Onderwerp  :nono: My gedagtes is mos soos daai wille perre van Namibia, daar waar jy die wortel swaai, daai rigting koers hulle. Hulle laat hulle nie onderwerp nie.
Onthou nou. Was dit dan nie Gatiep wat vir Meraai onderwerp het en haar in die ander tyd gesit het nie. (die ander Meraai, nie ons Meraai nie.)



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: Anastasia on August 18, 2018, 08:58:23 AM
Ons eie Meraai se ore tuit nou!  En dit het Gatiep se Meraai toe van Gatiep se balhorigheid! 
Title: Re: Ander verse - Afrikaans
Post by: PM on August 20, 2018, 01:04:17 PM
Julle twee se "ander verse" is verfrissend.   :book1:    :toothy4:   :love7: