Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: Naas on May 22, 2018, 09:05:37 AM

Title: Scope
Post by: Naas on May 22, 2018, 09:05:37 AM
Ek moes nou eers kroeg toe sluip vir die een. (Hoop nie my vrou vang my hier nie)

Jannie kom by die huis en vra vir sy ma wat is 'n doos.
Sies Jannie. Waar het jy daai woord gehoor.
By die skool. Pietie het gese die onnie is 'n doos.
Nou gaan vra jou pa dat hy dit vir jou verduidelik.

Pa, wat is 'n doos?
Sies Jannie. Waar het jy daai woord gehoor.
By die skool. Pietie het gese die onnie is 'n doos.
Gaan vra jou Oupa. Hy sit onder die boom in die sonnetjie.

Oupa, Pa se jy moet vir my verduidelik wat 'n doos is.
Oupa dink so bietjie...
OK Jannie, gaan haal daai boek wat onder my bed se matras is.
Jannie kom terug met die Scope en oupa maak dit oop op die middelblad.
Sien jy die twee goed?
Ja Oupa.
Nou dit noem 'n mens borste
Sien jy die ding?
Ja Oupa.
Nou dit noem mens 'n vagina.
Sien jy die sterretjies op die borste en die vagina?
Ja Oupa.
Nou, die ou wat dit daar opgeplak het, HY is 'n doos.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Scope
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2018, 10:43:34 AM
Hahahahaha  :toothy4: :evil6:
Title: Re: Scope
Post by: PM on May 22, 2018, 12:52:47 PM
Nou weet ek ook wat is 'n doos.  :icon_biggrin:   Wat het dit met dooswyn te doen?
Title: Re: Scope
Post by: Naas on May 22, 2018, 02:18:06 PM
Miskien is daar sterretjies op die boks???


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Scope
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2018, 10:36:20 PM
Wyn laat jou optree soos 'n boks se mooi woord  :toothy4: :evil6:
Title: Re: Scope
Post by: Naas on May 23, 2018, 07:18:38 AM
Juffrou dring aan dat kinders suiwer Afrikaans praat. Dis nou in die jare toe boks nog nie in die HAT verskyn nie. So op haar tafel staan 'n sneusiedosie, 'n potlooddosie, 'n pildosie en nog 'n paar ander dosies.
Toe gebeur die volgende:-

Pietie, wat het julle die naweek gedoen?
Ek was saam met my pa en oupa by 'n doosgeveg.
Jy bedoel seker 'n boksgeveg. Vertel vir jou maatjies meer van die boksgeveg.
Pietie frons so bietjie
Ons het daar aangekom. Daar was baie mense en in die middel was daar so 'n vierkant met toue om. Hulle noem dit 'n dooskryt. terwyl ons so sit kom daar twee doosers in die gangetjie afgedans en almal klap hande vir die doosers.
In die dooskryt staan 'n skeidsregter. Die doosers het sulke groot rooi handskoene aan. Hulle noem dit dooshandskoene.
Die skeidsregter laat sak sy hande en se "Doos" en toe doos daai doosers.
Die kampieon dooser het eers die ander dooser se oog blou gedoos en in die tweede rondte toe doos hy hom ligte uit.
Dit was die mooiste doosgeveg wat ek nog gesien het.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Scope
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2018, 08:06:09 AM
Ek bulder onvroulik  :toothy4: :evil6: :hello2:
Title: Re: Scope
Post by: Naas on May 23, 2018, 08:24:42 AM
Ek het vir my 'n kabinet gebou uit 'n paar plankies en 'n paar swart dose. Ek hou my belastinggeld daarin. Probleem is ek het sulke groot dose gebruik dat ek nie weer my belastingeld sien.




 :icon_bigsmurf:


Title: Re: Scope
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2018, 08:51:26 AM
Daardie is nou 'n govermints-agtige probleem sou my oumagroot beskryf het  :icon_biggrin: