Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 12, 2016, 06:04:47 PM

Title: kerswas van verlang
Post by: adele on October 12, 2016, 06:04:47 PM
kerswas van verlang

ek wil 'n vlammetjie aansteek
wat nie kan skadu teen 'n muur,

(die pit my hart se pyn laat brand)

dik kerswas, om my lyf gestol,
laat smelt en die laaste trane
in 'n poeletjie om my voete sien drup

drup …

drup …

©adéle theron
Title: Re: kerswas van verlang
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2016, 12:03:12 AM
Sprakeloos lig ek my hoed en knak die knieg  :icon_salut: