Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on December 04, 2015, 10:09:46 AM

Title: Hello daar
Post by: Naas on December 04, 2015, 10:09:46 AM
Naas is nie weg nie. Hy is opgemerk in Atlantis. Nog net 8 dae dan is hy verlos van die merkery.  :coffee2: :coffee2: :coffee2:


 :icon_bigsmurf:



Title: Re: Hello daar
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2015, 10:19:16 AM
Dit is nou goeie nuus  :toothy4:
Title: Re: Hello daar
Post by: Fransi on December 07, 2015, 09:27:53 AM
:-) My ma en sussie is ook onderwysers en ek kan hoor dat hulle ook reikhalsend wag vir die einde van die skooljaar.
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 09, 2015, 11:16:04 AM
Hier is dit nou!  Salige vakansie!  Wat doen julle?
Title: Re: Hello daar
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:17:04 AM
Ons gaan vir vier dagies wegloop en die nuwe wieletjieshuis uittoets voor die groot kuier van Sussa & kie  :toothy4:
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 09, 2015, 11:50:11 AM
Geniet dit!  Daar is Leeupoort is elke dag 'n vakansiedag.  Om met pensioen te wees is harde werk, maar ons geniet die diere en die vogeltjies is 'n groot bonus.
Title: Re: Hello daar
Post by: Naas on December 09, 2015, 12:07:55 PM
My sondes het my ingehaal. Ek is alweer in my verstand in in die rooi en moet maar met my fondasies by die huis bly en aan my hiewelik werk. (Hie wil ek dit gedoen he en hie wil ek daai paal geplant he en hie wil ek, hie wil ek, hie wil ek...)
Sjoe! ek is al klaar moeg.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 09, 2015, 12:11:23 PM
Ag nee Naas!  Dink jy Maatjie sal dit nog Transvaal toe en terug maak? 
Title: Re: Hello daar
Post by: Naas on December 09, 2015, 12:17:36 PM
Met die werkery op Atlantis moes ek vir my sterker voertuig kry om nie vir maatjie in haar peetjie te ry nie. Sy is tans 'n studentemotor vir my seun se meisie wat elke dag so ongeveer 4 kilometer met haar ry. Dis deel van my frustrasies. Die ander motor se paaimente. Die ander motor is darem gelukkig baie ligter op brandstof as wat selfs maatjie is.
Die donnerweer slaan hard as hy die slag slaan. Alles het net die laaste paar maande verkeerd geloop. Soos gewoonlik.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 09, 2015, 12:20:31 PM
Ek dink Maatjie kan maar 'n medalje kry en jy verdien lankal 'n ordentlike ryding.  Ons het so gehoop dat jy sal kan kom kuier.  Ons het Leeupoort behoorlik opgedollie vir jou koms.  Tot 'n restaurant gereĆ«l.  Wat 'n teleurstelling! 
Title: Re: Hello daar
Post by: Naas on December 09, 2015, 12:50:56 PM
Ek het my al in depressie in gedink maar daar is vir my geen genade nie. As ek verder as die kafee op die hoek ry gaan hulle my toesluit. Ek is in my kop daar by julle en baie bekommer oor Oom Hannes se geraamtes wat so twee twee trappe vat as ek nie daar is nie.
Ons sal maar die forum aan die brand moet kuier.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 09, 2015, 07:54:15 PM
Ek kom nou van die hossietaal af.  Hulle doen nog toetse.  Hy moes vloeistof drink en eers 'n halfuur later X-strale neem, 'n uur later weer, 'n uur en 'n half later weer, dan 10uur vanaand en weer 8uur more vroeg.  Dit lyk asof hy 'n opstruksie in sy dunderm het.  Oom dokter seg hy hoef dalk nie te opereer nie, maar ek sal wil weet hoe anders?
Title: Re: Hello daar
Post by: Fransi on December 10, 2015, 07:58:52 AM
Sterkte PM. Ek hoop regtig dat Hannes vinnig beter voel.

Naas, ek hoop dat dinge beter gaan word daar by jou en dat julle kuiertjie wel wonderbaarlik sal gebeur.
Title: Re: Hello daar
Post by: PM on December 10, 2015, 08:35:52 AM
Dankie Fransi. 
Dit is mos mooi net hier waar 'n mens 'n ander blik kry van "geld is die wortel van alle kwaad".
Dalk bied iemand vir jou 'n duimgeleentheid aan Naas.