Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Kom ons verloor gewig => Topic started by: PM on October 06, 2015, 07:59:09 AM

Title: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: PM on October 06, 2015, 07:59:09 AM
Ja verseker!  Daar is beslis net een manier om gewig te verloor. 
Brandstof in - brandstof uit.  OF  Energie in - energie uit.
Dit is logies!  Jou liggaam gebruik 'n sekere hoeveelheid energie (kalorië of kilojoules) om jou liggaamsfunksies te handhaaf.
Neem jy meer energie in as wat jou liggaam nodig het, word die oormaat gestoor.
Neem jy minder in, gebruik jou liggaam die oormaat (vet) om die verskil aan te vul.  Maak dit sin?

Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 08:03:35 AM
O ja! Dit maak sin.
Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: Anastasia on October 06, 2015, 03:08:41 PM
Is net presies so, PM.  Daardie som is die geheim.  En met my wat uit die aard van my siektetoestand nie baie oefening kry nie, minder in verby die kleintongetjie!
Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 10:56:28 PM
Baie geluk dat jy nie moed opgee Anastasia! Self gekul die naweek met wit wyntjie saam Meisiekind en ons kinders bederf met Outop se pasteie. Ek enetjie geeet en toe so skuldig gevoel hoor  :icon_bigsmurf: Gisteraand moes ek die eetplan deel met ouens by die kragstasie. Almal verwonder hulle oor myse mater wat 'wegkrimp' en wil weet of hy okay is  :icon_biggrin: antwoord hy net met 'my wife is on a diet' hehehe. Stem saam oor die woord 'dieet'. Eetplan is baie meer gepas.
Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: PM on October 08, 2015, 02:37:10 PM
Ek sê weer, noem dit 'n bederfie en moenie skuldig voel daaroor nie.  Indien jy 300 dae in die jaar jou eetplan tot op die letter toe volg kan jy gerus die res geniet sonder om skuldig te voel.  Jy het mos baie tyd om die ekstras te verloor!  Stadig maar seker!   :angel12:
Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2015, 12:36:27 PM
Dankie baie  :headbang: :notworthy: Ek gaan nou rustig in die kooi kruip sonder enige skuldgevoelens oor die halwe bottel pienkborrels wat my koggel!
Title: Re: Ek waarborg gewigsverlies
Post by: PM on October 12, 2015, 11:41:35 AM
Ek dink dit is presies waar die probleem lê. 
Moenie met halwe bottels sukkel nie, dit is waar die skuldgevoelens vandaan kom.   :read2: