Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Kom ons verloor gewig => Topic started by: PM on September 11, 2015, 02:52:21 PM

Title: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: PM on September 11, 2015, 02:52:21 PM
Studies het bewys dat mense wat sop as 'n voorgereg eet, verminder hul kilojoule-inname met 20%.

Hierdie laaste week het ek "voorbereiding" gedoen om volgende week volstoom met 'n dieet te begin.
Die hartstigtingssop het 'n plek in die vrieskas gekry.  Elke aand haal ek 'n houertjie uit en plaas dit in die yskas vir die volgende dag. 

Wanneer 'n mens met 'n dieet begin verloor jy gewoonlik baie water.  Hierdie week het ek baie van die items op die "metabolisme" lys ge-eet en begin water drink (yskoud).  Geen koolhidrate, (suiker ingesluit) of "elkehol" nie. 
Die sop het ek ge-eet voor my maaltye.  Vanoggend was ek drie kilo's ligter. 

Kom ons kyk wat werk!  Wie wil saam speel?
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2015, 11:47:44 PM
Dit maak helemal sin! Die voorgereg gaan sorg dat jy alreeds 'n gaatjie gevul het met ietsie gesonds. Dus gaan ons minder eet wat op die bord is. As ek nou daardie elmboog-oefeninge en die glas in die kas los gaan ek nog minder kilojoeltjies inkry. Die chinese het 'n wonderlike raad wat ek en Outop diekant getrou probeer volg. Direk na ete drink jy 'n warm drankie soos green tea. Niks kouds nie, dit laat die vet stol sover dit die pad na buite begin in jou binneste vertel hulle. Ek speel saam jou hoor  :headbang:

*as jy daai houertjie wat jy vir more bere gebruik gaan dit nog vinniger werk hehehe.
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: PM on September 12, 2015, 10:07:07 AM
Hie-hie, ek stop reeds my maag so vol!   :icon_biggrin:

Ek het nou my elmboog-oegening heeltemal gestaak. 
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2015, 09:24:54 PM
Ons sal dit beslis ook moet staak as ons die skaal wil beindruk lol  :bootyshake:
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: PM on October 01, 2015, 09:25:22 AM
Een groot probleem wat ons het is al die raat wat so teenstrydig is.  Sommige bronne beweer dat jy vir 30 minute na ete niks mag drink nie omdat dit die verteringsappe verdun.  Wat nou?
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2015, 11:44:45 AM
Nuger en sy nefie alleen weet wat nou PM, maar ons probeer en sal weldra sien of dit foefie is en of daar waarheid in steek  :bootyshake:
Title: Re: Eet sop vir 'n voorgereg
Post by: PM on October 02, 2015, 12:45:36 PM
Oudste gaan gereeld Sjina toe, en hy seg dat die mense daar voor en na etes louwarm water drink.  Hulle is almal so klein en fyn.  Dalk werk dit.  Hulle eet ook baie rys en baie min vleis.