Eksosentriese Komposita: Die kruiemiddel waarmee daar kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word. Met die gebruik van hierdie woordeskat probeer skrywers/digters om holruggeryde woorde te vervang met meer oorspronklike en treffende uitdrukkings. Daar is soveel pragtige voorbeelde wat ons kan gebruik. Ek haal 'n paar kleurvolle woorde aan wat my nader gelok het:
Klipneuker (skertsende naam vir geoloog)
Eenpotjie-knapsak (benaming vir vrypostige kind)
Jan-suur-in-die-maars (aanstellerige persoon)
Hempie-raak-my-gatjie-nie (iemand wat gou kwaad raak)
Half-koffie-half-melk (kleurling)
Antjie-tatarat (skinderaar)
*Kleurvolle groete op die vraag hoe gaan dit met jou?
Houtbank / goed voorspoedig lekker
Fyntonne / Klopdisselboom
Fluitwiel (Namakwalandse positiewe groet)
Oopketel / besonder voor die wind (Namakwalands)
Loskatrol / voorspoedig verloop.
*Negatiewe antwoord op hoe gaan dit:
Beenkou: swaar (Bolandse Afrikaans)
(op) baadjieval / deurmekaar
Hakskeen-stootskeen / moeilik, swaar
*Ander naam vir 'n polisieman:
komkommerkuit
*Ander name vir berede poliesman:
Gou-gryp
Bottelbeen
Bloubottel
Bloujas
Platpoot
Gesperbeen
Doringhakskeen
Goewermentpaal
Hardehoed
Hardekuit
Koperknoop
Hierdie klanknabootsende woorde (onomatopeïiese woorde) vorm deel van ons eksosentriese komposita:
Koes-koestertjie (vanweë die voëltjie se koes-koes bewegings)
Sing-singertjie (sonbesie wat skril skreeu op warm somerdae)
Piet-tjou-tjou
Piet-ses-perde-wa
Koekoek
Tinktinkie
Toktokkie
Kokkewiet
Hok-hok (bromvoël)
Gor-gor (karnivore vissoort)
Doem-doempie (soort muggie)
Gat-gat (insek)
Kon-kon (soort akkedis)
Kwikkwikkie (kwikstertjie)
Dirkdirkie (geelbruin kortstertlystertjie)
Hoep-hoep (voël)
Dik-dik (bok)
Tjor-tjor (steenbras)
Ek het beskrywende woorde vir sterk drank (alles sinonieme - dit sluit die titel ook in) gebruik vir die skep van hierdie gekrimpte vers
Bolandsous
Hanepootekstrak
pa-ja-vir-ma
rinneweersappies
spel
huismoles!
©Meraai vannie baai
*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd