Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on April 19, 2015, 01:37:38 PM

Title: Gerookte Snoek Patee...
Post by: Angelica on April 19, 2015, 01:37:38 PM
Ek is 'n Nie-Snoek-eter.  Maar hierdie is heerlik met die geure wat eers lekker meng voor jy dit eet.  So die snoek smaak is nie so oorweldig.

Gerookte Snoek Patee...
200g Gerookte snoek, vel en grate verwyder.  Vlok.
250g Gladde roomkaas
1/4 K Mayonnaise
25ml Suurlemoensap
1 Knoffelhuisie, geskil en gekneus
50ml Pietersielie
Sout en Peper
Maak so:
Gooi al die bestanddele in 'n voedselverwerker en klits tot glad en romerig.
Skep uit en sit soveel S&P by soos jy verkies.
Maak toe met cling wrap en verkoel in yskas vir 'n uur of twee.

Hierdie Patee is heerlik saam met die Sampioen en Tiemie Skons...
++++
Title: Re: Gerookte Snoek Patee...
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 06:00:44 AM
Diekant van die aardbol kry ons mos nie snoek nie. Die lotte dink dit is nie 'n soort vis wat eetbaar is nie! Hierdie resep van jou klink na bo baas patee Elle!
Title: Re: Gerookte Snoek Patee...
Post by: Angelica on April 25, 2015, 01:25:52 PM
Meraai, ek sal sommer met hoenderlwertjies vanvang en dan die suurlemoen-sap vervang met... chilli geurmiddels.