Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 12, 2014, 06:49:48 PM

Title: vier jaar vandag 11 September 2014
Post by: adele on September 12, 2014, 06:49:48 PM
vier jaar vandag 11 September 2014

Vier jaar ... vir sommige 'n leeftyd
vir ander 'n oogwink
vir my driekwart vol ongekende vreugde
en 'n kwart soos die maan
soms vol onthou
soms in leegheid toegevou
met 'n swart doek bedek
Here Heer, sonder 'n stukkie van die soom van U Kleed
sou die lewe uittartend en uitdagend in wreedheid
my onder hamerslae verkrummel
verwurg en versmoor
 
maar U hou my vas en gee my asem
elke uur elke dag en soms 'n lag
U plan aan ons onbekend
en die grootste gawe aan my
is vergifnis teen elke dolksteek deur my bestaan
want aan die Kruis het U Seun
my reeds met genade geseën
vol dankbaarheid stap ek die voetpad verder
met vreugde na waar U reeds wag
in my toekoms ken U alleen die lig
Title: Re: vier jaar vandag 11 September 2014
Post by: Fransi on September 14, 2014, 10:49:07 PM
'n Gedig vol hoop en vertroue. Mooi geskryf.
Title: Re: vier jaar vandag 11 September 2014
Post by: PM on October 02, 2014, 09:24:32 AM
Baie mooi geskryf Adele.   :hello:
Title: Re: vier jaar vandag 11 September 2014
Post by: adele on October 02, 2014, 09:42:05 AM
baaaie dankie liewe vriende  PM, so  :toothy4:  om weer jou naam te sien   :love7:   
Fransi, verlang na ons volgende  :coffee2:   kuier    :love7: