Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on April 26, 2014, 07:04:06 AM

Title: Is jy op die regte plek?
Post by: Angelica on April 26, 2014, 07:04:06 AM
Is jy op die 'regte' plek in jou lewe?
Waar is die 'regte' plek en hoe voel dit daar?
Ek moes eers 'n baie lang klipperige, doringrige, steil, onveilige pad loop voor ek op my 'regte' plek kon uitkom.
My 'regte' plek is heel bo-op 'n berg. En ek kan ver sien.  Alles wat ek agter gelaat het, le daar doer onder:  pret, trane, liefdes, foute, sommige vergete, maar steeds daar onder.
En het ek geleer!!!
Ek wil nie he enigeen moet hierdie 'plek' van my binnedring of versteur nie.  Ek wil dit net geniet hier bo.