Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Pasta, aartappels en rys => Topic started by: Terry on November 26, 2013, 11:53:17 AM
-
Ek maak altyd net te veel mash en het na 'n maklike resep gaan soek vir die oorskiet van gisteraand.
Tuisgemaakte gnocchi
Bestanddele:
Oorskiet mash
1 eier
2 koppies meel
Metode:
Ek dink die stap vir stap fotos verduidelik elke stap, behalwe dat jy dan die gnocchi moet kook in soutwater vir so 5 minute.
Bedien op met jou gunsteling pasta sous.
-
Dit is soms 'n pyn om vir net twee mense kos te maak. Hierdie oorskietwenk lyk heerlik, maar ek dink daar gaan ook baie oorbly. :icon_biggrin:
Ek lief die stap-vir-stap-metode.