Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on November 17, 2013, 12:58:22 AM

Title: GPS
Post by: Naas on November 17, 2013, 12:58:22 AM
Hoekom het die volgende mense in die groen dakkies beland?
Die hangman - Hy wou selfmoord pleeg toe verloor hy kop.
Die dominee - Hy wou sy vrou skiet toe is die koël deur die kerk.
Die slagter - hy het een dier te veel vermoor toe sien hy sy Abattoir.
Die surkisnar - hy het oor sy voete geval toe lag hy sy gat af.
Die Tandarts - Hy het te veel gedrink toe raak hy getrek.
Die Aardrykskundeonderwyser - Hy het verdwaal toe raak hy van sy GPS af.
Die Posbode - Hy wou huis toe gaan toe verloor hy die adres.
Die Politikus - Hy wou die waarheid praat toe verloor hy sy konstetusie.
Die Bedelaar - Hy't gebuk om sy plakaat op te tel toe slaan sy robot groen.
Die Blondine - Sy't gedink...
Die Student - Hy wou nie leer nie toe dop hy die toets.
Die Kroegman - Wou 'n einde maak aan sy lewe met 'n shooter toe beland hy onder die prop.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: GPS
Post by: PM on November 17, 2013, 03:09:55 PM
Pragtig Naas,  :icon_biggrin: dit sal beslis boek 3 toe gaan as jy toestemming verleen.  Ons maak weer so,  dankie vir die deel. 
Title: Re: GPS
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2015, 02:03:35 AM
'n Moet deel  :notworthy: :toothy4:
Title: Re: GPS
Post by: PM on December 16, 2015, 10:45:09 AM
Lekker!  Ou goed, nuwe goed.   :icon_biggrin: