Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on November 16, 2013, 11:18:05 AM

Title: Jaareinde se moeg...
Post by: Angelica on November 16, 2013, 11:18:05 AM
Soms dink ek dat mense hopeloos te gou die woord 'moeg' gebruik.  Bloot omdat ek nie so gou moeg word.  Miskien doen ek nie genoeg sodat ek moeg tot die dood toe moet voel teen die aand.
Gister het ek dit beleef.  Ek was moeg.  So moeg dat my brein geen stoorplek meer gehad het om enigiets meer in te neem.  Sorry, closed. No more space.
Ons het 'n fantastiese suksesvolle week gehad by die praktyk.  En ek is trots om te se dat ek deel daarvan was.  As dit by my werk kom, gee ek baie. Trouens, meer as wat van my verwag word.  Verby die job card description. 
En dan lyk dit of ons net vir 'n week sal toemaak vir 'n bietjie verlof. Sjoe.
Hierdie tyd van die jaar is almal lus vir uitspan.  Op te pak en koers te kry waar hulle bietjie kan rus.  Weg van gewoel en geraas.  Mense se geduld hang aan draadjies wat breek met die geringste torring daaraan.
Ons moet ons brein rus gee.  Ons moet na 'n stil plek 'gaan' binne onsself om te herlaai.  Ek herlaai in die veld waar dit oop en stil is.  Baie ruimte en stilte herlaai my batterye.  Ongelukkig is dit nie my beskore om veld in te loop en net plat op die grond tot rus te kan kom.  En die geraas in winkelsentrums en motors wat nooi ooit ophou ry, irriteer my tot breekpunt.
Klink of ek genoeg gehad het?
Title: Re: Jaareinde se moeg...
Post by: PM on November 17, 2013, 03:26:42 PM
Dit klink beslis of jy genoeg gehad het Els.  Hoop jy sal lekker uitspan die paar dae wat julle kan.

Baie geluk met die groot sukses.  Dit is heerlik om 'n projek af te handel en jy weet die beste wat jy gegee het was goed genoeg.   :hello2:  :icon_salut:

Title: Re: Jaareinde se moeg...
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2015, 10:40:10 AM
Baie geluk en gaan rus heerlik!
Title: Re: Jaareinde se moeg...
Post by: Angelica on June 28, 2015, 05:14:03 PM
'n Goeie nagrus ruk my gewoonlik reg. Wel, ek dink so. My verlof hoop gewoonlik op tot weke lank. Maar neem dit nooit.  Want wie sal dan die werk doen?    :notworthy:
Ook om 'n Sondag te gebruik om in die bed te le in die namiddag met 'n boek of tydskrif.  Te lekker.
Title: Re: Jaareinde se moeg...
Post by: PM on July 01, 2015, 12:17:40 PM
Dalk kan jy ''n bietjie van daai verlof neem en kom kuier?   :icon_scratch: