Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: PM on October 30, 2013, 08:06:59 AM

Title: Glo jy ook. . .
Post by: PM on October 30, 2013, 08:06:59 AM
Ek glo dat 'n mens partykeer mag kwaad word en die reg daartoe het,
maar dit gee nie die mens die reg om wreed te wees nie. 

Title: Re: Glo jy ook. . .
Post by: Jeannedarc on October 30, 2013, 09:33:06 AM
nee ek glo nie . . . maar ek weet dat ek kwaad mag word maar ek stem heeltemal saam daarmee dat kwaadword my nie carte blanche gee om ook wreed te wees nie. ek dink dat die oomblik wanneer ek daardie rubicon oorsteek, dan kan my gedrag nie meer geklassifiseer word onder woede nie maar eerder sal ek geklassifiseer word onder sadisme of erger nog as psigopaat. this is merely my own perception and does not reflect that of management.
Title: Re: Glo jy ook. . .
Post by: AB on October 30, 2013, 12:50:37 PM
mens mag kwaad word maar jy moet jou gedra soos 'n beskaafde mens as jy kwaad is.

my Bybel seg moenie sondig waneer julle kwaad word nie. daar word nie geseg moenie kwaad word nie.

die Bybel kon ook geseg het moenie sondag waneer jy bly is nie....sommige mense is bly en vier fees en dan gebeur daar ook verkeerde dinge.