Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 13, 2011, 07:21:55 AM

Title: Soeke na verlorenheid
Post by: adele on June 13, 2011, 07:21:55 AM
Hoe moet ek die seer vind
wanneer ek myself verloor?
Onbewus dagdroom
tot 'n rotsstorting
my siel versmoor,
wanneer 'n glanslose
lugleegte
my stenig
tot verslae verstardheid.
Verbreekte eenwees
rafel stukkies
beendere uit my lyf
tot ‘n doellose leë dop
inmekaar lappop
en ashoop toe kruip.
Buite vonkel elke ster
soos dowwe kerslig
wat knak in die wind,
het die nagys
my reeds bedek
wanneer jy my
ure later weer vind.
Met elke hooggety
het die lewenssee
my verguis,
sink ek wanneer kommer
dwarsweg om my lyf vou.
Nou koester ek elke kyk
vanuit jou okkerneutoë
en begrawe die vrees
van die ure toe jy
onbereikbaar ver
sonder antwoord,
my lewe met eeue
laat krimp het.

 :grommit:
Title: Re: Soeke na verlorenheid
Post by: PM on June 13, 2011, 10:24:45 AM
Leer ek nou 'n nuwe woord by jou Adéle.  Verguis - beledig of bespot. 

Jou skryfwerk word net beter en beter by die gedig!  Ek geniet jou werk.   :love7:
Title: Re: Soeke na verlorenheid
Post by: Sharon on June 17, 2011, 10:19:35 AM
Stunning!
Title: Re: Soeke na verlorenheid
Post by: PM on June 17, 2011, 10:59:11 AM
Ek stem saam.  Dit is so gevoelvol geskryf! 
Title: Re: Soeke na verlorenheid
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2011, 03:27:05 AM
Hoe arm is die mens wat nie lees .... hier is eeue se leesgenot tussen jou gevoelvolle lyne mater!!!  :notworthy: