Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on October 28, 2013, 07:11:45 PM

Title: 'n eerste kuier vir ouma
Post by: adele on October 28, 2013, 07:11:45 PM
'n kuiertjie op die vlakte
buite stadsgewoel
en naggeraas
het 'n week se vreugdekwota
tot op die spitskrans opgejaag
saamspeel en lag
badtyd en ontbyt
oe en aah van vriend
en vreemdeling
'n koevertjie vol liefde
in my diepste hartspunt
sonder adres gepos

 :grommit:
Title: Re: 'n eerste kuier vir ouma
Post by: Fransi on October 29, 2013, 07:35:14 AM
Pragtig en kosbaar.
Title: Re: 'n eerste kuier vir ouma
Post by: PM on October 29, 2013, 01:44:10 PM
Kosbaar voorwaar!  Die vreugde en liefde op die gesiggie kielie my hart Adéle.