Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Souse => Topic started by: Terry on October 22, 2013, 01:32:08 PM

Title: Uie blatjang
Post by: Terry on October 22, 2013, 01:32:08 PM
Uie blatjang

8 groot uie
brandrissie na smaak
200g suiker
130g rooi wyn asyn
130g balsamic asyn
olyfolie

Braai die uie en rissie in olyfolie tot sag.  Voeg dan die suiker by en braai vir sowat 10 minute.  Gooi dan die asyne by en laat saggies prut tot meeste van die vog verdamp het.  Sit dit in 'n glashouer en bere in die yskas.


Title: Re: Uie blatjang
Post by: adele on October 22, 2013, 02:14:01 PM
...bêre in yskas ... moet net nie vergeet om te eet nie, dit klink so lekker

 :grommit: 
Title: Re: Uie blatjang
Post by: PM on October 22, 2013, 04:39:26 PM
Heerlik!  Ek lief blatjang in kerriekos.  Dankie Terry.
Title: Re: Uie blatjang
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2015, 03:20:59 AM
Die ene gaan ek beslis maak!
Title: Re: Uie blatjang
Post by: PM on August 31, 2015, 04:43:31 PM
Jy kan maar gerus Raaitjie.  Dit is heerlik!