Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on September 29, 2013, 05:28:22 PM

Title: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Angelica on September 29, 2013, 05:28:22 PM
Kies depressie jou as kandidaat? Word jy geteiken vanaf jou eerste asemteug of gaan soek jy dit op?
Het ek self, onbewustelik, op vyfjarige ouderdom die swart hond geroep en gestreel, of het die hond hom kom tuismaak in my jong lewetjie?
Waarom het hy my gekies? 
Kon niemand dit raaksien dat die hond my volg, dat ek 'n jas aanhet?
Deesdae fladder blou spoke weer uit my huisie se hoeke, koggel my, roep my....
As die son net wil skyn en die hitte my kan omspoel.
As alles net anders was...
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: PM on September 29, 2013, 08:24:32 PM
My vraag wil eintlik vra of dit nie ons is wat die swart hond roep nie.?  Ek weet dat dit wat ek volgende gaan sê gaan 'n mens ruk!  Dit gaan goed met my.  Alles is honkey dorey!  Maar hoekom is ek so ongelukkig?  Hoekom voel ek so onvervuld?  Hoekom voel dit vir my asof my lewe "on hold" is?  Hoekom het ek net nie beheer oor my eie lewe nie?  Hoekom kan ek dit nie anders maak nie?
Of kan ek?  Ek weet nie, ek vra maar net!
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Naas on September 30, 2013, 06:49:22 AM
Ek voel ook daai dinge PM. Ek weet hoekom ek so voel maar dis iets wat ek nie eers met my kopdokter kan bespreek nie. Ek het geleer om maar my omstandighede te aanvaar en lewe maar daarmee saam. Dit het my lewe al op 27 getref en dit so opgedonner dat ek nou nog daaronder ly. Ek weet wat ek die graagste sou wou doen maar dit raak finansieel en gesondheidsgewys al verder buite bereik.

 :icon_bigsmurf:

 
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: PM on September 30, 2013, 07:13:15 AM
Ek lag sommer as ek lees "Hoekom" en my ma het altyd gesê dit is nie hoek om nie dit is straat af! 

Gister het ek Adéle se mooiste mooi jongste seun ontmoet wat pas sy meisie en sy ongebore kind in 'n motorongeluk verloor het en die pyn wat vlak in sy hele wese lê het my diep diep geraak.  Sy woorde?  Tannie, ek vra nie hoekom nie, want dit sal my mal maak. 
Toe ek hom bedank dat hulle kinders daar is om sy ma by te staan en te ondersteun sê hy:  "Tannie, ons hou aan mekaar vas, ons dra mekaar."
Hoe wonderlik om vriende en familie te hê wat mekaar vashou. 

Dalk sal dit help as ons op ons kniegies staan en vir die vervlakste swart hond terug blaf, dalk skrik die blou spoke so groot dat hulle ook die wyk neem. 
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Angelica on October 02, 2013, 08:07:40 PM
PM, as vyfjarige dink ek nie ek het doelbewus gevra om depressief/ongelukkig te wees nie.
Ek moes beslis ongeliefd en verwerp gevoel het.  Hoekom ander word jy depressief?   
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Naas on October 03, 2013, 08:37:47 AM
Engeltjie, dis mos al lankal bewys dat sekere forme van depressie oorerflik is. Jy weet mos hoe werk oorerflikheid.  As jou ouma nie kinders gehad het nie en jou ma het nie kinders gehad nie, dan is jou kans om kinders te he net mooi niks.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: adele on October 04, 2013, 03:32:24 PM


Gister het ek Adéle se mooiste mooi jongste seun ontmoet wat pas sy meisie en sy ongebore kind in 'n motorongeluk verloor het en die pyn wat vlak in sy hele wese lê het my diep diep geraak.  Sy woorde?  Tannie, ek vra nie hoekom nie, want dit sal my mal maak. 
Toe ek hom bedank dat hulle kinders daar is om sy ma by te staan en te ondersteun sê hy:  "Tannie, ons hou aan mekaar vas, ons dra mekaar." 


dankie dankie lief Petra, dat jy dit deel want ek kyk dit later mis... vandag 'n maand gelede ..... het my wêreld gaan stilstaan, maar die aarde draai nog en die kleinste blommetjies lag in hierdie droogste Vrystaatvelde. my kind se lewe is stiller as myne ... maar tog, ons hou mekaar vas.

 :grommit: 
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Angelica on October 04, 2013, 06:23:51 PM
Netso, Naas.... My oerOuma was 'n Depressie-geval.  Dan was daar GrootOuma wat weer swartgriep oorleef het.  En Oupa, die een wat ek nie geken het, het in die tyd van die Runder-pes dit net-net gemaak.
So ja, dit moet die rede wees van my oorerflike toestand.
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: PM on October 06, 2013, 10:07:49 AM
Jammer Els, ek het nie geweet nie.  Om te weet is om te verstaan nê?

Die ergste is as jy onder die bed uitkruip en jy dink nou gaan jy die Swarthond skop, dan steel iemand jou lag weer en verwoes jou goeie voornemens.  Net daar spring die ding weer op jou!
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Assie on September 23, 2019, 06:37:46 AM
Ek lees weer hier en besef die swart hond het kleintjies gekry (so 'n teef!) En ons parlement oorgeneem.

 :mumum:
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 10:53:46 AM
Ek het nou so gegiggel vir die beelde wat jou woorde geskep het, dat ek 'n oordosis lagpilletjies in het Assie. Dankie dierbare kind! Jy is die sterkste humorstut (naas jou oom Naas) in my lewe  :hello2: :love7:
Title: Re: Swart honde en Blou spoke...
Post by: PM on April 01, 2020, 02:58:01 PM
Angelica, dit lyk my ons kleinkinders gaan vertel dat ons die Coronavirus oorleef het.    :bootyshake: