Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 07, 2011, 09:48:13 AM

Title: Bossies se voortbestaan
Post by: Naas on June 07, 2011, 09:48:13 AM
Dorre Karoovlaktes
dorre peperkorrel bossies
Bossies oortrek met stof
bossies kaalvinger smekend
Smekend om genade
smekend vir lewens water
Water vanuit hemel
water uit verre wolkies
Wolkies saamgepak op horison
wolkies deinstig vêr
Vêr van verligting
vêr bo dorre aarde
Aarde wagtend
aarde soekende
Soekende verlange
soekende hulpkreet
Hulpkreet na verlossing
hulpkreet om lewe
Lewe in die grond
lewe in bossies
Bossies weer skoon
bossies getooi in groen
Groen die takkies 
groen die aarde
Aarde dankbaar
aarde versadig
Versadig in die soeke
versadig in geboorte
Geboorte van lewe
geboorte van voortbestaan
Voortbestaan verseker
voortbestaan vasgevang
Vasgevang in bossies
vasgevang in dierasies 
Dierasies jubel
dierasies dans
Dans om grasgroen bossie
dans van lewensvreug
Lewensvreug gestort
lewensvreug ontvang
Ontvang uit hemelswater
ontvang vanuit natuur
Natuur wat onderhou
natuur wat omgee
Omgee vir haar wesens
omgee voortbestaan
voortbestaan van almal
voortbestaan van lewe
Lewe… 
Almal…


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: adele on June 08, 2011, 07:29:16 PM
hier lees ek weer deur jou woorde en besef hoe uitstaande werk al die beelde saam vorm.

 :grommit:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Naas on June 09, 2011, 06:39:51 AM
Dankie. Hierdie struktuur stuur die skrywer se gedagtes in al wyer kringe. Ek moes myself forseer om op 50 reels toe te maak.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: PM on June 10, 2011, 09:15:51 AM
Dankie vir 'n pragbydrae Naas.  Dit klink erg as 'n mens vra om 'n gedig met 50 versreëls te skryf en as jy dan eers begin kan jy nie ophou nie!  Kan ons 'n gesamentlike projek begin met hierdie struktuur?  Sal jy asseblief 'n onderwerp begin en die eerste paar versreëls begin, dan volg ons met die res? 
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Fransi on June 17, 2011, 08:36:43 AM
Werklik, werklik besonders en slim geskryf.
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Meraai vannie Baai on July 07, 2011, 02:56:43 AM
Gaande hieroor!!! Ek onthou so goed toe PM vir ons hierdie struktuur se eerste voorbeeld kom wys het .... ek het weggeskram want 50 lyne het arig geklink maar as mens eers begin griffel, weergee die vingers die beelde wat flits en 'n mens sug van verligting agterna - die nagmerrie struktuur is onder die knieg gekry  :icon_cheers:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Naas on October 09, 2021, 03:26:02 AM
 :dontknow:
Help Ta Raaitjie!!!
My grysmassa is geklits. Ek kan glad nie die struktuur onthou nie...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Meraai vannie Baai on October 10, 2021, 12:04:32 AM
Ek moes nou diep gaan grawe Naas. Slaan die Alzheimer's my reg van voor  :icon_bigsmurf: Dit is 'n Blitz struktuur.
Trappies het die ene ook aangepak Junie so ewe op die dertiende in 2011  :notworthy:
Hier is die skakel: https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=332.msg1167#msg1167
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Naas on October 10, 2021, 12:12:33 AM
Dankie Ta Raatjie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Trapsoetjie on October 10, 2021, 12:21:31 AM
Sjoe ek het al vergeet van die tegniek en dat ek dit probeer het.  :icon_scratch:

Dankie vir die deel. Ek gaan hier op my rekenaar bietjie speel.

 :angel12:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Naas on October 10, 2021, 12:26:37 AM
Ek wou net seker maak. Ek het die gedig gister afgetrek vir my beplande boek maar kon glad nie onthou wat die struktuur is wat ek gebruik het nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bossies se voortbestaan
Post by: Assie on October 10, 2021, 07:24:01 AM
 :hello2: :hello2:
Onse Ta Raaitjie is Blitzvinnig.

 :mumum: