Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Kos uit vreemde lande => Topic started by: Terry on August 22, 2013, 10:19:53 AM

Title: Kos uit Suid Afrika
Post by: Terry on August 22, 2013, 10:19:53 AM
Is Suid Afrikaanse kos een van jou gunsteling kosse?  Kom deel asb hier jou ervarings en resepte oor Suid Afrika se kos.
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: AB on August 23, 2013, 05:49:55 AM
Hang seker af wat mens met Suid Afrikaanse kos bedoel. EK glo hier is so mengelmoes kosse wat onder andere as suid afrikaanse kos gesien word wat se oorsprong eintlik uit 'n ander land(e) is.
Wat ek glo eg suid afrikaans is is bokkoms en weskuskreef.
Braaivlies? ek weet nie of dit dlak ook oor geƫrf is van ander lande nie.
Dan is waterblommetjies seker ook eg suid afrikaans maar dlak kan die resep ies van 'n ander kultuur wees.
Rooibostee is seker ook 'n eg suid afrikaanse resep deur stokke in kookwater te goooi en 'n lekker drankie daaruit te maak.

Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: PM on August 23, 2013, 07:57:19 AM
Nou praat ons ook "streke", want die Kapenaars eet mos nie sommer pap nie en ons Transvalers is mal oor ons pap. 
Waterblommetjies is heerlik, maar daarvoor moet jy Kaap toe gaan.  Ons het ook van die "slymstokke" se koppe ge-eet, dit proe soos kool, maar hier in die Transvaal sal jy dit ook nie kry nie.  Om hier regte vars seevis te soek is net so goed jy soek wors in 'n hondehok!
Ons regenboog nasie het 'n groot verskeidenheid van kosse.  Pap en marog.  Lekker!
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: AB on August 23, 2013, 09:25:57 AM
ek eet graag pap, veral krummelpap.....met melk en suiker. op die toer het die mense my en piet snaaks aangekyk toe ons een aand by braaivleis die pap met melk en suiker geniet.
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: Angelica on August 25, 2013, 08:17:22 AM
Dine van Zyl uit Rooi-Els kontrei...
Hierdie is nou 'n girl wat (Boerekos) KOOK!


http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Boerekos-is-sexy-20130811
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: AB on August 25, 2013, 11:16:50 AM
as sy van rooiels af kom hoop ek kreef, alikrik en seevis tel ook onder suid afrikaanse kos.
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: PM on August 30, 2013, 07:44:51 AM
Beslis AB.

Dankie Els, vir 'n interessante skakel, ek het dit geniet. 
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2017, 10:30:28 AM
Die post is onder hierdie afdeling een van die gewildste en hier is nie EEN resep te vinde nie.  Kom aan ouens! Kom deel julle resepte uit SA  :toothy4:  Hier in Australia maak ons nog gereeld eg Afrikaanse geregte en probeer baie van die wenresepte (met ons eie aanpassings) in die pandok se blou en swart kombuis.
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: adele on March 30, 2017, 08:34:19 PM
ooooh, ek het deur my resepteboek gerol, my gunstelinge jare gelede op ons eerste rekenaar al getik en oorgedra saam met my griffels tot al na vandag se skoottoppie toe, maar watter regtig eg SA is is moeilik om te raai. Tog mik ek na kerrieboontjies binne die vlg week of twee .... hier is my reseppie

BONE-BLATJANG

   1 lb bone               halwe t peper
   4 groot uie               4k suiker
   1 bottel asyn            2e kerrie
   5 groot tamaties            1e sout
   maizena               naeltjies
        borrie      

Kook bone en uie in asyn tot net sag.
Kap tamaties in stukkies en voeg by terwyl dit heeltyd stadig kook.
Voeg by peper, suiker, kerrie, sout, 10-15 naeltjies en borrie.
Voeg maizena laaste by en kook net tot dit deurgekook is.
Bottel warm.
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: PM on March 31, 2017, 05:06:43 AM
Dit klink heerlik.  Is dit dieselfde as ingelegde kerrieboontjies?
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: Meraai vannie Baai on April 03, 2017, 11:54:29 PM
My kampvriendin bring altyd vir ons ingelegde kerriebone saam en dit bly 'n treffer. Duisend dankies vir die deel van jou resep Adele!  Gaan beslis die blatjang probeer :notworthy: :hello2:
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: adele on April 08, 2017, 12:13:46 PM
PM, die tamatie maak dit vreeslik lekker maar ook anders as plein kerrieboontjies.  :love7:
Title: Re: Kos uit Suid Afrika
Post by: PM on April 18, 2017, 01:29:16 PM
Ons was bietjie in die boendoes met geen internet.  Nou is ons darem weer hier in Centurion by Gerhard vir 'n paar dae.

Ek kan glo dit maak 'n groot verskil en ek gaan dit probeer sodra ons tuis is.  Dankie lief vriendin.