Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 05, 2011, 07:04:18 PM

Title: Die Khoi se Swanesang
Post by: Naas on June 05, 2011, 07:04:18 PM
Na lang gesoek het hy gevind.
Ja kos gekry vir vrou en kind.
Die veld is droog
Die  Kalahari boesmankind
se neusvleuels snuif in die wind.
Mik pyl en boog.
Gifpyl volg reguit agter punt
om die bokkie se sy te vind.
Bokkie spring hoog.

‘n Stofwolk soos die bokkie poog,
te vlug deur bossies en oor loog.
Khoi agterna.
Atlete op die wen verhoog.
Een verloor met traan in die oog.
Wyl pylpunt pla.
Khoisan lig die trofee omhoog,
bloed spuit uit die wond ‘n boog.
Vleis aan gedra.

Kos vir die kinders en vir ma
ook vir ouma en ou papa.
Wildsbok se vleis.
Maar eers die goeie gode vra,
bok se siel na hulle te dra.
op hemel reis
Dan die familie by meka’.
Die dans aan jagter opgedra,
om hom te prys

Eers dans die jagter om te wys
hy bekruip die wildsbok vir vleis
en skiet die pyl.
En dan dans almal by die huis
om ook hul dankbaarheid te wys
wyl babas huil
Oupa en Ouma nou al grys
kry voorkeur stukkies van die vleis
en kinders kwyl.

Terwyl die maan oor koppies seil
en jakkals agter bossies huil
voer ma die kind.
Nou ‘n bok, more dalk ‘n muil
word vir oorlewing uitgeruil.
Daar’s kos my vrind
As indoenas die land vervuil,
sal hierdie kind wat nou so huil
nog kos kan vind?


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: PM on June 07, 2011, 04:54:46 AM
Goed gedoen Naas.  Dit is 'n moeilike struktuur wat jy goed bemeester het. 
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: adele on June 08, 2011, 07:38:54 PM
ek staan terug met 'n knieknik, dis baie besonders.

[[jou tweede reël, moet dit wees "vrou ek kind / vrou en kind?"
ek maak net seker]]

 :grommit:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Naas on June 09, 2011, 06:43:18 AM
Dankie en kniebuig vir daai een. Dis een van daai wegkruip foute wat die skrywer 100 keer mislees omdat hy weet wat die regte woord is.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: PM on January 18, 2012, 09:51:54 AM
Het gou weer hier kom loer, soek na 'n paar leestekens wat wegkruip. 
Dit is beslis so, 'n mens se brein maak self daardie foutjies reg. 
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Naas on August 22, 2018, 02:37:02 AM
Aai toggie PM. Jy en jou soeke na my leestekens. Glo my, ek gaan deur elke woord en leesteken. Self's die wat nie daar is nie het 'n doel. (Al is die doel net om jou te irriteer.  :wave: :love7:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2018, 04:31:50 AM
....selfs die wat nie daar nie is nie, het 'n doel  :notworthy:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: PM on August 22, 2018, 04:14:50 PM
Jy sal verbaas wees oor hoeveel ek die afgelope ses jaar geleer het Naas.   :read2:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Naas on August 22, 2018, 05:30:03 PM
 :love7: :pottytrain2: :notworthy:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Naas on September 20, 2021, 01:01:37 PM
Ek wil net weer 'n slag se: Ek lief julle almal.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Assie on September 20, 2021, 01:34:59 PM
OOM NAAS! Wat van tannie Elmarie?

 :mumum:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: PM on September 20, 2021, 01:50:00 PM
Tannie Elmarie is ook lief vir ons.   :angel12:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 02:05:16 PM
Lieflike Koi gedig Naas.
Hoe mis ons jeug nie uit nie... ek sien wat jy skryf...  as daai boesmankind nie op n 'teevee' game rondhol met tenminste twee assegaaie in sy anale kanale nie, sal hulle niks weet van buk-en-bekruip, en wildsbokkie slag nie, of n coke bottel in die lug gooi ens nie...
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 11:08:52 PM
En ek kom nederig AMEN skryf op jou reaksie ou Antjie  :notworthy:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Assie on October 01, 2021, 02:39:04 AM
Ta Antjie en Ta Raaitjie. Dis vir my mooi en kosbaar as elke leser se oe iets anders raaklees in iemand se werk. Dit het destyds vir Woes en nou hierdie forum sy dryfkrag gegee. Al het dit op Woes tot groot baklei gelei heet dit tog waarde toegevoeg.
Ek en Oupa skerts soms sommer net om bietjiedie erns te breek en soms dalk bietjie te veel maar in die skerts is daar baie keer 'n versteekte traan.
Dankie vir julle komtaar, liefde, aanvaarding en omgee.
(o ja, en verdraagsaamheid)

 :mumum:
Title: Re: Die Khoi se Swanesang
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2021, 09:11:18 AM
Assie, jou dierbare kind  :love7: die humorkruk wat jy en jou wyse oupa en oom Naas vir ons gee kan geen pil op aarde vervang nie. Mag julle nooit ophou skerts en deel nie, of dit nou die klippie in die skoen of die doring in die vlees is. Ons lag en huil mos vir jare al so saam-saam tussen lyne. Dit was ook vir my soos kersfeespoeding toe ta Antjie weer saam kuier! Vars briesie in ons kringetjie.