Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on August 13, 2013, 08:38:56 AM

Title: Ek deel dit nie graag nie
Post by: PM on August 13, 2013, 08:38:56 AM
Daar is 'n paar goedjies wat ek nie graag met 'n ander deel nie, dit is net vir my eie gebruik indien moontlik.

My waslap, my handdoek en my tandeborsel.  Natuurlik, as die kalf in die put is, is dit 'n ander saak. 

Wat deel jy nie graag nie, behalwe jou man/vrou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: Angelica on August 13, 2013, 06:58:49 PM
Ek sal ook nie graag my waslap wou deel nie.  My tandeborsel gladnie.  (Maar ons French kiss...??)
My bed deel ek nie.  Ook nie my lyf nie.  Lankal nie meer nie.
Ek deel nie graag my verantwoordelikheid by die werk nie.  Dis my werk.  Ek doen dit self.  Al is ek ook tot my ore diep daarin.
My persoonlike spasie...  dit is myne.  Wee die persoon wat dit betree sonder my toestemming. 
Meeste van my gedagtes deel ek nie.  Baie daarvan sal jy nooit van weet nie.  Sommige sal ek deur 'n baie nou skeurtjie vir jou laat kyk. Wat jy lees in my skrywe, is jou idee, nie altyd die werklikheid.
My huisie.... dit is myne.  Hier IS ek.
Verder deel ek uit aan aardse goed en geld tot daar waar ek later besef, maar jy het dan nou nie self 'n kombers nie, of, nou het jy jou laaste R50 vir die bergie gegee.  Wat nou?
That's me.
Oh... ek deel ook nie my tjoklits nie.  Ook nie my koffie nie.
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: Fransi on August 14, 2013, 07:25:17 AM
Ook my tandeborsel. :-)
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: Jeannedarc on August 14, 2013, 11:54:47 AM
as sou ek 'n man had, sal ek nie deel nie, al is 'n man (of vrou) nie 'n besitting nie. ek deel ook nie my lyf nie want by verswee implikasie word ek dan geklassifiseer as of 'n hoer of prostituut - en ek is nie een van die twee nie. ek deel nie my kar nie en as ek 'n vuurwapen sou he, ook nie. ek deel graag my skryfwerk al is van dit baie persoonlik want ek mag nie 'n gawe wegsteek nie. ek deel graag my skilderwerk, mooi of nie. my tandeborsel, haarborsel, onderklere, grimering - beslis nie
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: PM on August 14, 2013, 01:22:16 PM
Dat so 'n klomp mededeelsame mense nou so onmeededeelsaam kan wees!  :sign10:  Dankie dat julle dit met my gedeel het.   :icon_biggrin:
Natalie, gelukkig deel jy jou rooiwyn!   :hello2:

Ek hou van daai "French kiss" maar jy deel nie jou tandeborsel nie Ella.  O hallie haaaa!   :icon_biggrin:

My pa het ook gesĂȘ 'n boer deel nie sy vrou, sy perd en sy geweer nie, maar hy het al drie met sy kinders gedeel!   :angel4:
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: Jeannedarc on August 14, 2013, 03:47:47 PM
vrinne

die tong tango is 'n baie lekker ding - en dit maak dat daar klokke beier en dat jou tone krul en jy branders hoor breek al is jy veeeeer van die see. maar dis nie so ok na die tong tango om die tanneborsel dan te deel nie. ek is oortuig daarvan dit het iets met die helderheid van die beligting te doen.
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: PM on August 15, 2013, 07:42:26 AM
Lekker laat jy my lag so vroeg in die oggend.  Die "tong tango", 'n mooi woord om aan te teken. 
Ek dink 'n mens kry dieselfde "gesuis" as jy 'n skulp teen jou oor hou, al is jy veeeer van die see af.  :icon_biggrin:
Title: Re: Ek deel dit nie graag nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2013, 11:53:09 AM
Tong tango  :book1: :notworthy: :love7: O ja, ekke deel nie vir Outop nie.