Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 25, 2013, 12:10:13 PM

Title: 'n dankie vir vergifnis-genade
Post by: adele on July 25, 2013, 12:10:13 PM
Ek wil aan U ’n dankie gee
maar voel hartsklein
soos ’n mosterdsaad.
Tinktinkies word deur U versorg
en hulle dartel van dagbreek
tot sonlig groet.

Geen hongersnood
deel hulle dag;
geen kommer
oor wat more wag.
Ook het U met Skeppingtyd
vergeet om wraakgedagtes
aan hulle uit te deel.

Kan U onthou, ’n tyd gelee
het U aan my genade gegee,
my wraakgierige menswees
van my weggeskeur?
Nou kniel ek dankbaar
tot op die vloer,
want ’n mensekind
is deur die dood
geroep na U troon.
Tussen ons was daar eens
woorde-wrywing gewees,
maar nou kan ek weet:
vergifnis tussen ons
was altyd deel
van U groot plan gewees.

 :grommit:
Title: Re: 'n dankie vir vergifnis-genade
Post by: PM on July 25, 2013, 12:40:45 PM
Kry ek hoendervleis Adéle.  Werklik mooi geskryf. 
Title: Re: 'n dankie vir vergifnis-genade
Post by: Fransi on July 29, 2013, 12:30:42 PM
So mooi geskryf.
Title: Re: 'n dankie vir vergifnis-genade
Post by: adele on July 29, 2013, 07:56:10 PM
baie dankie vir jul "hou van'   :love7: 

 :grommit: