Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Louis on July 17, 2013, 05:13:20 PM

Title: vroulike lyksbesorgers
Post by: Louis on July 17, 2013, 05:13:20 PM
Twee vroulike lyksbesorgers was 'n manlike lyk wat baie goed bedeeld is.
“Nes my man s’n” sê die een vrou
Net so groot?  Vra die ander vrou
Nee …… net so dood!!
 
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on July 18, 2013, 04:43:10 PM
 :sign10:  Kostelik.  Dankie vir die deel Louis. 
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: AB on August 18, 2013, 05:04:57 PM
hehehe lekke rlag ek nou
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Meraai vannie Baai on August 18, 2013, 11:14:40 PM
Hiehiehie, laat my dink aan die twee ou tantes op die plaas. Suig aan 'n boeretrosie... hak die een tante af met haar ou man is deesdae so gevrek die arenda draai al bokant die opstal.
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: AB on August 19, 2013, 04:28:16 AM
sjoe dis erg.
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Naas on September 27, 2021, 06:29:54 AM
Drie ou tannies praat oor hul mans se vermoeens.
Tante 1: My ou man is soos 'n Porche, vinnig en gou.
Tante 2: My ou man is soos 'n Rolls Roys, gemaklik en statig.
Tante 3: My ou man is soos 'n 1910 Ford. Moet hom. Een keer 'n jaar uit die garage haal en dan nog met die hand start ook.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Meraai vannie Baai on September 27, 2021, 07:33:31 AM
 :toothy4: O die sonne. Vra vir 'n vriendin - Wat is 'pistons' in Afrikaans? Sy wonder of dit dalk die probleem kan wees met haar koulike wederhelf.
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on October 15, 2021, 06:07:00 AM
Die ou omie jaag die verpleegster in die gang af.
Sê die een outannie vir die ander:  Ek wonder wat wil hy met haar doen as hy haar vang!
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Naas on October 15, 2021, 06:25:33 AM
My ou ford het
Water op sy starter
Oil op sy coil
Gif in sy dif
......
En sy pistons wil ook nie werk nie...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on October 15, 2021, 06:33:32 AM
. . . maar hy loop seker nog!   :angel8:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Naas on October 15, 2021, 06:43:27 AM
As ek hom met die slinger start ja. Eskom het sy battery gesteel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on October 15, 2021, 06:47:12 AM
Nog 'n ding wat met die hand gestart moet word.  Eish!
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Antjie Patat on October 15, 2021, 11:51:17 AM
Hahahahahahaha lekker gelag....
Lees ek per ongeluk n ekstra "s" in Raai se storie, en die hele betekenis verander, opslag my skeel oge reggeruk en toe mooi oor gelees vand die boeretrosie.....
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on October 15, 2021, 11:57:08 AM
Dagsê Antjie Patat.  Ek is bly jy geniet die forum.   :hello2:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Assie on October 15, 2021, 12:27:15 PM
Oom Naas het so mooi verduidelik hoekom 'n brandweerwa rooi is...  :dontknow:

 :mumum:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: Naas on October 15, 2021, 12:42:14 PM
Ek is stomgeslaan. My post oor die brandweerwa kom nie op in search nie. Dit is onder my naam en Trappies het gekomtaar.
Nou spook dit ook nog in die gange vir vier.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: vroulike lyksbesorgers
Post by: PM on October 15, 2021, 09:27:21 PM
Ek kan dit steeds sien en het ook daar gekomtaar!