Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Souse => Topic started by: PM on March 30, 2011, 06:24:38 AM

Title: Brandsousie
Post by: PM on March 30, 2011, 06:24:38 AM
Brandsousie

Bedien die volgende sousie saam met enige ding wat vra vir 'n sousie.   Ek bedien dit onder andere as n doopsousie by gekummelde hoenderlewertjies, dis vinnig en maklik om te maak en hou maande goed in die yskas.

Meng na smaak die volgende drie bestanddele, gooi in 'n mooi bottel met kurkprop en hou in die yskas.

All Gold Tamatie sous
Sweet Chilli Sauce  (plus minus ewe veel van elk)
Veri Peri se Veri Hot sousie na smaak.
Hierdie sousie brand 10/10, so, voeg bietjies by op n slag tot dit reg is vir jou mond.