Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Gekeurde Kinderverhale => Topic started by: PM on June 01, 2013, 05:07:34 AM

Title: Coyo en Kaina Geskryf deur WW
Post by: PM on June 01, 2013, 05:07:34 AM
'n Kinderverhaal geskryf deur WW.

Coyo was die godin van die maan en Kaina was god van die son . Hulle het altyd saam opgekom en saam onder gegaan.  Vir eeue lank het hulle so in vrede gebly, maar op n dag sien die aardse mense dat dit besig is om te verander. Die aarde word te vroeg donker en te laat lig.

Coyo en Kaina het mekaar baklei.  Dit het later so erg geraak dat die aarde donker geword het.  Die mense op die aarde raak baie bekommerd
en vra vir die twee gode of hulle nie maar asseblief kan opmaak nie. As Coyo n kind kan hê, sou die mense op die aarde ‘n god kan hê
om hulle te beskerm teen die twee.  Coyo en Kaina dink dis ‘n baie goeie plan en ‘n rukkie later het hulle ‘n babaseun wat hulle Tranza noem.

Tranza was soos n god van binne maar van buite het hy het soos ‘n mens gelyk. Hy moes op die aarde kom bly om sy werk te doen. Op die aarde raak hy verlief op ‘n aardse vrou. Hy weet hy mag nie verlief raak nie, maar sy was so mooi dat hy dit nie kon help nie.  Nie te lank nie, of sy het ook ‘n baba.

Kaina en Coyo vind uit van die kind. Hulle word so kwaad dat hulle Tranza uit die koninkryk van die lig verban.  Hy mag nie meer daar bly nie. Hulle het egter nie geweet dat Tranza ‘n dun, goue draadjie van die son af en ‘n silwer draadjie van die maan af gelos het nie. So was die aarde  se mense en die gode van lig nou aan mekaar verbind. 

Van toe af het die mense altyd met volmaan gehoor hoe Coyo haar liefde vir haar verlore seun betreur en hulle het die hitte van Kaina gevoel as hy kwaad word vir sy seun ,Tranza.

Die mense was nou vir altyd direk met die son en maan verbind
en die vrede van die mens het in boosheid verander.


Die einde
Title: Re: Coyo en Kaina Geskryf deur WW
Post by: PM on August 07, 2016, 07:03:06 PM
Ag dis mooi!