Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 22, 2013, 10:26:47 AM

Title: 'n Vreemdeling langs my pad
Post by: adele on May 22, 2013, 10:26:47 AM
ek het gedog dat hierdie griffels van my hier iewers geplaas is, maar kry dit nie. vergewe as ek dit dalk nou verdubbel ...

'n Vreemdeling langs my pad

Naby aan my
staan ’n vreemdeling
met treurige oë
en swaarkry aan sy lyf.
Ek walg aan sy growwe vel
met naels en tande vuil.
Sy honger maag
kerm om ’n broodkorsie droog,
tog straal hunkering
uit sy verwese voorkoms,
vra sy hande na U Wil
en skaam ek my knieë neer
tot op U Heilige grond, Heer.
Skuldig gooi ek my eie-ek weg,
lig ek my hande hoog
om weer my lewe
in U Wil te vertrou,
want vir ’n wyle
was daardie vreemdeling
my naaste, in U Liefde, gewees.

 :grommit:
Title: Re: 'n Vreemdeling langs my pad
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2013, 12:18:55 AM
 :crybaby2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: 'n Vreemdeling langs my pad
Post by: PM on May 26, 2013, 09:39:03 AM
Mooi geskryf Adéle, ek kan nie onthou dat ek dit al gelees het nie.